Paarl post 26 02 2015

Page 17

PaarlPost

Promosie Promotion

26 February, 2015

17

ACVV se verrigtinge in die Paarl Met 30 lede is die ACVV Paarltak se deure op 8 Februarie 1905 geopen. Die huidige voorsitter is Anel Scheepers. Dié tak se bedieningsgebied is vanaf Devinestraat, Suider-Paarl dorpsgebied, Suid-Agter Paarl, Simondium, Lanquedoc en Pniël. Ander takke in die Paarl wat hul ontstaan gekry het uit die ACVV Paarl-tak, sluit in ACVV NoorderPaarl en ACVV Paarl Vallei. Die ACVV Noorder-Paarl-tak is op 25 Maart 1931 begin. ) ACVV Noorder-Paarl is geleë in Gimnasiumstraat, Paarl en het hul huidige gebou gekoop in 1984. Dié gebou het behoort aan die Toringkerk en was eers die kerk se pastorie. ACVV Noorder-Paarl se bedieningsgebied is verskeie plase wat strek tot verby die Drakenstein Gevangenis, Devinestraat, Pleinstraat, Denneburg en Klein Parys. Behalwe die maatskaplike dienste wat hulle bied, bied hulle ook soggens kinderversorging aan. Die voorsitter van dié tak is Nina Slabbert. ) Op 27 Mei 1942, ná die stigting

van die NG Gemeente Paarl Vallei, het die vroue van die gemeente op 6 Mei 1942 bekend gemaak dat hulle ’n eie tak wil hê en op 27 Mei 1942 is die Paarl Vallei-tak gestig. ACVV Paarl Vallei, geleë in Langstraat in Noorder-Paarl, is in 1942 gestig as die laaste van die drie ACVV-takke in die Paarl. Die ACVV Paarl Vallei se voorsitter is Anieka Malherbe. By dié tak is 16 vrywilligers asook twee maatskaplike werkers wat maatskaplike dienste lewer vanaf Pleinstraat, Paarl tot by al die plase in AgterPaarl. ACVV Paarl Vallei se dienste sluit in kinder- en gesinsorgdienste, wat onder andere behels dat hulle te doen kry met gevalle van kindermishandeling en -verwaarlosing, alkohol- en dwelmmisbruik, tienerswangerskappe, molestering van vroue en kinders en verkragting. Daar is ook statutêre dienste wat met hofsake te doen het, soos die verwydering van kinders as gevolg van verwaarlosing of mishandeling en molestering en verkragting. ACVV Paarl Vallei bied ook verskeie gemeenskapsprojekte aan

met die oog op die kind waarvoor vrywilligers opgelei word om in hul onmiddellike omgewing probleme wat kinders raak, te sien en aan te meld. Kospakkies en klere word ook aan behoeftiges gegee met die hulp van donasies wat ACVV Paarl Vallei van die publiek ontvang. ) Kinderregte-projekte word by skole aangebied. ) MIV-bewusmaking deur middel van poppekas-aanbiedings by skole. ) Vakansieklubs om leerders in die vakansie besig te hou. ) Ouerleidinggroepe vir pleegouers en biologiese ouers. ) Bejaardedagvierings om aandag aan bejaardes te skenk. ) 16 Dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Wielie Walie versorgingsoord is ook ’n diensvertakking van ACVV Paarl Vallei en bied versorging en stimulasie aan voorskoolse kinders van werkende ouers. Oase Dienssentrum vir ouer persone is ’n diensvertakking wat dienste aan ouer persone lewer. ACVV Paarl Vallei reik ook uit na die Aandblom Dienssentrum by

Van links is van ACVV Paarl Vallei se verteenwoordigers, Anieka Malherbe (voorsitter), Ilza Potgieter (bestuurder van die Oase Dienssentrum), Frouwien du Toit (onder-voorsitter), Annelé Nel (maatskaplike werker), Zirkea Stander (hoof van Wielie Walie). FOTO: LIEZL DAVIDS

Van die werkers van ACVV Noorder-Paarl is van links Neena Janse van Rensburg (maatskaplike werker), Isobel Heunis (kantoorbeampte) en Karmi Smit (maatskaplike werker). die VG Kerk Agter-Paarl asook ’n naskoolsorg by Nieuwe Drift Primêre Skool. Leerders wat nie ná skool iemand het by wie hulle kan bly nie word deur ’n versorger iets gegee om te eet en met hulle huiswerk gehelp. ) Die NG Gemeente “Die Paarl” (Strooidakkerk) het die Villeria-gebou in Zeederbergstraat vir die ACVV aangebied “om als Dorkas Huis te dien”. Die ACVV het dit aanvaar. Die gebou is op 6 Mei 1931 in gebruik geneem met 12 inwoners. Rusoord tehuis vir bejaardes is in 1957 gebou en op 25 April 1958 het die eerste 58 inwoners die nuwe perseel betrek te Devinestraat, Paarl. Die bestuur het tot die besef gekom dat daar ’n groot behoefte is vir ’n groter tuiste. In 1971 beplan die bestuur om Lentelus (’n aangrensende woning vir jongmense) te koop. Op 1 Augustus 1977 open die nuwe uitbreiding en 50 inwoners word opgeneem. Steeds was die tehuis nie groot genoeg nie en die bestuur het die proses begin vir ’n nuwe uitbreiding. Die nuwe uitbreiding het voorsiening gemaak vir ’n addisionele 50 verswakte inwoners. Tans verskaf Rusoord tehuis vir bejaardes 24 uur versorgings- en ondersteuningsdienste aan 174 ouer persone, ten einde hulle kwaliteit van lewe te verbeter en om hul funksionering en onafhanklikheid binne ’n bekostigbare, veilige en toeganklike residensiële fasiliteit te bevorder. Kwartaallikse geldinsamelingsprojekte word ook gehou. Die rus-

oord se jaarlikse basaar word vanjaar op 28 Maart gehou. ACVV Huis Vergenoegd in die Paarlse Hoofstraat is ook een van die ACVV se dienstakke. Die vorige woonhuis van Stoney Broke op die perseel van Huis Vergenoegd, is omskep in Huis Ina Rens. Huis Ina Rens is ’n veilige en ontspanne huis vir persone met dementia. Die opening van Huis Ina Rens het in 2012 plaasgevind. ) Landswyd is daar tans 91 ACVV-takke en 21 ACVV-dienstakke. Daar is meer as 3 000 vrywilligers en 128 maatskaplike werkers. Twee en vyftig takke lewer individuele intervensie aan sowat 24 283 persone. Sowat 3 700 voorskoolse kinders word gestimuleer in 49 crèches en speelgroepe, 200 kinders word versorg in drie kinder- en jeugsorgsentrums, 68 laerskoolleerders ontvang naskool-toesig in 14 sentrums en 3 500 ouer persone en persone met gestremdhede word versorg in 64 residensiële fasiliteite. Vir die ACVV is dit ’n groot uitdaging om die nodige geld te bekom om al die dienste wat die ACVV bied te finansier. Die publiek word gevra om te help met enige skenkings (kos, klere, toiletware of finansiële steun). ACVV nooi die publiek uit om as vrywilligers betrokke te raak en om hul kennis en vaardighede te deel. Vir navrae, skakel ACVV Paarl by 021 872 2738, ACVV Paarl Vallei by 021 871 1515 en ACVV Noorder-Paarl by 021 872 3487. Verdere inligting is op die ACVV se webtuiste www.acvv.org.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Paarl post 26 02 2015 by Paarl Post Newspaper - Issuu