PRIMÊRE SKOOL WILLEM POSTMA (t) 051 436 2730/1 (e) pthysn@wpps.co.za Omgeeprojek (skoene) By Willem Postma doen ons verskillende waardes. Ons het die jaar afgeskop met die waarde Omgee. As ‘n projek van Omgee het ons skoene, tekkies en sporttoerusting ingesamel vir Waterbron-skool (hoof: mnr. Fanie Roeloffse). Ons skoolhoof, mnr. Jaco Kotze en ‘n paar personeellede en ons hoofleiers het die skoene gaan aflewer. Ons het net weer bewus geraak van hoe
bevoorreg ons is en dat ons dankbaar moet wees. Die kinders bring hulle skoene skool toe en met die hulp van mammas wat omgee wat elke Donderdag vir die skool bid, het hulle ons gehelp om die skoenepare aan mekaar vas te maak en te sorteer. Die diensgroep van die kwartaal het ook gehelp.
Pretstap Ons het ons jaarlikse Pretstap gehou op Naval Hill. Ons het verskillende karakterwaardes wat ons deur die jaar by die skool toepas. Elke graad het volgens die kleur van hulle Karakter aangetrek. (pers) Graad 1 • Burgerskap • Regverdigheid (oranje) Graad 2 • Verantwoordelikheid (groen) Graad 3 • Betroubaarheid (blou) Graad 4 • Respek (geel) Graad 5
• Omgee (rooi) Graad 6 • Geloof (wit) Graad 7 Ons skenk ook ‘n deel van ons winste aan ‘n liefdadigheid. Ons probeer dit elke jaar vir ‘n instansie gee wat dit bitter nodig het. Ons het reeds in die verlede aan Kansa en Reddersburg-kinderhuis skenkings gemaak. Hierdie jaar gaan’n deel van die wins aan Athalia, ‘n versorgingstehuis vir bejaardes en gestremdes. Daar is sowat 250 mense wat verdeel is in 15 verskillende huise, waarvan vyf huise vir gestremdes uitgesit is.
Christian Meyer, Marko Meyer en Charl van der Westhuizen.
Eloise van Driel, Nina Grobbelaar, Annemé Kruger, Lizanne Muller en Caroli Stapelberg.
Page 12
AWSUM NEWS MARCH 2017