3 minute read

Stand van die damme in die Wes-Kaap (73.2%)

WAT WORD GEINFEKTEER?

Die longe is die eerste orgaan wat geinfekteer word Daarna mag die maag, bene, brein en ander organe geaffekteer word

Advertisement

As 'n persoon die lugdruppels inasem van 'n TB-positief mens wat hoes nies lag of praat SIMPTOME

HOES/ BORSPYN KOORS GEW GSVERL ES NAGSWEET MOEGHE D VERLAAGDE EETLUS

WANNEER MOET EK KLINIEK TOE GAAN?

As jy enige simptome ontwikkel As jy saam met iemand woon of werk wat TB het Elke twee weke om jou medikasie te kry

As jy enige newe-effekte kry van die medikasie

Elke vier weke kom 'n nuwe groep studente van die Universiteit van Stellenbosch vir 'n rotasie in Primêre Gesondheidsorg na die Swartland Hospitaal op Malmesbury.

Elke jaar word 'n Gemeenskapsgeoriënteerde Primêre Gesondheidsorgprojek deur dié studente gefasiliteer.

Ná ondersoek in die gemeenskap ingestel is, is besluit dat vanjaar se projek sal fokus op die bevordering van die gemeenskap se kennis oor tuberkulose (TB).

Tuberkulose is 'n bakteriële infeksie wat hoofsaaklik die longe, maar ook in ander gevalle ander organe raak.

Mycobacterium Tuberculosis, die bakterieë, is ontdek in 1882, maar die siekte is alreeds in 3300 jaar oue geskrifte wat in Indië ontdek is, beskryf.

Wat moet jy weet?

TB is baie algemeen in SuidAfrika en veral in die Wes-Kaap. Volgens die Wêreldsgesondheid Organisasie (WHO) is daar gedurende 2018 in Suid-Afrika 64 000 mense oorlede aan TB en 301 000 het die siekte opgedoen. Die grootste deel van die bevolking in die WesKaap is alreeds aan TB blootgestel, maar is dit slegs 'n klein persentasie wat aktiewe TB ontwikkel en dus simptome het en aansteeklik is. Enige persoon kan aktiewe TB ontwikkel, maar dit is aansienlik meer algemeen in diegene met verswakte immuniteit, of wat saam met iemand woon of werk wat TB het. Dit versprei deur klein druppeltjies in die lug wanneer 'n persoon met aktiewe TB hoes, sing of praat.

Algemene simptome van aktiewe TB is 'n hoes wat vir langer as drie weke aanhou, slym of bloed wat uitgehoes word, erge moeg- heid, nag-sweet (tot jou lakens sopnat is), gewigsverlies en 'n verlaagde eetlus. Hoe kan die verspreiding van TB verhoed word?

•Kinders moet hul BCG-inenting met geboorte ontvang (dit voorkom erge komplikasies van TB in kinders).

•Bedek die mond en neus wanneer u hoes of nies.

•Maak vensters oop in beknopte vertrekke vir goeie ventilasie.

•Maak seker dat vertrekke natuurlike lig kry deur die dag.

•Gaan dadelik kliniek toe indien u simptome ontwikkel en neem u medikasie getrou (Ná twee weke van behandeling is die pasiënt nie meer aansteeklik nie).

Behandeling behels gewoonlik die neem van antibiotika vir ses maande. Dit is baie belangrik om die hele kursus te voltooi, al voel 'n pasiënt beter na die eerste paar weke van medikasie.

Die TB-bakterie is spesiaal aangepas om in die menslike liggaam te oorleef. Dus is dit nodig om medikasie vir die voorgeskrewe tydperk te neem om die bakterie heeltemal uit te wis.

Wanneer 'n kursus nie voltooi word nie, kan die weerstandige bakterie oorleef en vermeerder.

Dit lei tot 'n infeksie wat sterker medikasie en langer behandeling nodig het om die weerstandige bakterie dood te maak.

Bronne wat nageslaan is:

1.https://www.cdc.gov/tb/topic/ basics/default.htm

2.https://www.who.int/health-topics/tuberculosis#tab=tab_1

3.https://www.tbalert.org/ about-tb/what-is-tb/prevention/

Uitslae | Results | Uitslae | Results

Melt Smit 11:33:08; 3 Johan van Aswegen

11:35:58; 4 Henna & Melt Smit 11:45:22;

5 Henna & Melt Smit

11:45:29 1; 6 Singleton Hokke 11:47:07; 7 John

En Marietjie 11:52:34;

8 Henna & Melt Smit

11:54:00; 9 KB en Seun

11:54:39; 10 Singleton Hokke 11:55:40

Riebeeck Vallei Wedvlug Klub Leeu Gamka – 10 Junie 1 Mentoor Hokke

13.57.49; 2 Truter Hokke

9 Johan van Aswegen 11:44:01; 10 John En Marietjie 11:44:59

Laingsburg Ope 1 1 Singleton Hokke 11:28:09; 2 Henna &

13.59.35; 3 Mentoor Hokke 14.06.28; 4 Alex Family Lofts 14.12.33; 5 Mercy Hokke 14.12.48; 6 Truter Hokke 14.15.18; 7 Mentoor Hokke

14.20.14; 8 Alex

TE KOOP For Sale

Wil jy jou voertuig verkoop! Kontak 079 6715425 vir beste pryse

GELUKWENSING Congratulations

15 Junie – JOLENE WILLIAMS – Geseënde verjaardag. Ons wens en gebed is dat die nuwe lewensjaar veel persoonlike geluk, vreugde en voorspoed sal bring. Lekker verjaar – Jou liefste Moeder en die familie

MEMORIUM In Memoriam

18 Junie – WILLIAM MANUEL (PINNOCHIO) Reeds 5 jaar van ons geskei. Ons Koester die mooi herinngeringe en sal jou nooit vergeet. Liefde – Ma, suster, broer en Manuel familie

Baie geluk met jou 21 ste verjaarsdag op 12 Junie BRIGITTE. Mag God jou ryklik seën en geniet jou dag. Van: Katrina en Chantal

13 Junie - ASHLEY-JUNIOR BERNETT (AJ) - Vandag is jy twee handjies vol. Mag Liewe Jesus jou nog klompe handjies vol liefde, vreugde en vrede gee met hope seëninge. Ons is baie lief vir jou – Almal in die huis

16 Junie – MERVYN MANUEL – Baie geluk met jou verjaardag. Geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar. Alles wat mooi is wens ons jou toe. Baie liefde – Ma, suster, broer en die breë familie

14 Junie – APOSTEL LASERUS KORDOM – Baie geluk met u verjaardag. Mag goedheid en guns u volg al die dae van u lewe. Van: Sr Anna en Vision of Christ, Holy spirit Mission International Gemeente

This article is from: