LAERSKOOL SAAMTREK (t) 018 462 4231 (e) admin@saamtrek.co.za Landloop Tydens die SA Kampioenskappe te George op Saterdag, 10 September wen Carli Visser D 0/8 Goud. Met die spankompetisie wen sy ook saam met Mienke Engelbrecht (4de) en Delrike Maritz (26ste) ‘n goue medalje. Met die 0/10 seuns is dit Andrè Visser wat individueel 4de eindig en met die spankompetisie ‘n silwer medalje wen.
Swem Gabriella de Beer wen 7 medaljes tydens die Noordwes Kampioenskappe te Hartebeespoort op 24 tot 25 September: • Silwer vir 50m rugslag, vryslag, borsslag • Brons vir 50m vlinderslag, 100m rugslag, 100m borsslag, 100m wisselslag
Carli Visser
Delrike Maritz, Mienke Engelbrechr en Carli Visser.
Kombersprojek
Mev. Susan Brits en haar Graad 7-leerders hekel vanaf April 2016 aan komberse wat hulle op Vrydag, 23 September aan die Rosinstraat Huis vir Bejaardes oorhandig het.
Mev. Brits met haar ondersteunende ouer-korps.
Henco Olivier met een van die tehuis se inwoners.
Page 16
AWSUM NEWS OCTOBER 2016