FICHARDTPARK PRIMÊRE SKOOL (t) 051 522 8166 (e) info@fichies.co.za Fichies Go Wild Fichies het hulle jaarlikse kermis met die tema “Fichies Go Wild” gehou. Dit was weer eens ‘n reuse sukses. Onder die leiding van Juffrou Chantel Tomas het elke graad ‘n stalletjie beman en hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Daar was pannekoek, hamburgers, kerrieen-rys en ‘n verhoog vol allerhande lekkergoed te koop.
Fichies se eie skoonheid Spieëltjie, spieëltjie in my hand … wie is die mooiste skoonheid in Fichieland? Fichies spog met hulle eie Mej. SA Schools finalis, Izalda Kriel. Izalda het onlangs deelgeneem aan Little Miss Freestate en was deel van die Top 5. Sy leef verseker die talente uit wat haar Hemelse Vader vir haar gegee het. Knap gedaan, Izalda.
Kermishokkie is pret Fichies se hokkieseisoen het op ‘n hoë noot afgesluit. Al die Graad 1 tot Graad 7 seun-en dogterspanne het soos ‘n tema aangetrek en baie lekker teen mekaar gespeel. Fichies se afrigters borrel oor van entoesiasme, want die dag was nog lank nie verby nie… Die afrigters het die ouers uitgedaag vir ‘n vriendelike wedstryd na die tyd. Daar was hope pret tydens die Kermishokkie.
PRIMÊRE SKOOL JIM FOUCHÉ (t) 051 522 5951 (e) info@psjf.co.za JF Drummies gaan na Kroasië Drie van Primêre Skool Jim Fouché se JF Drummies-leerlinge het deelgeneem aan die Protea Trials en is gekies vir die Junior Protea Trompoppie Span! Hulle vertrek op 19 September vir deelname aan die MWF-II Majorette Sport World Championships in Porec, Kroasië, wat plaasvind van 22 to 25 September. JF is baie trots op hierdie puik prestasie en wens die span alle sukses toe!
Demi Nel, Jean-Marie Theron en Neline Bakkes.
JF Voortrekkers ontvang Ereklere tydens PD Toetsing Sewe leerlinge van die Graad 7 JF Voortrekkers het onderskeidelik Silwer- en Goud-toekennings ontvang tydens die PD Toetsing by Doornkloof, Kroonstad. Die leerlinge ontvang toekennings soos volg: Bianca Bester (Silwer), Marioné Diesel (Goud), Augusta van der Walt (Goud), Anke van der Merwe (Goud), Maryna Oosthuizen (Silwer), San-Marie de Kock (Goud) en Demi Nel (Goud).
JF Karnaval 2016 JF het ‘n groot Karnavalweek gehou met verskeie aktiwiteite. Tydens die Temadrag-dag het die klasse hulself met opwindende kleure opgemaak vir ‘n parade, geesbou en kaskaruitdunne. Die kinders en onderwysers het uit hulle pad gegaan om dit ‘n absolute opwindende en genotvolle dag te maak!
Bianca Bester, Marioné Diesel, Augusta van der Walt, Anke van der Merwe, Maryna Oosthuizen, San-Marie de Kock en Demi Nel.
EDUPLUS INDEPENDENT SCHOOL (t) 051 446 0527 (e) eduplusprimary@gmail.com Learning to be waiters Our Grade 4 learners got a chance to waiter at the Spur in Langenhoven Park on Tuesday, 31 August. They had a ball and were extremely exhausted, but they learnt a lot. Well done, Grade 4s!
Casual Day Cowboys, fairies, pirates, wizards and many other colourful characters descended upon Eduplus on Friday. Why? It was Casual Day, of course! It was a day packed with activities – there was a fashion parade and a treasure hunt, and Sunell Wiehman spoke to the children about people living with disabilities. The day ended on a high note when the older children got to strut their stuff at the Spring Dance. What a day!
G.I. Mom and Kids Our annual G.I. Mom and Kids event took place at Tempe on 10 September. All our moms and kids had a ball and got to ride on a tank, shoot with rifles and even drive a simulator. A fabulous time was had by all.
Some of our G.I. Moms.
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2016
Page 7