
3 minute read
KWARTAALLIKSE VERSLAG
‘n Nuwe GOP en Lekker Water Pryse
Ek wil met die deur in die huis val en u herinner dat u tot 28 April 2023 om 12:00 die geleentheid het om u insette te lewer op die konsepbegroting en Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) Die GOP is basies die Munisipaliteit se besigheidsplan vir die volgende paar jaar en word ook jaarliks gewysig en opgedateer na gelang van die gemeenskap se behoeftes
Advertisement
Die GOP is die plan wat die begroting lei As dit nie in die GOP is nie, is dit nie in die begroting nie Ons werk reeds sedert 2022 aan die plan en het verskeie geleenthede gehad waar inwoners hulle insette kon lewer Hierdie is die laaste geleentheid voor die plan en die begroting vir die nuwe finansiële jaar voor die Raad dien vir finale goedkeuring in Mei Gaan kyk gerus op ons Facebook-blad of op ons webblad (www swartland org za) vir meer inligting
Dit is altyd lekker as die werk wat ons amptenare doen raakgesien word, nie net deur die inwoners van ons dorpe nie maar ook op nasionale en provinsiale vlak Ons was dus baie beïndruk en trots met die pryse en erkenning wat ons rioolsuiweringaanlegte onlangs ontvang het vanaf die Nasionale Departement van Water en Sanitasie Beide die Riebeekvallei en Malmesbury aanlegte het pryse ontvang vir die beste rioolaansuiweringsaanlegte in hul onderskeie kategorieë Daarmee saam het mnr Hendrik Strydom die prys gewen vir beste proseskontroleur in sy kategorie Die toekennings is ‘n groot pluimpie vir Swartland en demonstreer die toewyding, beplanning en kennis waarmee munisipale infrastruktuur bedryf word
Onwettige stortings bly ‘n geweldige groot probleem in ons streek Daar waar ‘n oop stuk grond is, vind ons dat mense hulle huishoudelike vullis, tuinvullis, bourommel of sommer net ongewensde of stukkende huishoudelike items weggooi Ek wil n ernstige beroep doen op alle inwoners om onwettige storting dadelik aan te meld Dit kos die munisipaliteit duisende rande elke jaar om onwettige stortings op te ruim Regoor die hele munisipaliteit kry al ons inwoners dieselfde vullisverwyderingsdiens Daar is dus geen rede vir onwettige stortings nie Indien u nie seker is oor watter dae die vullisverwyderingsdienste in u area is nie skakel gerus die munisipaliteit of gaan kyk op ons webblad
Meld asseblief onwettige stortings aan wanneer u dit sien gebeur Kontak dadelik die wetstoepassingseenheid( 022 487 9479) Daar sal ten sterkste opgetree teen mense wat gevang word wat rommel en vullis onwettig stort Die hulpbronne wat gebruik moet word om hierdie probleem aan te spreek, kan baie beter aangewend word Indien u uitdagings ondervind met die vullisverwyderingsdienste laat ons weet, dan probeer ons om dit aan te spreek Onwettige storting is nie net hou ook gesondheidsrisiko’s in en lok peste en plae Help ons om die skul onwettige stortings stop te sit!
As u wonder waarmee ons besig is, gaan loer gerus op ons Facebook by https://www facebook com/SwartlandMunicipality
Tot volgende kwartaal Groete
Raadsheer Harold Cleopha


Uitvoerende Burgemeester, Swartland Munisipaliteit
Toerisme aangesluit.
In die vorige termyn is daar ondersoek ingestel oor die moontlikheid van Agro Processing-toekennings om moontlike landbou-ondernemings op so 'n manier na die dorp te lok.
Die sakekamer werk ook nou saam met MURS, die Moorreesburg Urban and Regional Sector ten opsigte van die beplanning vir PTZ/LPR-kameras vir die dorp.
Daar word steeds na besigheidseienaars gesoek om hul geboue aan te bied om kameras teen die geboue te installeer.
Die sakekamer het die Paradyskloof-ontwikkeling oorkant die Gene Louw-sportgronde skoongemaak.
Intussen is die sakekamer ook besig om te woeker met die verf van geboue in die Hoofstraat.
Dit sluit geboue vanaf die verkeerslig tot by HMO Meubels in.
Hulle wag tans vir toestemming om die spoorwegbrug se ses panele in verskillende kleure te verf om so die projek aan te kondig.
Dit sal aansluit by Swartland Toerisme se bemarkingstema.
Visser het in sy voorsittersverslag genoem dat dit sy doelwit is om 'n sterk deelnemende ledetal te bou om alle besighede met mekaar te sinkroniseer om die dorp se ekonomie volhoubaar te laat groei met die uitbrei van bestaande besighede asook die invloei van goeie gesonde nuwe besigheid wat aansluit by die sakekamer se beleidsdokument.
Daar is meer as 180 besighede op Moorreesburg identifiseer, na die dorp in vyf dele verdeel is.
140 eposse is aan bestaande en potensiële lede gestuur.
"Slegs 11 bestaande lede het hul lidmaatskap hernu en 15 nuwe lede het aangesluit.
"Ledegeld is noodsaaklik om die Sakekamer se uitgawes te dek," sê Visser.
Die sakekamer se ledetaldoelwit vir 2023 is 100 lede.
Aansoekvorms is beskikbaar op die Moorreesburg Sakekamer se webtuiste. Besoek www.mrbsake.co.za om jou lidmaatskapvorm af te laai.