PRIMÊRE SKOOL WILLEM POSTMA (t) 051 436 2730/1 (e) pthysn@wpps.co.za Hoofleiers 2018
Gerrie Greyling (Onderhoofseun), William Mouton (Hoofseun), Rickus Prinsloo (Hoofseun 2017), mnr. Jaco Kotzé (Skoolhoof), Carla Fourie (Hoofmeisie 2017), Carmen du Plessis (Hoofmeisie) en Nina Grobbelaar (Onderhoofmeisie).
Radikale Redenaars
Diabetesdag
Baie geluk aan Lukas Combrinck (Graad 2) wat ‘n 4de plek en Zak du Plessis (Graad 5) wat ‘n sesde plek in die Nasionale Radikale Redenaarskompetisie behaal het.
‘n Leerder van Willem Postma Primêre Skool, Alenka van Vuuren en haar vriend, Lennie die Leeu het ons skool se leerders bewus kom maak oor diabetes. 14 November is Wêrelddiabetesdag en ter ondersteuning van hierdie dag het ons skool se leerders en personeel almal op Maandag, 6 November ligblou aangetrek. Alenka vertel dat diabetes ‘n lewenslange siekte is waar ‘n mens se lyf sukkel om die suiker wat jy eet in die energie om te sit wat jy nodig het. Sy sê: “My medisyne hiervoor is insulien, wat my lyf nie self kan maak nie.” Alenka verduidelik: “Ek is op 16 maande met diabetes gediagnoseer, maar ek mag lekkers eet, bergklim en eendag die werk doen wat my hart begeer. Soos ons almal moet ek ook die beste keuses vir my lewe maak.” Sy sê indien jy ewe skielik die volgende simtome ontwikkel, moet jy jou ouers vra om jou dokter toe te neem sodat jy getoets kan word vir diabetes: • chroniese dors • moegheid • meer gereelde behoefte om badkamer toe te gaan • drastiese gewigsverlies Alenka sluit af met die woorde: “Diabetes kan met ‘n allergie vergelyk word en is nie aansteeklik nie. Dit is ‘n kondisie wat ek het, maar dit maak my nie die mens wie ek is nie.”
Voortrekkers
Willem Postma se Graad 7 Voortrekkers wat PD Voorslag suksesvol voltooi het
Willem Postma se Voortrekkerkommando Vader Visser se jeugleiers vir 2018.
VOOR: Markus Bosch, CF du Plessis, Emma Musgrave, Mia Coetzee, Louis du Preez, Duan Bosch. AGTER: Rugen de Wet, Christopher Bosch, Jan-Louis Fourie.
Jean-Marie van Aswegen en Roan Venter.
Alenka van Vuuren en Lennie die Leeu.
AWSUM NEWS NOVEMBER 2017
Page 11