NEWS / NUUS
FEBRUARY 2014 3
DIE GEVOEL
Middeloor-ontsteking by kinders
is goed vir jou As jy daardie vlinders in jou maag het, het jy meer energie en is jy sommer net Ius vir die lewe. Boonop is eet die laaste ding waaraan jy dink. Klink dit bekend?
Met Valentynsdag wat Vrydag oor die wêreld heen gevier is, val die klem onwillekeurig op die liefde. Volgens Prof Jacques Snyman, kliniese raadgewer van Resolution Health is daar sewe redes hoekom dit so belangrik is om liefde in jou lewe te hê: • Liefde kan jou langer laat Ieef: Mense het nog altyd op mekaar staatgemaak vir oorlewing. As sosiale wesens het ons almal biologiese dryfvere wat ons natuurlik laat smag na ‘n verbintenis met ander. As ‘n mens nie daardie verbintenisse vorm nie, kan dit tot stres en ander faktore aanleiding gee wat jou lewe kan verkort. • Liefde kan siektes help beveg: Studies het bevind dat verliefdheid siektes soos asma, artritis, hooikoors, sinus en selfs hoofpyn kan verlig. Dit beskerm die Iiggaam teen verskeie siektes, insluitend kardiovaskulere siektes soos beroerte, hoë bloeddruk en iskemiese hartsiektes - drie van die dodeliksste siektes,” sê Snyman. • Liefde gee jou immuunstelsel `n hupstoot: `n Onlangse studie het gewys dat ‘n vyf minute periode waartydens iemand opreg vir jou omgee of meegevoel met jou het,
Dr. Adriaan Pentz (Oor-, neus- en keelspesialis)
die heIe immuunstelsel bevorder .As Jy nie liefde In jou lewe het nie, is alles egter nie verlore nie. Die studie het gewys dat selfs flieks oor die liefde en om met troeteldiere te speel dieselfde effek kan hê. • Liefde help jou om longer te lyk. Bale studies het al gevind dat mense wat in gelukkige verhoudlngs is, flisies jonger Iyk as diegene wat nie is nie. • Liefde kan jou maer hou: Dit is baie algemeen vir mense om gewig te verloor as hulle met iemand begin uitgaan. “As jy verlief is, vervaardig jou liggaam meer adrenalien wat ‘n natuurlike eetlusdemper is,” reken Snyman. • Liefde verbeter jou geestelike welstand: Mense wat verlief is, het gewoonlik meer energie, wat hulle gretig maak om nuwe avonture en stokperdjies aan te pak. • Liefde verhoog selfvertroue: Mense in gesonde verhoudings is geneig om meer selfvertroue in alle areas van hul lewe te hê. Dis bewys dat die huwelik depressie in mans en vroue verlaag.
Dalk het jy oë hierdie Valentynsdag vir al die verliefde paartjies gerol, hou in gedagte watter voordele die liefde kan inhou.
Middeloor-ontsteking by kinders is baie algemeen. Teen die ouderdom van 5 jaar het amper elke kind reeds een episode van oor-ontsteking gehad. Meeste van hierdie infeksies klaar vanself op (viraal) of kan met die gebruik van antibiotikan (bakterieël) oorkom word. Soms raak hierdie infeksies egter chronies en mag vog in die middeloor opbou, wat dan kan lei tot ander probleme soos gehoorverlies, spraakprobleme of gedragsafwykings.
‘n gepaardgaande gehoorverlies en ander simptome soos swak spraakontwikkeling, swak slaap en herhalende oorinfeksies is, mag jou dokter voorstel dat ventilasie buise (pypies, buisies, “grommets”) geplaas word. ‘n Gehoortoets mag ook gedoen word om die mate van gehoorinkorting te bepaal.
Middeloor-probleme by kinders is algemeen as gevolg van ’n swak ontwikkelde buis van Eustachius. Hierdie is die buis wat die agterkant van die neus en middeloor verbind en sy funksie is om die middeloor te ventileer. In kinders bereik die buis van Eustachius eers teen gemiddeld 8 jarige ouderdom volwasse grootte.
Ventilasiebuise is klein buisies wat deur die trommelvlies geplaas word en wat lug in die middeloor inlaat. Hierdie buise word met behulp van ‘n kort narkose in kinders geplaas. Die prosedure is oor die algemeen pynloos. Korttermyn buise bly vir 6 maande tot ‘n jaar in die oordrom en val dan vanself uit. Ventilasiebuise mag die risiko van verdere oorinfeksies verminder en verbeter gewoonlik gehoor-, spraak-, en slaap probleme.
Wanneer ’n kind ’n lugweginfeksie ontwikkel mag bakterieë en viruses die middeloor bereik deur die buis van Eustachius. Hierdie lei dan tot middeloorontsteking. Indien hierdie buis vernou is kan lug nie die middeloor bereik nie en vind daar ‘n akkumulasie van vog in die middeloor plaas (ook bekend as gom-ore). Hierdie lei dan tot gehoor verlies. Hierdie vog klaar dikwels vanself op en in slegs die helfte van gevalle raak die probleem chronies. Groot adenoiedes dra dikwels by tot middeloor probleme. Behandeling mag bestaan uit wag-en-kyk vir ‘n periode van tyd. Soms mag kortisoon behandeling voorgestel word of kortisoon neussproei. Indien hierdie vog egter nie opklaar nie en daar
Wil jy jou besigheid lys op `n skool van jou keuse se 2014/2015 yskasmagneet telefoongids? Skole om uit te kies sluit in Hoërskool Tygerberg, DF Malan en Laerskool Welgemoed. Skakel 021 872 3880 of stuur `n e-pos na sales@tiemedia.co.za