NEWS
NUUS
INTERSCHOOLS 2013 9
Hoërskool Gimnasium Kapteine
0/19 B Rugby Luhandré Luüs Ek sien die meeste uit na die opbou na Interskole en die gees gedurende Interskole.
0/19 B Hokkie Ray Hall Een van die lekkerste dinge van Interskole is die goeie tye saam met vriende en die gees.
0/19 C Rugby Devan Lötter Die “x factor” van ons span is definitief ons groot senter Dehan Visser.
Skaak Willem Moolman Vir Interskole sien ons die meeste uit om vir Boishaai te wen.
Gholf Corné Theron Ek dink ons is definitief die gunstelling!
0/16 A Rugby Johan Visser Ons is soos broers op die veld en daarom het ons ‘n span wat uniek is.
0/18 A Netbal Uleen Lategaan Ons kan ten spyte van ‘n harde seisoen, beserings en “ups & downs” steeds as ‘n span saamstaan en kop hou.
0/14 A Netbal Bianca de Wee Interskole is om op daardie dag jou beste te gee.
0/19 C Netbal Trisha van der Merwe Die feit dat ons saamstaan en as vriendinne saam speel maak ons ‘n wen span.
0/17 A Netbal Karla Nolte Interskole is ‘n lekker tradisie waarop ons elke jaar kan voortbou.
0/16 A Hokkie Karla Nolte Op die dag van Interskole gaan ons alles gee en ons harte uitseel vir Gim, ons span en onsself.
0/14 A Hokkie Helen Halvorsen Tussen die gunstelinge en die “underdogs” is ons definitief die gunstelinge.
0/16 A Netbal Lizbié Swart Die opposisie is altyd goed voorberei. Ons het hard gewerk hierdie jaar en sien uit na Interskole.
0/14 A Rugby AJ Wedgwood Die opposisie is goed op die aanval, maar ons is goed voorbereid.
0/16 B Hokkie Ilana Wolfaardt Ons is goed voorbereid vir Interskole en ons gaan definitief wen.
0/14 B Rugby Henko Neethling Die beste deel van Interskole is die lekker gees.
0/16 C Netbal Agatha Jordaan Dit waarna ek die meeste uitsien van Interskole, is die optog.
0/15 A Rugby Bernard Swart Ons speel teen ‘n baie sterk span, maar ons verbeter week na week. Ons het die span om ‘n verrassing op te lewer.