North West (March 2017) Primary - High Schools

Page 11

LAERSKOOL SAAMTREK (t) 018 462 4231 (e) admin@saamtrek.co.za Atletiekseisoen Saamtrek-atlete beleef ‘n baie goeie seisoen. Na die huissport op 14 Januarie was daar 121 atlete wat aan die TAK 2-byeenkoms deelgeneem het. Vandaar is daar 81 atlete wat kwalifiseer om aan die Klerksdorp-kampioenskappe deel te neem. Weer eens is daar puik prestasies en is daar 51 atlete wat deurgaan

na die Matlosana APO-byeenkoms op 11 Februarie te Laerskool Orkney. Hiervandaan is daar 27 atlete wat aan die Kenneth Kaunda-distrikbyeenkoms op Potchefstroom op 18 Februarie deelgeneem het. Van hierdie atlete sal daar 20 aan die Noordwes-kampioenskappe deelneem.

Atlete wat aan die Noordwes kampioenskappe op 10 Maart deelneem. VOOR: Mpho Phatudi, Jarred van Staden, Rocco Klinck. MIDDEL: Andrè Visser, Christiaan van der Berg, Jenna van Dyk, Chiara Vermeulen, Lianè Engelbrecht, Franco Dumond. AGTER: Papino Maluleke, Divan Fuller, MJ Mostert, Zane van Staden, Heinrich Janse van Vuuren, Annie van der Colff, Caylen Burger, Senekane Mmuse. AFWESIG: Lanzelle van Antwerpen, Magiel Bekker, Amonè le Roux.

Karate

Gholf Laerskool Saamtrek se gholfspelers het op Sondag, 26 Februarie te Landbou Kollege, Potchefstroom aan die Noordwesuitspele vir die Ernie Els-kwalifiserende toernooi deelgeneem. Hulle wen die uitspeelrondte en sal nou gedurende Augustus aan die Ernie Els SA-laerskoletoernooi deelneem. Die spanlede was Divan Mostert, Xander Nel, Heinrich Janse van Vuuren, Blake Botes en Eugene Marais. Divan was ook die individuele wenner.

Xantè Damon (Graad 3/1) kry 4 goue en 1 silwer medalje en word sodoende tot die SA Presidentsspan verkies om SA by die wêreldkampioenskappe aan die einde van 2017 te verteenwoordig.

Eugene Marais, Blake Botes, Divan Mostert, Heinrich Janse van Vuuren en Xander Nel.

AWSUM NEWS MARCH 2017

Page 11


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.