4 minute read

Media Centre

Zac Theron

Education is critical for children and teenagers to develop fundamental skills and learn new information. It teaches them life skills, the ability to problem solve, and even how to socialise. Teenagers frequently require stimulation while allowing for trial and error to learn effectively. Because of this, providing them with an environment that aids in their learning is critical.

Advertisement

The importance of contemporary media centres cannot be understated. Media centres are similar to libraries, but they take a more modern approach to learning: they teach teenagers basic skills and teach them to focus on their education.

With technology becoming ever more prevalent, and education maintaining a priority in the lives of developing teenagers, it is now easier than ever to provide a personalised learning environment for most students. Education standards are changing more than ever before with each new generation of youngsters entering the school system; for example: the Department of Basic Education (DBE) intends to implement a Grade 9 General Education Certificate (GEC), which will provide students with some type of qualification before matric. Another one of the primary plans is to make Grade R completion mandatory in South African schools, with the government seeking to boost reading and mathematics performance as children enter the system of education sooner. Is it then not preferable for your child to learn according to a method that supports them, rather than hindering them?

Based on a student's preferred learning method they can learn in a variety of ways. Face-to-face learning, online video conferencing, voice conversations, and even text-based communication are all possibilities. All one needs to do is learn how someone understands something best, and the finest education possible can be provided.

Physical interaction is one of the major arguments for the significance of a contemporary media centre. While media centres provide a tranquil environment for concentrating and focusing on academics, they are also excellent locations for bringing the entire class together – allowing teenagers to learn about their subjects both visually and physically. Whether it's working on a scientific project or practising spelling, it's comforting to know that contemporary media centres give room for children to learn in a way other than traditional reading.

Do yourself a favour and use the J.F. Marais Media Centre at our school. There’s lots to do like reading a book, doing homework or a project, playing board games, exploring virtual reality; and you can even just hang out.

Alhoewel Afrikaans nie ’n keusevak is nie, kan almal saamstem dat dit menige keer makliker sou wees as Saul net op die Pictor gebly het en as tannie Dalene nie so baie aan sirkels gedink het nie.

Gepraat van sirkels, IGO is ook nie meer die lekker, rustige vak wat dit was nie. Die graad 10’s se lyne is nou skewer as ooit. Van ’n normale sirkel tot ’n ellips tot ’n raakboog tot ’n passer sonder lood.

Al die leerders was opgewonde oor hulle eerste IT-les, maar toe hulle besef hulle sit eintlik in ’n ekstrawiskundeklas, het RTT al hoe aanlokliker begin lyk. Maar sit sal hulle sit, want die rekenaarlokale is die enigste klaskamers in die skool met lugverkoeling.

Jy beter net hoop jou IT- of RTT-periode is nie gedurende beurtkrag nie, want dan verander daardie legendariese lugverkoelde kamer in ’n krematorium. En die feit dat net een van die vensters kan oopmaak, help nie veel nie.

Maar as die graad 10’s verby al die kronkels in die pad kyk en hulle weer onthou hoekom hulle Paul Roos as ’n hoërskool gekies het, raak die warm klaskamers net so ’n bietjie koeler en die moeilike toetse darem effens makliker. En dan lyk dit vir hulle asof hierde jaar een vir die boeke gaan wees.

Het jy finansiële beleggings?

Francois Dercksen

Die skep van ’n finansiële plan is uiters belangrik vir enige persoon wat finansiële sukses wil beleef. Maar hoe begin mens met só ’n plan? Beleggings is ’n uitstekende beginpunt.

Beleggings het, selfs vir skoolleerders, verskeie voordele. Dit is voor die hand liggend dat jy geld kan maak uit aandele, maar die voordele is nie beperk tot wins nie. Beleggings leer leerders finansiële verantwoordelikheid. Deur moeilike besluite te maak en die resultate daarvan dop te hou, ontwikkel belangrike vaardighede wat baie nut vir die toekoms inhou. Vir leerders wat ’n toekoms in die wêreld van besigheid oorweeg, kan beleggings goeie blootstelling en ervaring bied ten opsigte van besighede, industrieë en ekonomieë. Goeie gewoontes, soos dissipline, geduld en ’n langtermynuitkyk wat lewenslank voordelig is, word ook gevestig.

Beleggings bied toegang tot kapitaalgroei met samegestelde rente, en soos Albert Einstein gesê het: “Saamgestelde rente is die agste wonder van die wêreld. As jy dit verstaan, verdien jy dit; indien nie, betaal jy dit.” Hoe vroeër jy met ’n spaarplan begin, hoe beter. Wanneer jy in die toekoms fondse vir noodsaaklikhede benodig soos ’n voertuig, universiteitsgelde of ’n huis, sal fondse in beleggings beskikbaar wees en jou help om hierdie belangrike items te kan bekostig.

Daar is verskeie maniere om jou geld te belê; ’n deposito of spaarrekening in die bank is die mees algemeen. Die bank is ’n eenvoudige en betroubare manier om jou geld teen ’n rentekoers te belê en dit bied ook ander voordele soos bank- dienste. Is jy egter tevrede met die bank se relatiewe lae rentekoers? As inflasie in ag geneem word, sal die bank se rente nooit ’n werklike wins genereer nie. Dus moet ander beleggingsopsies oorweeg word om werklike kapitaalgroei te verseker.

Waar begin ’n mens met jou beleggingsplan? Aandele is ’n goeie beginpunt aangesien daar ’n breë mark met diverse geleenthede is en jy enige bedrag as aanvangskapitaal kan gebruik. Alhoewel aandele die potensiaal het om groter wins as bankrentekoerse te lewer, kan dit ongelukkig ook tot groot verliese lei. Daar is dus ’n mate van risiko, maar risikovlakke wissel afhangend van die tipe aandele waarin jy belê. Sekere langtermyngroei-aandele sal ’n meer betroubare wins lewer, maar teen ’n laer persentasie groei oor tyd. Die teenoorgestelde geld vir risiko-aandele soos kriptogeldeenhede (“Crypto”) wat oornag kan verdubbel of halveer. “Crypto” is uiterse hoërisikobeleggings. Moderne aandeelhandelsplatforms, soos EasyEquities, maak dit maklik en eenvoudig genoeg dat enige iemand kan begin belê.

’n Goeie en gediversifiseerde beleggingsportefeulje is noodsaaklik vir finansiële sukses. ’n Grondige kennis van beleggingsopsies en die werking daarvan is onontbeerlik. Almal behoort ’n aandeel in die wêreld van beleggings te hê. PRG-leerders het die geleentheid om vir ’n JSE-aandelekompetisie in te skryf, maar sal dit nie ook nuttig wees om beleggingskennis deel van die basiese onderrigplan te maak nie? Sal dit nie sinvol wees om in LOR hiervan te leer nie? Wat as ons by oudleerders wat suksesvolle sakemanne geword het, leer? Die geleenthede is legio; jy moet dit aangryp en jou eerste belegging maak.

This article is from: