NEWS / NUUS
10 FEBRUARY 2014
Aristea Tweelinge Menige opvoeders aan die Laerskool Aristea het met ingang Januarie 2014 begin wornder of hul nie dalk lei aan dubbele visie nie! Ons skool spog vanjaar met nie minder nie as twaalf tweelinge. Hier om ons spoggerige nuwe skoolbus op te pas, verskyn: • Kiara en Makayla Potgieter • Caleb en Jordan Kruger • Angelique en Louise Stadler • Buhle en Bukho Mkololo • Kyra en Kreaston Buys • Obakhe en Olwakhe Makabeni
• Kyle en Charlton RIchter • Jean en Wian De Jager • NIcolenene en Daniël De Kock • Ashley en Kelly Hayes • Gabby en Tristan Strydom • Helanie en Heletia Smit
The District North Individual Chess Trials
Laerskool Aristea Graad 7 – Kamp 2014 Op Woensdagoggend, 29 Januarie, loop die opgewondenheid hoog onder die Gr. 7 – leerlinge. Tasse gepak vir die drie dae van aktiwiteite, leer en speel wat voorlê. Die jaarlikse Gr. 7 – kamp het aangebreek. Oppad na Bergkroon-kampterrein in Wellington, was daar eers gestop by die Leeupark. Daar kon die leerders ‘n verskeidenheid van diere sien en van elk iets leer. Pappegaaie, Marmoset-apies, tiere, leeus en ‘n paar chimpanzees was ondermeer wat gesien kon word. Met behulp van die natuurbewaarders kon die leerders interassante feite oor elkeen van die spesies leer. Daarna was die Afrikaanse Taalmonument besoek, waar die leerders meer oor dié taal en sy herkoms kon leer. Na ‘n lang, warm oggend, arriveer ons uiteindelik by die kampterrein en kon die leerders afkoel met ‘n heerlike swemsessie. Die res van die kamp was ‘n reeks van aktiwiteite, ondermeer spanbou-speletjies, plant- en dierelewe seminare, ‘n hindernisbaan en nog meer swemsessies. Die leerders het ook baie lekker geëet, te danke aan Mnr. Koegelenberg en sy span. Daar was selfs ‘n laataand jag eskapade, waartydens die onderwysers spinnekoppe moes verwyder uit die meisies se kamers. Die kamp was ‘n reuse sukses. Die leerders het al die aktiwiteite baie geniet en het hulself baie mooi gedra. Braam, die kamp leier en sy vrou, Sureta het baie moeite gedoen om elke kind te betrek en hul kon ‘n les uit elke aktiwiteit leer. Die leerders kon wegstap met nuwe kennis, waardes en selfs ‘n nuwe vriend of twee.
Nuwe Onderwysers word ingelyf! Elke eerste Vrydag van 'n nuwe skool jaar hou die personeel van Aristea makietie. Al die onderwysers, hul metgeselle en kinders word na die geselligheidjie genooi. Soos tradisie elke jaar afspeel by die skool was daar 'n hele paar nuwe onderwysers wat "ingelyf" was met ons "capping" seremonie. Die nuwe onderwysers was elk met 'n groot kartondoos verras waarin 'n kostuum is. Die groepie nuwe onderwysers het daarna 5 minute gekry om 'n konsert te reël wat soos gewoontlik 'n groot treffer was onder die meer "ervare" onderwysers.
Took place at Aristea on the weekend of 7th and 8th of February 2014. Our learners did very well, with a 3rd place in the under 8 section and an 8th place in the under 10 section. Congratulations to Kalim Meyer in grade 1 with his bronze medal and to Kiara Blows with her 8th place! Both of them is likely to play in the next tournament - the WP Closed where they will compete againste the other districts. Congratulation also to Craig Strydom and JJ Oosthuizen both scoring 4 out of 6 for the tournament. I would like to thank all the players and parents for attending the event, for your kind co-operation during the rounds and for cleaning up so quickly afterwards - it is very much appreciated. We look forward to hosting you at our school again in the near future. Kind Regands Mr. Renier Bekker
Van die manspersoneel het besluit om hul tente saam te bring en by die skool te oornag. Gazebo's, tente, kampstoele, kamptafeltjie kompleet met gasbraaier en keteltjie was als ten toon gestel om 'n lekker kuier kamp atmosfeer te skep. Die personeelbraai is elke jaar hoog op die sosiale kalender van elke onderwyser.