HÖERSKOOL GIMNASIUM PAARL Gim gee om – kerspartytjie vir Butterfly House
(t) 021 872 1541/2/3 (e) admin@paarlgim.co.za
Atlete skitter Die Gimmie-atlete het uitstekend gevaar by die Bredasdorp-atletiekbyeenkoms en bring verskeie medaljes terug Paarl toe. Damien Bothma het ‘n rekord van 56.09m in die seuns o.15 hamergooi aangeteken. Jana van Schalkwyk wen die meisies o.15 spiesgooi met ‘n afstand van 46.75m. Henco Martins en Linford Maree was gelyk in die goue medaljeposisie vir die seuns o.19 100m wedloop. Matthew Jacobs wen goud in die seuns o.16 hoogspring. Gawin Jantjies en Ruan le Grange wen albei silwer in onderskeidelik die seuns o.14 en o.15 400m wedloop. Conwill Duiker wen goud in die seuns 1 500m. Die atlete het Gim-atletiek se naam weer hoog gehou met hul prestasies. Ons is voorwaar trots op hierdie leerders.
Op Dinsdag, 1 November het die Gimmies onder leiding van die studenteraad ‘n kerspartytjie vir 150 kindertjies gehou. Hulle is met die groot skoolbus aangery vanaf Butterfly House na die atletiekbaan by Gim. Leerders en personeellede het deur boeresportspeletjies te doen, ‘touch’ rugby te speel, danspassies te oefen, gesiggies te verf, en waterglywurms en springkastele te huur, gesorg vir ure se pret en plesier. Ons het hulle met hope eetgoed bederf (worsbroodjies, sappies, roomys, kolwyntjies, vars vrugte en vele meer). In hulle geskenkpakkies, wat elkeen ontvang het, was inkleurboeke met kryte, haarknippies, albasters en toiletware. Die blydskap en waardering op elke liewe gesiggie maak hierdie projek vir ons meer as die moeite werd. Graag bedank ons elke Gimmie-ouer, -leerder, -onderwyser en -vriend wat gehelp het om hierdie wonderlike dag moontlik te maak. Spesiale dank aan Juffrouens Sarah van der Merwe en Elzanne Bonthuys vir hul harde werk.
Jana van Schalkwyk
HOËR MEISIESKOOL PAARL | PAARL GIRLS’ HIGH SCHOOL (t) 021 872 1730 (e) admin@paarlgirlshigh.com
Laerskoolleiers 2017
Leigh van Zyl (hoofdogter), Bethany Kruger, Hannah Laurence, Elsje Dreyer, Ané Geldenhuys, Aninka Ferreira, Anais van Wyk.
Atletiek
Ons het, saam met 40 uitgenooide skole, onlangs aan die Top 10 Morreesburg deelgeneem. Die volgende atlete het medaljes gewen: Anike Smit, Anlé Loubser, Haley Snyman en Leandri Krige.
Internasionale Biblioteekmaand Tradisie is baie belangrik vir Hoër Meisieskool Paarl. Elke jaar vier ons Internasionale Biblioteekmaand onder ons pragtige eikebome. Almal moet aantrek soos ‘n karakter uit ‘n boek en stories kry bekoorlik lewe soos ons Graad 11-leerders aan Graad R, 1 en 2 leerders voorlees.
Paarl Junior Town Council
Several of our learners have been elected on the Paarl Junior Town Council. They represent the youth of Paarl and offer the said youth a voice concerning civil matters and matters concerning their town, Paarl. Councillors are expected to be honest, hardworking and responsible. The councillors are Olivia White, Hannah Wilkinson, Mieke Wiehman, Angelique van Niekerk, Amicke Mostert, Anja van Dyk, Bianca Botha and Eldoné Potgieter.
Skoolleiers vir 2017 Dit is ons voorreg om die Hoofleiers vir die Hoër Meisieskool Paarl bekend te stel. Hierdie leerders is genomineer en verkies deur hul medeleerders.
Jana Turner (onderhoofmeisie), Milena Schultheiss (tesourier), Emma Scriba (hoofmeisie), Mignon de Jager (koshuishoofmeisie).
HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND 100ste krieketwedstryd Louis Frylinck sy 100ste krieketwedstryd vir die skool se o.19A-krieketspan gespeel. Boland het Hugenote met 124 lopies geklop en Louis het 5 paaltjies vir 30 lopies geneem. Louis het reeds vanaf Graad 8 vir Boland Landbou se eerstespan gespeel en word nou die eerste speler in die skool se geskiedenis wat ‘n 100 wedstryde vir Boland Landbou speel. Louis het op skool ook die Boland o.15- en Boland o.17krieketspanne verteenwoordig en was ook kaptein van die eerste krieketspan toe die span onder die top 20 krieketskole in SA gedurende die 2015/2016krieketseisoen was.
Studiebeurs Matthys Basson het ‘n kans van ‘n leeftyd gekry deurdat die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Agri Wetenskappe ‘n studiebeurs van R40 000 per jaar aan hom toegeken het. Hy beplan om BScAgric in Planten Grondwetenskappe te studeer.
(t) 021 869 8143 (e) hlb@mweb.co.za
Hoofleiers 2017
Matriekafskeid
Danté Parsons (onderhoofseun) en Luhan van Wyk (hoofseun).
AWSUM NEWS NOVEMBER 2016
Page 9