Boland (Sep) Hoërskole

Page 16

NEWS

NUUS

16 SEPTEMBER 2013

Op die AWSUM tracks met… Loveglove Pyrotechnics Hierdie maand verwelkom ons n nuwe afdeling in die AWSUM koerant, “Op die AWSUM tracks met…” In hierdie afdeling fokus ons elke maand op ‘n nuwe of reeds gevestigde band. Ons kreatiewe span gaan uit om die bands te ontmoet, `n paar vrae te vra en hulle aan die tieners bekend te stel. Die eerste band wat ons ontmoet het, is Loveglove Pyrotechnics. Hierdie groep jong manne het in Stellenbosch mekaar ontmoet waar hulle hul liefde vir musiek ontwikkel het. ‘n Fantastiese band om live te sien, met ongelooflike verhoog persoonlikhede en baie interessante kleredrag. Die AWSUM-span het hulle in die Paarl na `n lang oefensessie ontmoet. Die hoofsanger is Dimitri Lovecuts met sy manskappe: Davey Deeps (Kitaar), Crossfire Versace (Bas kitaar) en Lemmy Banger-Knightley (Dromme). Hulle het al by feeste soos Ramfest, Splashy Fen, Carry Six Packer en Simonstock opgetree en hulle was ook saam die MK-span op die laaste Avontoer. By hierdie feeste het hulle onder andere saam met Springbok Nude Girls, Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel, Ashtray Electric, Zebra and Giraffe, Bittereinder en Jack Parrow opgetree. Loveglove Pyrotechnics gaan binnekort op

elke tiener se lippe wees. Hulle het hul eie besonderse styl en AWSUM kan nie wag vir die uitreiking van hul eerste CD nie. Hier is `n paar vrae aan Loveglove Pyrotechnics: AWSUM: Wat is julle gunsteling woord? LP: Boogie AWSUM: Grootste fobie of vrees? LP: Om te bekend te word (gevolg deur ‘n lag uitbarsting en “high fives”) AWSUM: Watter radiostasie speel tans in jou kar? LP: 5fm en MFM AWSUM: Waar noem die mense julle locals? LP: Stellenbosch AWSUM: Beskryf Loveglove Pyrotechnics in EEN word? LP: SEXY AWSUM: Enige raad vir die beginners in die industrie? LP: Speel hard, luister baie musiek, push hard en eksperimenteer en sien wat werk vir julle. AWSUM: Mees romantiese ding wat jy al vir jou meisie gedoen het? Dimitri Lovecuts: Ons het saam n sandkasteel gebou met sonsondergang

Davey Deeps: I let her win in Dominos ONCE Crossfire Versace: We took a Bluewhale sail cruise off the coast of Sri Lanka Lemmy Banger Knightley: Took her to play paintball while I was dressed up like Cupid AWSUM: Wat is die Most Embarrassing CD wat julle besit? LP: Dimitri Lovecuts: Hanson Davey Deeps: Spice Girls Crossfire Versace: Backstreet Boys Lemmy Banger-Knightley: Vengaboys Blitsvrae AWSUM: Action/comedy of thriller? LP: Al drie, in een fliek saamgevat AWSUM: Beste series om te kyk? LP: Dimitri Lovecuts: Misfits Davey Deeps: Misfits Crossfire Versace: Breaking Bad Lemmy Banger-Knightley: Breaking Bad AWSUM: Waar wil julle graag optree? LP: Rocking the Daisies en Oppikoppi -“lets keep it Local” AWSUM: Droom land om ‘n show in te hê? LP: Japan of Duitsland AWSUM: Beste Take-Aways? LP: Eastern Food Bizarre

Hoender Starpack: gemengde dytjies en boudjies R29 per kg Oktober


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.