
1 minute read
Current Affairs | Aktueel
PRG-oriënteringsweek: Hoekom is dit so belangrik?
Jo Van Rooyen
Advertisement
Paul Roos Gimnasium se oriënteringsweek word beskou as een van die belangrikste weke in ’n Paul Rooser se lewe. Dit is wanneer ’n onseker, tog arrogante, laerskoolkind ’n metamorfose ondergaan en in ’n jong seun met selfvertroue verander om ten einde die beste vyf jaar van sy lewe te beleef. Die menseregtewette is egter onlangs weer in Suid-Afrika herevalueer en daar is baie klem geplaas op wat tydens sulke oriënterings- tydperke mág gebeur. Hierdie week is te belangrik in die vorming van ’n Paul Rooser se karakter en dit kan nie weggegooi word nie. Dit is ’n week wat bepaal of die Paul Roosgees van die matrieks na die graad 8’s oorgedra sal word. Dit is ’n belangrike en moeisame prose wat reg gedoen moet word omdat ons skool se toekoms daarop rus.
Tydens hierdie week ondergaan die graad 8’s baie uitdagende tye wanneer hulle moet deurdruk en saamstaan om in een stuk die moeilikheid te oorkom. Ek glo dít is die oriënteringsweek se hoofdoel. Nie net om ons nuwe groentjies te leer van ons tradisie en gees nie, maar ook om hulle te laat saamstaan in moeilike tye om die ware en hegte broederskap waarmee ons instansie altyd spog, te vorm. Dit is gebaseer op die beroemde les: "Adversity forms tight bonds".
Verder word die belangrikheid van die week beklemtoon wanneer die graad 8’s geleer word om trots te wees op hulle voorkoms, hul skool se voorskoms sowel as hulle gedrag. Jy word geleer dat deelname aan een van die vele aktiwiteite wat by Paul Roos aangebied word, ’n belangrike deel van ons skool is. Dit maak nie saak of jy in die eerste rugbyspan of in die laaste hokkiespan is of e-sport speel nie, al wat saak maak is om by te dra tot Paul Roos se sukses en ’n rat in die Maroen Masjien te wees. Die week is werklik die belangrikste week in ’n Paul Rooser se lewe. Dit is die begin van ’n nuwe broederskap wat gebou word om ’n sterk fondasie van PRG-waardes te lê. Om die Paul Roos-das en -kep te ontvang is ’n mylpaal en teken van die begin van die beste vyf jaar van jou lewe. Dít is hoe die Paul Roos-gees en die hart van die maroen baadjie voortleef.