
1 minute read
Die Graad 8-toets
Jo van Rooyen
Die oriënteringsweek speel ’n groot rol in elke Paul Rooser se lewe. Op die Dinsdag is jy onseker, bang en onbewus daarvan dat jy die Vrydag ’n toets sal moet skryf. Elke Paul Rooser weet waarvan ek praat: Die “Graad 8-toets”.
Advertisement
Wat gebeur as jy dié toets druip? Jy kan die moontlikheid om ooit jou das te kry, vaarwel roep. Of so dink die graad 8’s. Die leerlingraad het die snaaksste antwoorde versamel en die Semper-span het besluit om dit te publiseer. Sit terug, lees lekker en geniet die verregaande antwoorde waarmee die graad 8’s vorendag gekom het.
Q: Wie is die huidige rektor van Paul Roos Gimnasium?
A: Rektor André Bekker
A: Mr Loveshank
A: Helen Zille
Q: Which Paul Roos Old Boy played in the 2019 Rugby World Cup?
A: Riley Norton
A: Max Mossop
A: Hattingh Nel and Joshua Acker
Q: How much does Joshua Acker bench?
A: 230 kg
A: 50 kg
A: 69 tons
Q: How do you tell the difference between Paul and Cosmo Enthoven:
A: Paul was a rector and Cosmo is a rugby player.
A: Paul has blue eyes and Cosmo likes spaghetti.
A: Paul is the current rector and I don’t know who Cosmo is.
Ian Lubbe
Die graad 10’s van 2023 het uiteindelik hul debuut as seniors van die skool gemaak. Maar met belangriker rolle kom meer verantwoordelikhede en moeiliker take om aan te pak. Saul Barnard, die faktorisering van vierterme en daardie lastige FWen LW-klastoetsies gee ’n mens behoorlik grys hare. En alhoewel die pad vir die meerderheid leerders gelyk is, is daar steeds ’n paar kronkels wat die ander moet oorkom.
Die mees prominente kronkel is natuurlik vakkeuses. In graad nege is dié onderwerp baie ligtelik opgeneem. Maar noudat die graad 10’s se besluite ’n realiteit geword het, verlang die meeste na die vleispotte van Egipte en diegene wat nie vleis eet nie, smag na ’n slukkie water om die knop uit hulle keel te kry.
FW is hoog op die lys van besluite wat berou word en die alom-