MTBS 2019

Page 2

VOORWOORD: MTBS 2019 Boodskap van die Gasheerskool Dit is vanjaar die silwer herdenking van die MTBS-byeenkoms. Dit is vir Hoërskool DF Malan `n voorreg om as gasheer tydens hierdie besondere mylpaal op te tree. Ons wil u een en almal hartlik verwelkom. Mag u wat vandag by die Groenpunt-stadion saamgetrek het, ‘n onvergeetlike fees van top-atletiek, energieke pawiljoen-ondersteuning en goeie buurmanskap beleef. Kom ons vier die die lewe, die jeug en ons samesyn. `n Spesiale woord van dank aan ons borge, sonder julle vrygewige gesindheid en belegging in ons jeug, sou dit nie moontlik wees om `n prestige-byeenkoms, soos hierdie, aan te bied nie. Met die betrokkenheid van borge soos u, sal die MTBS beslis nog verder in statuur groei. `n Besondere woord van dank aan mev. Margaret Pansegrouw wat aan die stuur van sake staan. Om `n byeenkoms soos hierdie te reël, geskied nie oornag nie - dit gaan met baie tyd en moeite gepaard. Baie dankie, Margaret, vir jou aandeel. Ook aan die personeel van die vier skole, die afrigters, die atlete en ondersteuners wat tot hierdie spesiale dag bydra - `n groot DANKIE! Voorspoed aan al ons atlete en toeskouers. Mag die MTBS van 2019 nog lank onthou word. Sias Conradie Skoolhoof

Laai Hoërskool DF Malan se nuwe mobile app af Stappe om die app af te laai 1.

Maak die Google Play of Apple Store oop

2.

Soek vir AWSUM Mobile App for Schools

3.

Kliek op Install

4.

Nadat die app install het, kliek op Open

5.

Registreer met jou e-pos adres en wagwoord

6.

Kies Hoërskool DF Malan van die lys van skole

7.

Kliek op Save

8.

Onthou om jou app aan te pas volgens jou behoeftes by Settings

9.

Geniet die app!

14 Willowbridge Mall, Tygervalley Road, Bellville, 7530 | Phone: 021 914 7244

BEST OF LUCK TO ALL TEAMS! Page 2

AWSUM CLASHES: MTBS ATLETIEKBYEENKOMS 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.