Breede Valley(March 2017) Primary - High Schools

Page 6

VICTORIAPARK PRIMARY SCHOOL (t) 023 342 0770 (e) admin@vpp.wcape.school.za

Boland-kleure in atletiek Teshwin Solomons, Johayren November, O’Ryan Scheepers en Jo-Eke Haas het Boland-kleure in atletiek verwerf en ook deelgeneem aan die onlangse Wes-Kaap-atletiekkampioenskappe. Teshwin beklee tans die 3de beste plek in verspring, 0/12 in die Wes-Kaap. Jo-Eke is tans die beste dames atleet 0/13 in die 75m en 150m hekkies in die WesKaap nadat sy albei hekkie-items se rekords verbeter het. Albei is opgeneem in die Wes-Kaapspan en gaan op 24 en 25 Maart deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat sal plaasvind in Potchefstroom.

HEXRIVIER OPVOEDKUNDIGE SENTRUM (t) 023 354 8800 (e) hexrivier.sentrum@gmail.com

Shakespeare Festival

Boland Christelike Privaatskole Atletiekbyeenkoms

Ons leerders het op 11 Maart hul debuut gemaak as amateur-Shakespeare-toneelspelers en het deelgeneem aan die Shakespeare Festival in Kaapstad wat plaasgevind het in die ArtsCape-teater. Hulle was die enigste primêre skool wat deelgeneem het saam met ander sekondêre skole en het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Groot dank gaan ook aan me. Cindy Pillay (verbonde aan Educape, wat drama en kunste by skole bevorder), asook opvoeders mnr. N Wentzel, me. B Bailey en me. D Abrahams.

Op 25 Februarie het leerders van Hexrivier Opvoedkundige Sentrum deelgeneem aan die Boland Christelike Privaatskole se atletiekbyeenkoms te Worcester. Ons atlete het uitstekend gevaar in hul onderskeie ouderdomsgroepe: • 1200m: Cerise Jacobs – 3de plek, • 60m: Nina van Zyl – 2de plek, Armand Möller – 1ste plek, Cara-Mia Nel – 1ste plek, Lelanie van Schalkwyk – 3de plek en Luca van Zyl – 1ste plek • 100m: Lomé Brand – 3de plek • Gewigstoot: Danelle Theron – 3de plek, Wihan Kotze – 1ste plek • 80m: Juan Dippenaar – 1ste plek, Nina van Zyl – 1ste plek, Armand Möller – 3de plek, Cara-Mia Nel – 1ste plek, Luca van Zyl – 1ste plek, Wihan Kotze – 2de plek • 200m: Lomé Brand – 3de plek • Verspring: Wihan Kotze – 2de plek, Dané van Zyl – 3de plek Ouers en kinders het die dag baie geniet saam met die ander sewe skole wat ook deelgeneem het.

Hardwerkende opsigters Ons hardwerkende opsigters doen altyd hul bes om ons skoolterrein netjies te hou en te verfraai.

HEEL VOOR: Armand Möller (6 jaar). VOOR: Nina van Zyl (6 jaar), Juan Dippenaar (6 jaar). MIDDEL: Luca van Zyl (8 jaar), Cara-Mia Nel (7 jaar), Lelanie van Schalkwyk (7 jaar). AGTER: Dané van Zyl (11 jaar), Wihan Kotze (11 jaar), Lomé Brand (13 jaar), Danelle Theron (13 jaar), Cerise Jacobs (12 jaar.)

WORCESTER VOORBEREIDINGSKOOL

(t) 023 347 1160 (e) voorbereiding@telkomsa.net

DE LA BAT SCHOOL

(t) 023 342 2560 (e) development@delabatskool.co.za

Annual fun and games once again enjoyed by all

Nutsmanopleiding Ses van ons multi-gestremde leerders skakel in by die Nutsmanopleiding wat deur mnr. L Carstens aangebied word. Hulle het die kwartaal oulike lampies gemaak. Lesley Neels, Siviwe Ndema, Kevin Bentley, Aubrey Koopman, Duran Plaatjies en Jayden Olkers.

Bederf by Kleinplasie Leerders wat die naweek van 11 Maart ingebly het by die koshuis was bederf deur die Autozone-span wat die ‘Oval event’ by Kleinplasie geborg het. Baie dankie aan mnr. Coenie Visser van Agri Mega wat die De La Bat Skool se kaartjies geborg het. Dankie aan mnr. Deon Burger wat die reëlings getref het dat ons dowes deel kon wees van so ‘n wonderlike geleentheid. Die leerders sowel as toesighoudende personeel het dit baie geniet.

Sun City Charity Cycling Club The Sun City Charity Cycling Club has organised an annual cycling tour from Sun City (North West) to Cape Town (Western Cape) successfully since 2003. A total distance of 1 749 km is cycled in eight days. That equals an average of about 218 km every day for eight consecutive days. R25 000 was donated to three charities in Worcester, of which De La Bat school had the privilege to be one. Our donation will go towards repairing and maintaining their sandpit as well as putting a sail over their swimming pool so as to help prevent it evaporating too quickly in this drought.

Page 6

AWSUM NEWS MARCH 2017


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Breede Valley(March 2017) Primary - High Schools by AWSUM News - Issuu