2 minute read

Die Gerrie Berner-tennistoernooi: Altyd 'n uitdaging

Next Article
The Great Debate

The Great Debate

tennisafrigter, is in ’n klas van sy eie wat wysheid, kundigheid en analitiese strategiese beplanning betref. Hy verklaar dat beide spanne uiters mededingend is en dat die uitslag op ’n mespunt was, maar hierdie keer het Grey koning gekraai.

Oom Swannie en sy spelers sal in die komende maande hard werk om voor te berei vir onder andere die Kearsney College Toernooi. Miskien loop die PRG-span weer vir Grey College raak … Hulle gaan beslis nie lus wees om weer tweede te kom nie!

Advertisement

WÊRELDKLAS-BERGFIETSRY IN ONS AGTERPLAAS

Willem Visagie

Paul Roos Gimnasium was die gasheer van die eerste nasionale en provinsiale rondte van die XCObergietsryresiese van 2023 en dit het aanhangers vir seker nie teleurgestel nie. Op 3 tot 5 Februarie het dit behoorlik op Coetzenburg gegons met fietsryers, beamptes en ondesteuners net waar jy kyk.

werk om die baan in ‘n perfekte toestand te kry. Daar is ook gewoeker om stalletjies, tegniese hulpareas, ens. gereed te kry. Dit was egter nie net die professionele ryers wat die voorreg gehad het om op dié uitdagende baan te ry nie — van die 9-jarige Nippers tot die 50-plussers het hul kans gekry. Paul Roos is goed verteenwoordig. Die versengende hitte het bygedra tot ’n uitdagende, uitmergelende ondervinding en ryers moes diep delf om klaar te maak.

Paul Roos het vanaf 16 tot 18 Februarie die Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi vir die 18de keer aangebied. Dit word algemeen beskou as die mees kompeterende tennistoernooi in Suid- Afrika en die land se topskole wedywer om met die gesogte trofee weg te stap. Die enigste skole wat dít nog kon regkry, was Paul Roos Gimnasium en St. Stithians. Grey College het egter hierdie jaar daarin geslaag om PRG se vyf-jaar-wenrekord te beëindig en só die derde skool ooit te word wat met hul naam op die trofee kan spog.

Uithalertennis is deur die PRG o. 19span gespeel ten spyte van die sterk suidoostewind wat speeltoestande bemoeilik het. Die span het bestaan uit Willem de Waal, Pieter Kotzé, Leonardo Sola, Jake Downie, Echard de Kock, Divan Prinsloo en Xander Pienaar.

Hulle het tydens die uitdunrondtes geseëvier oor King Edward School (70), St. Stithians (7-0), Westville Boys High (6-1), Oakdale Landbou (6-1) en ook die sterk span van Paarl Boishaai (4-3) geklop. Die semifinaal teen Hoërskool Outeniqua het aan PRG nog ’n oorwinning (4-0) besorg, waarna hulle in die finaal teen die begeesterde span van Grey College te staan gekom het.

Die finaal tussen PRG en Grey was spanningsvol. Die Paul Roos-span het aanhou veg, maar naelskraap verloor en moes met die silwer medalje tevrede wees. Hoërskool Outeniqua het uiteindelik die derde posisie verower.

Gerrie Berner, die legendariese gewese tennisafrigter van PRG, na wie hierdie toernooi vernoem is, was alombekend vir sy gebalanseerde beskouing van sport en die lesse wat wen en verloor ’n mens leer. Jacobus Swanepoel (ook bekend as oom Swannie), die huidige

PRG se eerste tennisspan se konsekwente goeie spelpeil om die finale rondes van toptoernooie te haal, kan nie deur enige ander span in SuidAfrika geëwenaar word nie. Die Gerrie Berner Toernooi was ook net een van drie tennistoernooie waaraan PRG daardie week deelgeneem het. Die tweede span het in Nelspruit gewen en die derde span het in Cradock ook die finaal gehaal. Dit wys dat PRG se tennisspanne uitstekende diepte het en dat die laer spanne selfs ander goeie skole se eerste spanne kan uitdaag en wen.

Ten spyte daarvan dat die eerste span nie die wenrekord kon volhou nie, kan elke Paul Rooser trots wees op sy skool se toptennisspan. Dit behoort ’n interessante jaar op die tennisbane te wees — PRG se spanne wen steeds verskeie toernooie en ander skole gaan beslis probeer om hulle te onttroon. Moenie jou oog van die bal afhaal nie; netnou mis jy ’n tennisjaar wat nog in die geskiedenisboeke aangeteken sal word.

This article is from: