Boland (June 2016) Primary - High Schools

Page 10

LAERSKOOL NOORD-EIND

(t) 021 872 4237 (e) admin@noordeind.co.za

Gr. 4 tot 7 leerlinge gaan op verskillende kampe Die Gr. 4 tot 7 leerlinge van die Laerskool was so bevoorreg om die week van 16 tot 20 Mei verskillende kampe wat die skool gereel het, by te woon.

Die Gr. 7's het 'n besienswaardige toer na Oudtshoorn en Knysna onderneem. Gr. 6 het by Melkbos gaan kamp.

Gr. 5 het die SOS-kampterrein by Villiersdorp besoek en die Gr. 4's is Bainskloof toe. Wat 'n heerlike voorreg was dit nie!

STUDIO

Sewing Classes /van Embroidery Vir alle Borduur embleme,

name STUDIO & Naaldwerk Noorder Sewing Classes / Paarl Embroidery

Gr. 4 Bainskloofkamp

Gr. 6 Melkbos

Gr. 7 Toer

HOËR MEISIESKOOL PAARL | PAARL GIRLS’ HIGH SCHOOL (t) 021 872 1730 (e) admin@paarlgirlshigh.com

XCO Championship

Redenaars

Die netbalspelers van HMS Paarl is ingesluit in die Weskaap Netbalspanne wat gedurende die vakansie aan verskeie toernooie gaan deelneem.

Mia de Villiers Gr. 10 wen die Western Cape XCO Championship en kry daarmee haar WP-kleure. Baie geluk Mia!

Die twee leerders wat by die Nasionale Rondte gaan deelneem is Dayna Calmeyer en Hannah-Lee Erasmus. Dit gaan op 12 Augustus te Buffelspoort plaasvind.

Redenaars Een van HMS Paarl se laerskoolleerders het op 28 Mei by die ATKV Redenaarskompetisie se halfeindronde na die nasionale kompetisie wat in Augustus by Buffelspoort plaasvind, deurgedring. Hanna Botha, Gr. 7 wat deelgeneem het aan eerste addisionele taal Gr 6-7, is die trotse dogter wat ons skool gaan verteenwoordig.

Hokkie Baie geluk aan die 3 dogters met hul insluiting tot die Boland ‘Indoor’ Hokkiespanne. Hul neem gedurende die vakansie aan die Nasionale Toernooi in Kaapstad deel. Ons is baie trots op julle!

Isabella Kruger (Foxes - A-span), Janke-Martine Viljoen (Scorpions - B-span) en Surette Smit (Scorpions - B span).

Page 10

Netbalnuus

AWSUM NEWS JUNE 2016

VOOR: Donna Kotze (0/14), Carine Alberts (0/14), Danica Potgieter (0/14), Anja du Toit (0/14), Jean-Miri Olivier (0/14). AGTER: Wilmare Mouton (0/18), Lara van den Berg (0/18), Francis Olivier (0/17).

Blou dag vir Outisme Op Vrydag, 6 Mei het HMS Paarl se Gr. 1 tot 7 leerders blou aangetrek ten bate van die Boland Skool vir Outisme. Mev Lizelle Raath (hoof van die Boland Skool vir Outisme) het kom praat oor outisme.

Mev. Lizelle Raath saam met die Girls’ Highers.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.