
1 minute read
Crestcare Hospitaal bring talle kenners na Swartland

Ngange Nongogo van Summit Africa het die gehoor toegespreek oor die maatskappy se belegging in die projek
Advertisement
Malmesbury sal in 2024 spog met 'n splinternuwe privaathospitaal, onderskryf deur Crestcare.



Die hospitaal is tans in wording langs die nuwe winkelkompleks wat later vanjaar sy deure sal open.
Die Crestcare Malmesbury Hospitaal sal oor 84 beddens beskik en sal toegerus wees met 'n radiologie-afdeling, vier teaters, 'n apteek, kafeteria, laboratorium en vele meer.
Die hospitaal se beplanning is so uiteengesit, dat daar ruimte gelaat is vir verdere uitbreidings in die toekoms.
Belanghebbendes het Woensdag die ge- leentheid geniet om die perseel te verken.
Die uitvoerende burgemeester van Swartland Munisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas, het die ontwikkelaars, beleggers en ander rolspelers bedank vir hul belegging in die Swartland en Malmesbury en hulle verseker dat hulle die beste keuse gemaak het om in die Swartland te belê.


Die infrastruktuur sal in April 2024 oorhandig word en die hospitaal sal na beplanning in Julie 2024 sy deure open. Talle spesialiste sal hier hul spreekkamers huisves. Dit sluit ortopede, uroloë, pediaters, ginekoloë en vele meer in.
Sowat 50 000 mense, waarvan 7000 pasiënte is, word verwag om binne die eerste jaar die hospitaal te besoek.
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Harold Cleophas, en onderburgemeester Anet
Rugby: Cenanto Lakabane van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die o.15 Wes-Kaapspan opgeneem. Die span gaan gedurende Julie aan die DCAS Winterskpele deelneem.

Netbal: Zaida Amerika en Alica Bester van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die o.16 en o.18 Wes-Kaapspan opgeneem. Hulle neem in die vakansie aan die All Ages-kampioenskappe deel.
