Bloemfontein (October 2016) Primary - High Schools

Page 9

KYRIOS INDEPENDENT SCHOOL

LAERSKOOL BLOEMFONTEIN (t) 051 433 1913 (e) info@lsbfn.com

(t) 051 250 4050 (e) admin@kyriosschool.co.za

Matric farewell Kyrios Matrics, parents and staff enjoyed a delightful evening at the Matric farewell on 29 September. Although it is sad to say goodbye to an amazing class, Kyrios staff wish them all of the best for their final exams and their future!

Stoei

Fietsry

Herman Boshoff het deelgeneem aan die SA Stoei-kampioenskappe in Pretoria en verwerf twee goue medaljes: • Griekse-Romeinse styl • Free Style Baie geluk, Herman!

Chanica Botes het deelgeneem in Oudtshoorn aan SA Kampioenskappe en verwerf ‘n goue medalje in die spankompetisie en twee brons medaljes in die padwedrenne.

Open Day We recently had a very successful open day for new learners. All our learners and staff helped prepare the school for this important day on our calendar.

LAERSKOOL PRESIDENT BRAND (t) 051 422 4941 (e) mariana@presidentbrand.co.za Goud vir President Brand Primêr op Internasionale Expo

Leerder reik uit na minderbevoorregtes Keagen du Plessis (Graad 3), het die afgelope Mandeladag sy bydrae vir mense in nood gemaak het, deur sop aan minderbevoorregtes uit te deel

Jeanré Coetzee (Graad 6) het tydens die afgelope Eskom Internasionale Wetenskap Expo (4 tot 8 Oktober), sy skool en Bloemfontein verteenwoordig en ‘n goue medalje vir sy projek verower. Hy het ook ‘n prys gekry van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns as Naaswenner vir die Beste Junior Afrikaanse projek op die Expo. Die titel van sy projek is “Gloeibome is die Straatligte van die Toekoms.” Hy het, gebaseer op navorsing reeds in Amerika gedoen waar die wêreld se eerste plantjie wat in die donker gloei, met die Luseferien Ensiem (gloei-ensiem) van ‘n vuurvliegie, gekweek is, deur middel van eksperimente bewys dat die bome wat in die donker gloei, genoegsame lig sal afgee om straatligte in die toekoms te vervang.

Top skaakspelers

President Brand Voortrekkers presteer Ons Kommando is trots op die 10 Graad 7 Voortrekkers wat die Voorslagtoekenning verwerf het. Die evaluering het op provinsiale vlak plaasgevind en dit is die hoogste toekenning wat ‘n Voortrekker op laerskoolvlak kan verwerf. VOOR: Henrico de Waal (Goud), Liné van Huysteen (Goud), Cabous Jacobs (Goud), Carla Markgraaff (Silwer), Charl van Zyl (Goud). AGTER: Christian Venter (Goud), Nardus Haasbroek (Goud), Germari Hugo (Silwer), Juané de Wet (Goud), Anje du Plessis (Silwer).

Agt leerders van President Brand Primêre Skool is vanjaar in die Vrystaat Skaakspanne ingesluit om deel te neem aan die SA Junior Skaakkampioenskappe wat vanaf 16 tot 19 Desember by die Birchwood Hotel en Konferensiesentrum in Boksburg plaasvind. Dis die grootste oes van Vrystaatspelers wat die skool in ‘n lang tyd opgelewer het. PBS is trots op elke spelertjie wat tydens hierdie ‘prestige’ toernooi die skool en die Vrystaat gaan verteenwoordig.

VOOR: Crissa Bojé, SJ Odendaal, Jeandré Coetzee, Jason Melville, Joalize Melville. AGTER: Garran Grace, Imche Venter, Christiaan Odendaal.

AWSUM NEWS OCTOBER 2016

Page 9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.