Boland (Sep) Hoërskole

Page 12

NEWS

NUUS

12 SEPTEMBER 2013

HTS Drostdy

Rugby Noord-Boland Die volgende leerders is in hul verskeie ouderdomsgroepe in die Noord-Boland Rugbyspan opgeneem. Hulle speel in die September vakansie op Wellington teen die ander streke in die Boland. In die vakansie word die Boland Elite groepe vir 2014 op die toernooi gekies. O/17 vir 0/18: 22 Andre Swanepoel 17 Emile Opperman 13 Carel Kotze 10 Gevin Scheepers 09 Alberto dos Santos 08 Eddie Haas 07 Jurie Fick 06 Willem Augustyn 03 Robert Hunt 02 Tiaan Smuts 01 Roy Brink O/15 vir O/16: 19 Albert Liebenberg 18 Christiaan Radyn 13 Daniel Muller 11 Christo Erasmus 10 Ra’ees Neethling 03 Kobus van Rensburg

Atletiek: Baie geluk aan ons Seuns O/14 aflosspan wat twee medaljes op Swellendam verower het.Hulle wen goud in die 4x 100m en silwer in die Sweedse aflos (100m, 200m, 300m en 400m). Die span was Bjorkan Hendricks, Bradley van Turha, Preston Ludick en Jo-Dey Hendricks. Ons Seuns O/15 span was Ra’ees Neethling, Nicholas Horton, Jaun Witbooi en Bjorkan Henricks. Die span het die brons verower in die Sweedse aflos. Baie geluk aan die jong manne!

Drostdy Kook!: Tydens die pas afgelope Tussenons fees, ‘n gemeenskapsfees op Worcester waarvan al die fondse aan liefdadigheidsorganisasies geskenk word, het Drostdy se onderwysers die belangrikste rol vervul – hulle het die kosstalletjies beman! Dit is wat van die personeel ‘n familie maak.

! M U S AW

Matriekafskeid: Op 19 September het die graad 11’s van die matrieks afskeid geneem by hulle matriekafskeid. Die tema hierdie jaar was “Vintage” en Frikkie Badenhorst (Gr.11) het in sy toespraak die wens uitgespreek dat die matrieks ook met die jare net nog beter sal word, net soos ‘n goeie vintage rooiwyn. Die graad 11’s het hard gewerk om die aand vir elke matriek ‘n sprokie te maak.

Laf

Lawwer

Lafste

Loslitdag: “Loslit onderwysers” Drostdy se onderwysers GAAN GROOT vir die Nasionale Loslitdag.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Boland (Sep) Hoërskole by AWSUM News - Issuu