GREY COLLEGE (t) 051 444 1513 (e) post@gc.co.za Matrikulante spog met nóg onderskeidings
Tien Grey College matrikulante is aangenaam verras nadat die vraestelle wat hulle laat hermerk het in die eindeksamen, vir hulle ‘n ekstra A-simbool besorg het. Marnus Boshoff en GC van Heerden spog albei met agt onderskeidings!
Marnus Boshoff (8)
GC van Heerden (8)
Mario Vieira het sewe onderskeidings ingeryg, terwyl Rohan Cloete en Albert Potgieter onderskeidelik ses en vyf onderskeidings ontvang het. Die volgende leerders het ook ekstra A’s ontvang: Fritz Buhrman (4), Hendrik Geel (4), Ryno Kleinhans (4), Dawid Coetsee (3) en Nick de Kock (3).
Mario Vieira (7)
Rohan Cloete (6)
Rugbyspelers verteenwoordig Suid-Afrika in die o/18 Sewes Drie spelers van Grey College in Bloemfontein het Suid-Afrika verteenwoordig in die o/18 Internasionale Sewes-toernooi wat vanaf 2 tot 5 Maart in Windhoek gehou is. Die Suid-Afrikaanse span het koning gekraai en die finaal met 45-0 teen Windhoek gewen. Henk Cilliers, Rikus Pretorius (kaptein) en Janco van Heyningen het uitmuntende rugby gespeel.
Henk Cilliers, Rikus Pretorius en Janco van Heyningen,
Albert Potgieter (5)
Voorsmakie van Kokkedoortjie 2017 Die koswerklikheidsreeks Kokkedoortjie begin op 5 April 2017 op televisie te draai. Hierdie reeks word op Woensdae om 20:00 op kykNET uitgesaai en sal tot ‘n einde kom op 28 Junie. Een van Grey Kollege se leerders, Christi Myburgh (14), gaan nie net die skool se naam hoog hou in hierdie reeks nie, maar ook Bloemfontein en die Vrystaat! Hier is ‘n voorsmakie van Christi en die reeks wat uitgesaai gaan word. Video link: https://www.youtube.com/watch?v=g6s_7OiDv8
Janco van Heyningen, Rikus Pretorius en Henk Cilliers.
SA Skole-atletiekbyeenkoms Twaalf leerders van Grey Kollege in Bloemfontein is ingesluit in die Vrystaat-atletiekspan. Hulle sal vanaf 9 Maart tot 1 April deelneem aan die SA Skole-atletiekbyeenkoms in Durban.
Grey Kollege spog met SA junior gholfkampioen Wilco Nienaber (16) van Grey Kollege is onlangs aangewys as die Suid-Afrikaanse junior gholfkampioen tydens die Curro Internasionale Toernooi wat in Durbanville gehou is.
VOOR: Jannes Schlebusch, MD Laubscher, Petrus Jacobs, Tielman Nieuwoudt en Jarred Brown. AGTER: Katleho Chabanyane, Duvan Smit, Hennie Engelbrecht, Ross Braude en Nabo Sekoyi. AFWESIG: Lucky Moleyane en Lerato Manyana.
Page 14
AWSUM NEWS MARCH 2017