LEKKERDER VIR LANGERER!
ATKV-HARTENBOS – U EENSTOP-VAKANSIEBESTEMMING! Ons is gerieflik geleë aan die Tuinroete, slegs 45 km vanaf George Lughawe en presies halfpad tussen Port Elizabeth en Kaapstad. ATKV-Hartenbos is 'n veilige seevakansieoord wat alles bied vir die gesinsmark, kindermark, skoolgroepe, seniorburgergroepe of toeriste wat net die land wil verken en hier en daar oornag. Indien jy 'n skooltoer beplan, is ATKV Hartenbos net die plek waar jy kan kom bly. Ons het verskeie opsies beskikbaar indien u in groepe wil kom bly. Ons kan tot 700 persone op een slag huisves. Ons voorsien beddegoed en u kry u eerste besoek aan die pretpark gratis met vyf glye. Ons spesialiseer ook in konferensies, spanbousessies, leierskapkursusse, en vele meer. Ons bied 'n eenstopdiens, en ons leuse is nie verniet ‘u eenstop-vakansiebestemming’ nie!
Binne Seisoen Toegang per Dag (Desember/Januarie & Maart/April)
Ons het 'n pragtige nuwe pretpark aangebou wat 'n waterpark, twee nuwe avontuurgholfbane en 'n klimraam vir kinders insluit. Jy kan net luilekker langs die swembad kom ontspan terwyl die kinders speel in die water en die waterwurmglye geniet. Ons het verskeie opsies en pakkette beskikbaar wat u van kan kies en wat sakpas en in lyn is met u behoeftes. Ons het verskeie dagpakkette beskikbaar om van te kies, en as jy moeg gespeel is, kan jy net luilekker langs die swembad ontspan. Ons nuutste aanwins gaan die verhitte swembad wees wat teen 31 Maart 2017 voltooi en beskikbaar sal wees. Ons oord is veilig, met 24-uur sekuriteit. Een van ons parke is reeds omheim en alle eenhede is toegerus met diefwering voor die oopmaakvensters. Ons het 'n 2.2km-lange wandelpad reg langs
die see, vol fragmente uit die penne van bekende Suid-Afrikaanse digters. Ons strand word ook jaarliks bekroon met Blouvlagstatus. Ons bied vermaak van hoogstaande gehalte gedurende die April- en Desembervakansies, met asemrowende uitsigte vanaf die eenhede en kampeerterreine, beste klimaat, goeie diens, vriendelike personeel, veilige omgewing – wat meer kan jy vra! Benewens die feit dat ons binne 'n dorp geleë is, is ons gerieflik geleë indien u attraksies rondom die oord wil besoek, soos 'n daguitstappie na Oudtshoorn, George, Knysna, Albertinia en Stilbaai, en in die aand kan jy terugkeer na die stilte van Hartenbos by die see. Gaan eet en ontspan by die pragtige nuwe seefrontontwikkeling of braai in die gerief van jou eie blyplekkie.
Pakket
Koste
Ekstras
ATKV-Hartenbos Gas p/persoon Publiek p/persoon ATKV-Hartenbos Gas p/persoon Publiek p/persoon Waterwurm "Gratis Uur" p/persoon
R 20.00 R 30.00 R 10.00 R 15.00 R 50.00
5 gratis glye per betalende gas Geen 5 gratis glye per betalende gas Geen
Opsie 1 p/persoon Opsie 2 p/persoon Opsie 3 p/persoon Opsie 4 p/persoon Waterwurm "Gratis Uur" p/persoon
R 20.00 R 25.00 R 30.00 R 80.00 R 50.00
5 Gratis glye OF 1 Rondte Avontuurgholf 5 Gratis glye EN1 Rondte Avontuurgholf 15 Gratis glye EN1 Rondte Avontuurgholf GRATIS gebruik van al die fasilieteite in Pretpark Gly gratis vir 'n uur!
Verjaarsdag p/persoon (min. 10 persone) ATKV-Hartenbos Skoolgroepe p/persoon Ander Skoolgroepe p/persoon
R 50.00 R 40.00 R 80.00
GRATIS gebruik van al die fasilieteite in Pretpark GRATIS gebruik van al die fasilieteite in Pretpark GRATIS gebruik van al die fasilieteite in Pretpark
18 Putjies Avontuurgholf per Speler Waterglybaan - 1 gly Waterglybaan - 5 glye Waterglybaan - 10 glye Waterglybaan - 20 glye Waterglybaan - 30 glye Waterglybaan - 40 glye Waterglybaan - 50 glye Waterglybaan - 60 glye Waterglybaan - 75 glye Waterglybaan - 100 glye
R 15.00 R 8.00 R 40.00 R 80.00 R 150.00 R 200.00 R 250.00 R 300.00 R 330.00 R 375.00 R 450.00
Spaar R 10! Spaar R 40! Spaar R 70! Spaar R 100! Spaar R 150! Spaar R 225! Spaar R 350!
Buite Seisoen Toegang per Dag
Ander Pakkette (Slegs Buite Seisoen)
Addisonele Betaling Binne Pretpark
Tye Son - Sat 08:30 - 19:00 08:30 - 19:00 19:00 - 23:00 19:00 - 23:00 Son - Don Vry - Sat 08:30 - 20:30 | 08:30 - 22:00 08:30 - 20:30 | 08:30 - 22:00 08:30 - 20:30 | 08:30 - 22:00 08:30 - 20:30 | 08:30 - 22:00 17:30 - 18:30 Son - Don Vry - Sat 08:30 - 20:30 | 08:30 - 22:00 08:30 - 20:30 | 08:30 - 22:00 08:30 - 20:30 | 08:30 - 22:00