
5 minute read
Seisoene in die Son - Negester Klein Kariba
from Plaastoe Edition 28
by Plaastoe
Negester Klein-Kariba: Seisoene in die son
Die eerste tekens is reeds sigbaar. Die son verdwyn saans ál vroeër agter die stad se wolkekrabbers en soggens is daar ’n byt in die lug wat amper ’n trui of baadjie oor die skouers regverdig. Dís wanneer die oop stiltes van die Bosveld begin roep. Nie net is die klimaat effens matiger nie, maar die okergeel-, olyfgroen-, en oranje-rooi-herfspalet van die Waterberge is ook iets om te aanskou.By Negester Klein-Kariba, ’n beveiligde en volhoubare leefstyllandgoed in die Bela-Bela-omgewing, kry jy dit alles én meer. Met die ATKV as gemoedsrusontwikkelingsvennoot en aangrensend tot die Klein-Kariba-vakansieoord, val Negester Klein-Kariba so reg in die vyftigplusser-groep se kraal. Hoewel hierdie leefstyl-landgoed in die hartjie van die Bosveld geleë is, geniet inwoners steeds die nabye toegang van eersteklaswinkels, ’n privaathospitaal, topklasgholfbane en verskeie natuurreservate.Trouens, die vraag na Negester Klein-Kariba se voltiteleiendomme is só groot dat ’n nuwe fase vrygestel word om aan die groeiende vraag te voldoen.
Advertisement
MOOI ÉN MODERN
Dis goed en wel om saam met die tye te beweeg, maar nooit ten koste van tradisie nie. Daarom bly die ontwerpstyl van Negester Klein-Kariba getrou aan die Laeveld se kenmerkende plaasargitektuur, en versteur die estetika van hierdie 83 haleefstyl-landgoed geensins die natuurlike skoonheid en ryk dierelewe van die Bosveld-bioom nie.
204 voltiteleiendomme is reeds verkoop en 266 erwe is ten volle gediens. Die ontwikkeling is in volle swang met 122 voltooide huise en 25 in aanbou. Pryse van die voltitelerwe begin by R386 325 en huisgroottes wissel tussen ±104 m² en 250 m². Erfgroottes wissel tussen 250 m² en 728 m². Goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragkoste vorm deel van die erfpryse. Vir kopers met ’n fyn oog vir ’n belowende beleggingsgeleentheid word daar ook duette
aangebied. Duette met standaardafwerkings se pryse begin by R895 000, is 77 m² groot, en sluit ’n stoepie van 9 m² sowel as ʼn motorafdak van 18 m² in.Soos genoem is ’n nuwe fase, Fase 4B, so pas vrygestel om selfs ’n groter verskeidenheid erwe aan kopers te bied. Hierdie fase se 27 erwe word tans ontwikkel en dienste behoort teen einde Julie 2019 ten volle geïnstalleer te wees. Pryse van dié voltitelerwe begin by R776 160.In 2019 is ouderdom lánkal nie meer ’n barometer van lewenslus nie! Met uitstekende sportfasiliteite soos tennisbane, jukseibane, ’n swembad, en ’n minigholfbaan, is daar verskeie opsies om liggaam en verstand soepel te hou. ’n Klubhuis word ook in die nabye toekoms gebou, wat ’n veeldoelige saal, biblioteek, haarsalon, én ’n sitkamer met dameskroeg gaan insluit.
WEES GERUS
Wanneer die onvoorsiene gebeur, gaan jou gesondheid in uitstekende hande by Negester Klein-Kariba se moderne mediesesorgsentrum wees, wat binnekort in werking gestel gaan word. Die sorgsentrum beskik oor vier verswaktesorgeenhede wat 12 beddens kan akkommodeer. Tuisversorging word as ʼn standaardopsie, deur Medwell, die mediesesorgdiensverskaffer, aangebied. Hulle beskik ook oor ’n praktyknommer wat beteken dat eise en kosteverhalings in sommige gevalle namens inwoners behartig kan word. Allesin-een-gemoedsrus!
OPSKUD
Vanweë die vraag na ’n stukkie Bosveld-paradys, is hierdie leefstyl-landgoed reeds ’n swak bewaarde geheim. So, opskud! Kom ervaar ’n nuwe sonskynseisoen by Negester Klein-Kariba.Vir eiendomsnavrae, besoek Negester Klein-Kariba se webtuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of stuur ’n e-pos na info@negester.co.za of skakel hulle by 014 736 2388.















