2 minute read

Miljoene rande vir elektrisiteit in die landbou geoormerk Stap saam met Furlo vir Wings for Life

Furlo Theron van Malmesbury daag alle Swartlanders uit om deel te neem aan die virtuele staptop, Wings for Life op 7 Mei.

Wat die resies uniek maak, is dat alle deelnemers vanoor die wêreld, op dieselfde tyd wegspring. Professionele atlete, pretdrawwers en beginners is almal saam teen die Catcher-voertuig.

Advertisement

Die bewegende eindstreep, begin 30 minute na die wegspring en steek drawwers en rolstoel-gebruikers verby een na die ander, tot die resies verby is.

Alle inskrywingsgeld word geskenk aan spinalekoord-navorsing om 'n geneesmiddel vir hierdie soort beserings te ontwikkel.

Furlo het besluit om vanjaar alle deelnemers uit te nooi om saam aan die dag deel te neem op die nuwe sportgronde agter Schoonspruit Sekondêr. Hy sal ook lekker pryse vir die wenners uitdeel en wil graag hierdeur bewusmaking doen vir die toestand waaraan hy self ook ly.

Diegene wat aan die resies wil deelneem, moet die webtuiste wingsforlifeworldrun.com besoek en registreer. Soek dan ook vir Furlo se span, Grace Adapted.

Vir meer inligting of registrasiehulp, kontak Furlo op 071 682 6107 of stuur 'n epos na graceadapted@gmail.com.

Minister Ivan Meyer (regs) het onlangs besoeka afgelê by die nuwe aanleg van DeliCo buite Riebeek-Kasteel. Hier is hy saam met hoofuitvoerende bestuurder, Hendri Truter.

Die Wes-Kaapse minister van landbou, Minister Ivan Meyer, het Woensdag Agri Malmesbury se lede toegespreek.

Volgens Meyer is daar 17 000 landbouers in die Wes-Kaap, kommersieel asook op klein skaal.

Hy het beklemtoon dat boere-ondersteuning gelykstaande is aan voedselsekuriteit.

Die departement van landbou het gedurende die 2020/2021-tydperk 4015 plaasbesoeke afgelê, met 3600 besoeke wat beplan is vir kleinboere.

5200 voedseltuine is geïmplementeer op die grondslag van een huis, een tuin.

Volgens Meyer sal daar ook groter fokus geplaas word op die oordrag van tegnologie na landbouers in terme van produksie.

Hy het ook klem geplaas op die konsep van 'n boer is 'n vriend en dat die gemeenskap landbouers nodig het.

Met klimaatsverandering wat kenners laat kopkrap, is dit belangrik om te weet dat SuidAfrika die 50ste droogste land ter wêreld is.

Volgens Meyer het landbou volhoubare bronbestuur nodig.

"Tegniese toepassings word benodig vir beter waternavorsingsbestuur."

As deel van die departement se strategiese prioriteite is die Wes-Kaapse Cannabis-plan einde Maart vanjaar bekend gestel.

Dit voorsien fokusintervensies en bied ondersteuning aan cannabis-produsente in die WesKaap.

Uitheemse plante is ook uitgeroei oor 20 000 hektaar wat 800 werksgeleenthede geskep het.

Die aanbieding van die Energieberaad vind op 22 en 23 Junie vanjaar plaas met insette wat ingewin sal word van verskillende groenenergieverskaffers en -kundiges.

Volgens Meyer het 8 uit 10 van die grootste uitvoerprodukte van die Wes-Kaap 'n land- bou-grondslag.

Vir elke 5% groei in uitvoere, word 22 951 werke geskep.

'n Totaal van 66% van die waarde van die Wes-Kaap se landbouproduksie word uitgevoer en 55% van Suid-Afrika se landbou-uitvoere kom vanaf die Wes-Kaap.

Die departement ondersoek ook moontlikhede om landbouers minder afhanklik van Eskom-krag te maak.

Die Wes-Kaap se Energie Veerkragtigheidsprogram sluit die volgende in:

R11.1 miljoen is geallokeer vir die vraagbestuursplan, om korttermyn opsies te identifiseer om sommige beurtkrag-fases te versag volgens die vraag.

R444.5 miljoen is geoormerk vir die Nuwe Energie Opwekkingsprogram.

R15.8 miljoen is geoormerk vir die Netwerkontwikkelingsplan om te verstaan waar die huidige munisipale distribusienetwerk gebruik kan word en om te bepaal waar Eskom hul beplande netwerkontwikkelings kan versnel.

Die energiebefondsing sluit ook in:

R95.9 miljoen vir die Departement van die Premier om te lei, te koordineer en om strategiese komponente van die Energieverkragtigheidsprogram te dryf, R148.7 miljoen vir die Departement van Infrastruktuur om onafhanklike kragvoorsieners te dryf.

R60 miljoen aan Wesgro en Freeport Saldanha om die Green Hydrogen-ontwikkeling te verseker;

R55.5 miljoen vir die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme om alternatiewe energievoorsieningsstelsels te implementeer en R57.5 miljoen vir die departement van plaaslike regering om munisipaliteite te ondersteun om hernubare energie-oplossings te ondersteun.

This article is from: