
1 minute read
Praktyk toegewyd tot hulp aan gemeenskap
In 'n toewyding tot die verbetering van die geestelike en fisieke welstand van die gemeenskap, spesialiseer 'n plaaslike terapiepraktyk in gesondheidsorg.
Die span is passievol oor die versorging van kinders en volwassenes, met 'n fokus op die geestelike welstand asook algehele gesondheid deur goeie dieetkunde.
Christelle Fouché het vier jaar gelede besluit om 'n multidissiplinêre praktyk op die been te bring, sodat al die professionele kundiges saam kon werk om so die gemeenskap optimaal te help.
Christelle, Laura Calitz, Heinrich Benjamin, Devea Padayachee, Annika van Rooyen, Simone Nel, en Elna Dürr is elkeen bedrewe in 'n spesi- fieke area van gesondheidsorg.
Christelle bied berading aan vir kinders en ouers, terwyl Laura dieetkundige dienste verskaf. Heinrich en Devea is betrokke by die geestesgesondheid van tieners en volwassenes.
Annika bied remediërende bewegingsterapie vir kinders met leeruitdagings, terwyl Simone arbeidsterapie aanbied vir kinders en ouers. Elna is 'n gespesialiseerde gesondheidsberader vir kinders en volwassenes.
Die praktyk se besigheidsure varieer na gelang van die individuele praktyk, maar gemiddeld werk hulle van 8:00 tot 16:00.
Vir meer inligting of om 'n afspraak te maak, kan die praktyk gekontak word by 064 503 1518 of per e-pos by mytherapycentreck@gmail.com.
