Johannesburg(February 2018) Primary - High Schools low res

Page 9

HOËRSKOOL LINDEN (t) 011 888 1433/4 (e) linden@linden.co.za Akademiese toekennings rol in vir Hoërskool Linden

Ivan Culyer en Elsje Rabie.

Hoërskool Linden is trots op sy leerders en leerkragte wat jaarliks hoë akademiese standaarde stel en handhaaf. Op grond van die matriekuitslae van 2017 behaal Hoërskool Linden verskeie uitsonderlike prestasies op distriks- en nasionale gebied. • Hoërskool Linden ontvang ‘n spesiale toekenning van die GDO vir 100% slaagsyfer vir die 26ste jaar agtereenvolgens. • Hoërskool Linden ontvang ‘n spesiale toekenning van die GDO vir een van die top tien skole in die distrik. • Hoërskool Linden behaal ‘n eerste plek uit 620 skole in Gauteng vir English Home Language. • Ivan Culyer word aangewys as die beste student in die distrik vir die vak English First Additional Language. • Elsje Rabie word aangewys as die beste student in die distrik vir die vak Lewenswetenskappe. • Hoërskool Linden se Afrikaanse Departement behaal ‘n 15de plek landswyd en ‘n vierde plek in Gauteng as een van die top skole met die hoogste persentasie onderskeidings in Afrikaans Huistaal. • Hoërskool Linden word deur Solidariteit Helpende Hand aangewys as ‘n nasionale Top 20-skool. Ons behaal ‘n 15de plek landswyd en ‘n vierde plek in Gauteng in terme van onderskeidings per kandidaat. Welgedaan matrieks van 2017!

LAERSKOOL JAN CELLIERS (t) (0)11 646 3336 (e) bemarking@jancelliers.co.za Hoofleiers vir 2018 Laerskool Jan Celliers se Hoofleiers vir 2018 is verkies tydens ons leierinhuldigingseremonie. • Hoofseun: Vincent Miles • Hoofdogter: Lucia Swanepoel • Onderhoofdogter: Margitte Kirstein • Onderhoofseun: Sebastian Prinsloo • Voorsitter - Sportraad: Gabbi Craven • Voorsitter - Kultuurraad: Stephanie Campher • Voorsitter - Mediaraad: Christiaan Portwig • Voorsitter - Leerlingsakeraad: Jenna Volschenk Ons leiers het ‘n diens-, kommunikasie- en gesagsfunksie. Die dagbestuur bestaan uit twee hoofleiers en twee onderhoofleiers. Die leiers word in die volgende vier rade ingedeel – Sport; Kultuur; Media en Leerdersake sake.

Valentynsdag Valentynsdag se piekniek mandjies by Pre-Primêr en die Laerskool se Valentynsmark was behoorlik vol liefde en bederf. Die kleuters het hul lekkernye geniet terwyl die laerskool meer geleer het van entrepreneurs vernuf so tussendeur al die rooi en hartjies deur.

Jan Celliers se Pre-Primêr kleuters hou heerlik Valentynsdag

Jan Celliers se Laerskool leerlinge leer meer van besigheid

Jan Celliers Hoofleiers vir 2018 – “Me. Lientjie Reitz (Departementshoof Kultuur), Me Isabel du Plessis (Media), Mnr. Quintin Swanepoel (Graad 7 Graadhoof), Margitte Kirstein (Onderhoofdogter), Jenna Volschenk (Voorsitter : Leerlingsakeraad), Gabbi Craven (Voorsitter : Sport), Lucia Swanepoel (Hoofdogter), Vincent Miles (Hoofseun), Mnr. Gerhard Keyter (Hoof), Sebastian Prinsloo (Onderhoofseun), Mnr. Deon Cruywagen (Adjunkhoof : Sportraad), Stephanie Campher (Voorsitter : Kultuurraad), Christiaan Portwig (Voorsitter : Mediaraad)”

AWSUM NEWS FEBRUARY 2018

Page 9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Johannesburg(February 2018) Primary - High Schools low res by AWSUM News - Issuu