
3 minute read
Nuwe Onderwysers by Paul Roos
Jo van Rooyen
Nadat PRG verlede jaar ’n hele paar groot name op die personeellys gegroet het, het daar vanjaar vele nuwe gesigte by die maroen familie aangesluit. Hulle is: me. Bjorn Walters, mnr. Jandré de la Harpe, mnr. Deon Botes, me. Emsie de Lange, mnr. Josh Raymer, mnr. Drikus Hoffman, me. Lizerie van Rooyen, me. Theresa Viljoen, mnr. Xander Labuschagne en mnr. Sterrenberg Smit.
Advertisement
Me. Bjorn Walters
Mnr. De la Harpe sluit by Paul Roos as ’n lid van die IGO-vakspan aan. Hy het in Roodepoort grootgeword en aan Hoërskool Noordheuwel gemartikuleer. Mnr. De la Harpe het sy graad aan die Universiteit van die Noord-Wes verwerf en sy nagraadse diploma in besigheidsbestuur deur die NWU se besigheidskool voltooi. Mnr. De la Harpe het sy onderwysloopbaan by Study Xpress, ’n privaat skool in Potchefstroom, begin.



Mnr. Deon Botes gematrikuleer en sy graad by Tukkies in Pretoria verwerf. Hy het vir die laaste 25 jaar by Affies skoolgehou en ook krieket daar afgerig. In sy vrye tyd hou mnr. Botes daarvan om gholf te speel, te draf en te gaan wynproe.
Me. Emsie de Lange naaldwerk te doen en te brei terwyl sy en haar man enige sport, van Formule 1 tot Engelse sokker kyk.
Mnr. Josh Raymer
PRG verwelkom mnr. Hoffman by die Fisiese Wetenskappe-department. Mnr. Hoffman het in Amanzimtoti, ’n dorp suid van Durban, grootgeword. Hy was vir sy hoërskoolloopbaan in die koshuis by Maritzburg College waar hy gematrikuleer het. Mnr. Hoffman het sy graad by die Universiteit van Stellenbosch verwerf en vir die laaste tien jaar by sy alma mater skoolgegee. Mnr. Hoffman geniet dit om tyd saam met sy drie klein seuntjies en sy vrou deur te bring. Verder geniet hy dit om te oefen, te gim en te draf. Me. Lizerie van Rooyen



PRG verwelkom me. Walters wat in 2023 in ’n voltydse hoedanigheid by die skool aangesluit het. Juffrou Walters het in Durbanville grootgeword en haar matriekjaar deur tuisonderrig voltooi. Sy het al verskeie prestasies in kuns en musiek by die Tygerberg Kunssentrum en die Hugo Lambrechts Musieksentrum behaal. Sy het ook haar graad 8-viooleksamen geslaag. Me. Walters het ’n B.Mus-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en haar nagraadse musiekgraad cum laude verwerf. Sy het haar proeftydperk verlede jaar by Paul Roos voltooi en besluit dat dit die skool is waar sy graag eendag wil werk. In haar vrye tyd geniet juffrou Walters branderplankry, moderne dans en om binnenshuise plante te kweek. As sy nie by die see is nie, speel sy oor naweke as ’n professionele violis of beoordeel gimnastiekkompetisies as ’n WP-beoordelaar.
Steffan Thielen
PRG verwelkom mnr. Botes as ons hoofkrieketafrigter en ons is baie geëerd dat so ’n ervare sportman en onderwyser nou deel van die maroen masjien is. Mnr. Botes het grootgeword in Gingindlovu, ’n klein dorpie in Zoeloeland. Mnr. Botes het aan Hoërskool Empangeni
Paul Roos kan baie gelukkig wees dat dié hoogs ervare Lewensoriëntering-onderwyseres by die maroen masjien aangesluit het. Me. De Lange het in Alberton grootgeword en het aan die Universiteit van Johannesburg haar BCom(Ed)-graad voltooi en toe deeltyds haar honneursgraad in Opvoedkundige Sielkunde verwerf. Me. De Lange het al by verskeie skole klas gegee, insluitend ’n skool waar sy besef het dat daar regtig leerders is wat honger skool toe gaan. Sy het verder ook by haar alma mater gewerk, en daarna het sy haar twee kinders grootgemaak. In 2009 het sy by York High School begin, waar sy betrokke was by verskeie aktiwiteite en sy het Lewensoriëntering en Besigheidstudies gegee. Juffrou De Lange is baie passievol oor haar beroep, en dit is baie duidelik as jy by haar klas het. Vir haar is onderwys meer as net kennis oordra; dit is die ontwikkeling van elke leerder op verskeie vlakke. Dit maak haar vreeslik trots om te sien hoe leerders aktiwiteite doen en sukses bereik wat hulle nooit gedink het moontlik sou wees nie. In haar vrye tyd hou juffrou De Lange daarvan om
Mnr. Raymer sluit by Paul Roos aan as ’n sportkondisioneringsafrigter en ons glo dat hy ’n positiewe bydrae tot ons skool se puik sport sal lewer. Hy het in George grootgeword en aan York High School gemartikuleer. Tydens sy skooljare was die hokkiewedstryd teen PRG altyd een van sy gunstelinge. Ná matriek is mnr. Raymer na die VK vir ’n oorbruggingsjaar waar hy by ’n skool gewerk het en deur Europa gereis het. Daarna het hy by die Universiteit van Stellenbosch sy honneursgraad in sportwetenskap saam met mnr. Wolfaardt voltooi. Hy bring graag tyd saam met sy vriende deur en geniet avonture in die berge. Hy hou ook van die see, sport en koffie.
Mnr. Drikus Hoffman