HOËRSKOOL DURBANVILLE (t) 021 976 3188 (e) admin@durbanvillehs.co.za Durbies opgeneem in WP Rugbyspanne Die Hoërskool Durbanville het vanjaar 8 spelers in die finale WP proewe gehad en die volgende seuns het die onderskeie WP spanne gehaal: WP 0.16 Grant Khomo • Ronaldo Ismail WP 0.18 Cravenweek XV • Juanré de Klerk • Morndrey Titus
Dit is ongelooflik om te sien hoe die seuns gegroei het oor die afgelope jare. Ons twee Cravenweekspelers het geen verteenwoordigende rugby op laerskool gespeel nie. Net weereens ‘n bewys dat harde werk en toewyding - bring resultate. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.
WP & Wes-Kaap Netbal Die Hoërskool Durbanville het vanjaar ‘n rekordgetal 28 WP en Wes-Kaap netbalspelers opgelewer. Vanjaar was weer ‘n goeie jaar vir Durbies netbal. Die skool het vanjaar 12 Wes-Kaap en 16 WP netbalspelers opgelewer. Baie dankie aan ons afrigters vir hul harde werk en dankie ook aan ons ondersteuners. Baie geluk aan al ons Durbies, ons is trots op julle!
Musiekprestasie Liam Slabbert is weereens by die Stellenbosch Kunswedstryd aangewys as Senior dubbelrietspeler met hoogste prestasie. Liam het ook die Junior Rapportryerskorps wisseltrofee ontvang vir Hoogste Senior Prestasie in Orkesblaasinstrumente. Baie geluk Liam, ons is trots op jou!
Koor wen Stellenbosch Kunswedstryd Die Hoëskool Durbanville Koor, onder leiding van Mev. Maria Rademan-Viviers, het onlangs 90% by die Tygerberg Eisteddfod ontvang, ATKV goud en Cum Laude sowel as goud plus by die Stellenbosch Eisteddfod. Ons Durbies Koor word ook aangewys as die Stellenbosch Kunswedstryd-wenners. Baie geluk Durbies en voorspoed met die voorbereiding vir die Koor Wêreldspele.
Nicola Smith.
HOËRSKOOL BRACKENFELL (t) 021 981 5522 (e) staff@brackenfellhs.co.za Target Shooting
Hoërskool Brackenfell skut
Brackenfell High School is exceptionally proud of Samantha Alexander, who received her Junior Protea colours again in February 2018 for target shooting. She has been selected to represent South Africa at the Junior World Cup in Suhl, Germany. Samantha Alexander has also been honoured in a double-page article in the June 2018 edition of the On Target Magazine. Congratulations Samantha!
Ons is baie trots op Marx Meyer van Hoërskool Brackenfell. Hy is vir die Proteaspan vir swartkruitskiet gekies. Hy gaan Augustus in Oostenryk deelneem. Baie geluk Marx en voorspoed met jou deelname!
HOËRSKOOL DF MALAN (t) 021 948 8781/2/3 (e) isentrum@dfmalan.com Swem Lana Janson het vroeër vanjaar by die “Junior Nationals” vir swem in Durban deelgeneem. Daar het sy brons medaljes vir 50 en 100m-borslag asook 4x100m “free relay” verower. Lana het ook vir die “Senior Nationals” gekwalifiseer, maar het nie deelgeneem nie, omdat sy op die hokkietoer na Holland toe was. Lana is tans besig om vir die “SA Short Course Championships” in Augustus voor te berei. Baie voorspoed, Lana!
Page 6
Krieket Ons eie Justin Beck (graad 12) toer vanjaar na Amsterdam. Hy vorm deel van die “Puntfest Invitational Cricket Team” en is bloot op meriete gekies om deel van die span te wees. Hy vertrek op 24 Junie en kom weer 4 Julie huis toe. Hy gaan drie wedstryde teen plaaslike spanne speel en gaan ook ‘n krieketkliniek bywoon. Justin is as Krieketspeler van die Jaar vir 2018 by DF aangewys (en het ook as kaptein vir die span gedien) en ons is bly dat ander mense ook hierdie ster raaksien! Geniet dit, Justin! Ons is baie trots op jou.
AWSUM NEWS JUNE 2018
Zambië-gemeenskapsavontuur 2018 ‘n Groep van 13 Dee-Effers en 2 oud-Dee-Effers, onder leiding van mej. C. Wepener, onderneem weer vanjaar die opwindende uittog na Zambië vir die Zambiëgemeenskapsavontuur 2018. Die groep besoek die gemeenskapsopleidingssentrum van Foundation for CrossCultural Education in die Masaiti distrik in die Copper-belt area van Zambië. Besoek gerus www.fce.org.za vir meer inligting. Hier ondersteun die groep die aktiwiteite van FCE op vele praktiese maniere. ‘n Hoogtepunt is ‘n besoek en oorslaap in die omliggende dorpies en skakeling met FCE se skool se leerders - in die skool en by hulle huise. Dit gee vir die groep ‘n unieke perspektief op die leefwereld van die kinders van daardie omgewing en dien altyd as ‘n geleentheid vir refleksie op die Dee-Effers se kultuur en alledaagse bestaan. Op die terugtog doen die groep die asemrowende Victoria-waterval aan en span op die oewer van die Zambezi-rivier uit vir twee aande. VOOR: Gina-May Venter, Anzel Pauw, Shae Barnes, Liza Hugo, Laura Beaumont en Ria Hiemstra. AGTER: Kara Engelke, Dian Schoeman, Barry Vorster, Kaleb Ackerman, Christo Kruger, Julia Roelofse en me. Celesté Wepener. AWESIG: Meeke Henn, Alexander du Plessis en Michiel Bester.