HOËRSKOOL SENTRAAL (t) 051 410 1800 (e) mail@sentraal.co.za ATKV Spelathon Hierdie twee leerders van Hoërskool Sentraal het tydens die Nasionale ATKV Spelathon wat in Germiston by Leeuwenhof Akademie plaasgevind het Sentraal se naam hoog gehou. Ilze van der Merwe het ‘n 2de plek behaal en Nadia Havenga ‘n 1ste plek. Baie geluk met die uitstekende prestasie. Julle maak Sentraal trots.
WOW-spelfees Baie geluk aan Franco Smit van Hoërskool Sentraal wat tydens die Nasionale WOW-spelfees in Stellenbosch ‘n 3de plek behaal het.
Ilze van der Merwe en Nadia Havenga.
JIM FOUCHÉ HIGH SCHOOL (t) 051 1760/1 (e) admin@jf.co.za Hoofleiers 2018 Die vier nuwe hoofleiers vir 2018 van Hoërskool Jim Fouché is onlangs aangewys.
Dirk Vrey (Ondervoorsitter), Marinus Maloney (Voorsitter), Jolene Bester (Voorsitter) en Kaylin Mathews (Ondervoorsitter).
AWSUM NEWS NOVEMBER 2017
Page 17