JIM FOUCHÉ HIGH SCHOOL (t) 051 1760/1 (e) admin@jf.co.za Padfietswedren Ben Britz van JF het onlangs die o/16 Nasionale Padfietswedrentitel verower oor ‘n afstand van 85km in ‘n tyd van 02:28:06.
Gebiedjeugsleier Sulene Labuschagne van JF is gekies tot Gebiedsjeugleier vir die Voortrekkers.
Atletiek Tharina van der Walt van JF is ingesluit in die SA-atletiekspan wat einde April in Lesotho aan die Afrika Spele gaan deelneem. Tharina spog met verskeie topposisies en nuwe rekords gedurende die eerste kwartaal se atletiekseisoen in Hamergooi (61,18m, SA - Goue medaljehouer), Diskus (45,20m ASA-Vrystaat) en Gewigstoot (15,26m ASA-Vrystaat).
Diskusgooi
Bronwyn Leonard van JF het onlangs ‘n nuwe rekord opgestel in diskusgooi D17 met ‘n afstand van 39,19m tydens die Hoërskole Atletiekbyeenkoms wat gehou is. Sy spog egter met ‘n afstand van 39,40m tydens die ASA Atletiekkampioenskappe.
Tweekamp Etienne Beckman en Marli Kotzé van JF is opgeneem in die SuidVrystaat Tweekampspan.
HOËRSKOOL SENTRAAL (t) 051 410 1800 (e) mail@sentraal.co.za Netbal - 10 jaar Kampioen Met ons oorwinning oor Eunice High School maak die Hoërskool Sentraal met groot trots ons 10e wenjaar bekend! Die Tralies se 1e span het sedert 2006 nog ELKE jaar die groter Bloemfontein-liga gewen. Ons hou duim vas vir die ‘Free State Challenge’ wat tussen 16 tot 17 Junie in Welkom plaasvind waar die span moontlik vir die 10de agterneenvolgende jaar die beker sal huis toe bring.
VOOR: A. Nel, M. van Wyk (kaptein), N. de Wit (o/kaptein), mnr. JH Vorster (Skoolhoof). AGTER: Mev. S. Grobler (spanbestuurder), M. Boshoff, Z. Posthumus, O. Khasake, me. R. Erasmus (afrigter), D. Klopper, J. Nel, A. Fourie, Z. Jordaan.
MARTIE DU PLESSIS SKOOL (t) (051) 5226801 (e) algkantoor@mdup.co.za Rugbyproewe Met die onlangse rugbyproewe gehou vir Spesiale Skole is ‘n Vrystaat LSOB-span gekies wat gedurende die Junie/Julie skoolvakansie aan die 35ste Cravenweek vir LSOB skole gaan speel. Vanjaar se LSOB Cravenweek sal vanaf 26 Junie tot 1 Julie in Pretoria plaasvind. Martie du Plessis Skool het nie minder nie as 8 seuns in die 018 span.
Vrystaat netbalproewe
Hokkie
Met die aanbied van die Vrystaat netbalproewe vir die kies van die Vrystaat LSOB Netbalspan wat aan die SA vir Spesiale Skole in Natal gaan deelneem vanaf 10 tot 13 Julie 2016 was Luandrie Gouws so bevoorreg om in die span opgeneem te word.
Twee van Martie du Plessis se leerders het die besonderse prestasie behaal deur vir die onderskeie Vrystaat Hokkiespanne gekies te word. Nikki Seboka is vir die Vrystaat 018 Dogters Hokkie A-span gekies en Bruzaille Tobias is vir die Vystaat 018 B-span vir seuns.
Karate
Wihan Myburgh, Curtley Niewenheyzen, Enrico Cordier, Abednago Ansah, Nwiwgwe Nthombeni, Bruzaille Tobias, Phillip Oelofse en Carlo Jooste.
Die Suid Afrikaanse JKA Karate Kampioenskappe het plaasgevind van 19-21 Mei in Johannesburg. Tydens die kampioenskappe het Dade Boyes, ‘n leerling van Martie du Plessis, die mooi prestasie behaal deur ‘n algehele derde plek te verower in die Junior Novice Boys Purple Kumite 14. Dit is voorwaar ‘n puik prestasie.
AWSUM NEWS JUNE 2016
Page 5