6/7 DESEMBER 2012 14 17
1 13
18 20
:
Lewensstylontwikkeling van R70 m D
ie hoogliggende oostelike dele van Somerset-Wes is oorgehaal vir sterk eiendomsgroei met ’n reuse-ontwikkeling van R750 miljoen wat eersdaags daar gaan verrys. Die eerste fases is reeds van paaie en omheining voorsien met oordragte wat na verwagting al teen einde Januarie sal plaasvind. Die lewensstyl-ontwikkeling van sowat 200 wonings, wat as The Somerset Lifestyle & Retirement Village bekend sal staan, is op sowel die aftree- as residensiële mark gerig en is die eerste in Suid-Afrika om ten volle aan die South African National Standards (Sans) se nuwe bouregulasies vir doeltreffende energieverbruik te voldoen. Die regulasies vereis dat daar onder meer van dikker en beter gehalte glas gebruik gemaak moet word, asook sonverhitting van water en isolering van vloerverhitting op so ’n wyse dat minder energie verlore gaan. Die projek van 16 hektaar, wat tans as van die grootste in die Helderberg-omgewing beskou word, word in agt fases beplan met die eerste drie wat reeds van paaie voorsien is en gereed is vir verkoop. Vyf van die fases is al van gesofistikeerde geëlektrifiseerde omheining voorsien, terwyl fase vier en vyf tans van paaie besorg word. Nog drie sekuriteitsontwikkelings aangrensend tot The Somerset word beplan, wat die totale getal nuwe wonings vir die omgewing uiteindelik op sowat 600, met ’n waarde van R1 miljard, te staan sal bring. Die ontwikkelaar, Okkie Potgieter van Westacre Property Group, sê dat kopers in die algemeen drie vrae moet vra wanneer ’n transaksie oorweeg word – wie is die ontwikkelaar, die ligging en die omgewing. In die geval van The Somerset gaan die ontwikkeling deur die Cape Peninsula Organization for the Aged (CPOA) bestuur word. Die organisasie besit tans 22 aftree-oorde in die Wes-Kaap en bestuur ’n verdere 16 oorde. The Somerset sal die organisasie se vlagskip-oord wees. Westacre self is reeds vir 25 jaar in die Somerset-Wes en omgewing bedrywig en is ver-
WOONSTELLE
2013
’n Argiteksvoorstelling van eenhede in die Somerset Countrylandgoed antwoordelik vir meer as 700 woongeleenthede in die gebied. The Somerset sal die eiendomsgroep se twintigste ontwikkeling wees. Rakende die ligging, gaan die ontwikkeling aanstaande jaar aangevul word met ’n sakenode wat onder meer sal bestaan uit ’n winkelkompleks van 6 000 m². Die hoogliggende aard van The Somerset bied ’n asemrowende uitsig wat van Gordonsbaai, Valsbaai, Tafelberg in die verte en Helderberg strek. Martina le Roux-Cloete, die argitek van Dennis Moss Vennootskap op Stellenbosch, het gesê met die konseptualisering en ontwerp van The Somerset is die beginsels van kritiese regionalisme geïmplementeer. Dit behels ’n gevoel van plek en betekenis om aan die plaaslike klimaat, topografie, plantegroei, boumateriale en boupraktyke beslag te gee en dit met tradisionele elemente van
STELLENBOSCH
PHOTO: SUPPLIED
Kaapse streekargitektuur te harmoniseer. Volgens Potgieter bied The Somerset ’n verskeidenheid uitstaande kenmerke. Vir eers is dit taamlik uniek omdat dit twee soorte eiendomsreg bied. Daar is’ n verskeidenheid van een- en tweeslaapkamer-woonstelle en -kothuise wat onder lewensreg aangebied word en kleiner, middelslag- en groter woonhuise onder eietitel. Dit stel die groep in staat om op sowel die bekostigbare deel van die mark as die meer luukse deel te fokus. Eietitel-wonings word vir tussen R2,3 miljoen en R5 miljoen bemark op erwe tot 500 m² en huise tot 245 m². Kothuise wissel tussen 90 tot 157 m² vir R1,8 miljoen tot R2,8 miljoen en woonstelle van R1,2 miljoen tot R2,2 miljoen met eenslaapkamer-woonstelle wat 49 m² groot is en tweeslaapkamer-woonstelle 85 m² met motorhuis. Voorts is daar ook geen teerpaaie nie, maar
STELLENBOSCH
R3 100 000
eerder ineengeskakelde plaveisel om latere ondergrondse werke onopsigtelik te maak. Die klubhuis is besonders in die sin dat dit ’n verhitte swembad en gimnasium het,asook ’n TV-, stokperdjie- en konferensiekamer. Daar is selfs ’n kapelletjie vir geloofsbeoefening. Die ontwikkeling sal ten volle van optiese veselkabels voorsien wees om gratis interne kommunikasie tussen huise en die klubhuis moontlik te maak. Dit bring mee dat alle wonings deur ’n enkele TV-skottel van ’n sein voorsien sal word. Sekuriteit sal van ’n uiters hoogstaande gehalte wees met sekuriteitswagte wat met behulp van ’n satelliet gemonitor word om te verseker dat alle veiligheidsrondes deurgaans gedoen word. Vir meer inligting bel vir John Warmenhoven by 021 852 6153 of 074 130 8703 of e-pos hom by john@westacre.com
R3 400 000
SMALL HOLDING
R4 950 000
OKKUPEERBAAR Cyrus R1 550 000 Twee Pieke R1 600 000 Quarta R1 350 000 Simonsplein R1 450 000 Het Begjinhof R1 880 000 Mullerhof R 855 000 Moolmanshof 1 R1 920 000 Amatonie R1 667 000 www.annabasson.co.za STELLENBOSCH
R1 995 000
Bedrooms 3 | Bathrooms 2 | Garage 1
Cute and Cosy in prime neighbourhood
Slaapkamers 3 | Badkamers 2 | Motorhuis 1
Kantoor 021 887 4740 Renée 082 852 3910 Welgevonden 021 889 9774 Yolandé 082 579 0560
Handhaaf die sorgvry leefstyl. Puik DIE BOORD R3 R4100 895000 000 STELLENBOSCH R5 200 000 STELLENBOSCH uitsig. STELLENBOSCH
Bedrooms 3 | Bathrooms 2 | Cottages x 2
A piece of paradise in the Banghoek Valley surrounded by Mountains.
STELLENBOSCH
R4 350 000
Slaapkamers 5 | Badkamers 3 | Motorhuise 2 Bedrooms 4 | Bathrooms 2 | Garages 2 Bedrooms 3 | Bathrooms 2 | Garage 2 DE ZALZE WINELANDS GOLF ESTATE. For the Connoisseur both inside
Loopafstand van skole en winkels.
Bedrooms 4 | Bathrooms 3 | Garages 2
Ideal lock-up and go. Classy finishes throughout.
Lifestyle living at its best.
and out.
R2 350 000
STELLENBOSCH
R4 650 000
Bedrooms 4 | Bathrooms 2 | Garages 2
Bedrooms 4 | Bathrooms 2 | Garages 2
Pristine family home with all the bells and whistles.
An executive residence to be proud of.