PRIMÊRE SKOOL WILLEM POSTMA (t) 051 436 2730/1 (e) pthysn@wpps.co.za Nuwe Skoolhoof vir Willem Postma Mnr. Jaco Kotzé van HS Bultfontein is as die nuwe skoolhoof aangestel en die verwelkoming was op Maandag, 13 Februarie.
Mnr. Jaco Kotzé en sy vrou, Hannerie Kotzé.
Ds Jan Lubbe van Berg-en-Dal-kerk het op ‘n gepaste noot die opening in die saal behartig. Hy het mnr. Kotzé ‘n nuwe kers laat aansteek as simbool van ‘n nuwe toekoms vir hom by ons skool as hoof.
Mnr. Kotzé spreek die leerders toe in die saal. Sy boodskap het uit Psalms 143:10 gekom, waar hy nederig voor God staan om hom op die regte weë te lei.
Kroonstaduitnodigingsgala Die medaljewenners van Willem Postma tydens die Kroonstad-uitnodigingsgala op 27 Januarie was: • Elizabeth Joubert: 3 goud en 1 brons • Lyon van Wijk: 1 brons • Olin Blake: 1 brons • Elbé van der Merwe: 1 silwer • Armand Herbst: 1 brons • Jana-Mari Erasmus: 1 silwer en 1 brons VOOR: Olin Blake, Armand Herbst en Jana-Mari Erasmus. AGTER: Elizabeth Joubert, Lyon van Wijk en Elbé van der Merwe.
Maand van omgee Dit is die maand van omgee by Willem Postma. Al die leerders het op die rugbyveld hulle piekniekmandjie uitgepak en hulle moes 'n ietsie vir 'n maatjie gee. Om verder die omgee te wys moet elke leerder môre 'n paar
Page 8
AWSUM NEWS FEBRUARY 2017
skoene skool toe bring en dan gaan ons dit skenk aan 'n skool waar daar 'n behoefte vir skoene is. Die reën het uitgesak en dit het so mooi gelyk toe die kinders met hulle sambrele op die rugbyveld rondgeloop het!