Paarl Post 11-04-13.pdf

Page 1

Paarl Post Voice of Drakenstein • Stem van Drakenstein

Donderdag, 11 April 2013

Prys: R5.70 | Volume 108

Jong vrou se lyk gevind

2

Zille visits Paarl

2

Voorheen die Afrikaanse Patriot | Tel 021 870 4600 | SMS 32363 | www.paarlpost.co.za | paarlpost.mobi

INSITTENDE OORLEEF BOTSING: Talle verbaasde omstanders het vroeg Sater­ dagoggend na die toneel van ’n botsing in Jan van Riebeeckrylaan, Daljosafat, ge­ stroom. Die botsing tussen twee motors het omstreeks 06:30 plaasgevind. Volgens reddingswerkers op die toneel het ’n blou VW Jetta in die rigting van die Paarl son­ der brandstof in die pad gaan staan. Die Jetta se bestuurder het glo die noodligte aangeskakel. Ten spyte hiervan het ’n wit BMW wat van Wellington af op pad was, na bewering so vinnig van agter in die stilstaande motor vasgery dat dit eers 100 m verder in die middel van die pad tot stilstand gekom het. Die bestuurder van die stilstaande Jetta is uit sy motor geslinger en het hoofbeserings opgedoen. Reddingswerkers en omstanders kon nie glo dat hy lewend uit die erg verfrommel­ de wrak gekom het nie. Die bestuurder van die BMW het na bewering wegge­ hardloop, maar die polisie het hom opge­ spoor. FOTO: LISE BEYERS

Nog ’n kat geskiet 3

Four days left to enter Safari 28

BLOEMFONTEIN: PAARLIET SINK SY VOORMALIGE SPAN

Paarliet knak Stormers LISE BEYERS EN FRANS LE ROUX

D

it is ’n Paarliet wat Saterdagaand so te sê eiehandig verantwoordelik was vir die Stormers se nederlaag teen die Cheetahs. Talle Kapenaars en Bolanders moes verstom kyk – net toe hulle oortuig was hulle het die wedstryd beklink – hoe die Cheetahs se losskakel Burton Francis hul harte breek nadat hy ’n doelskop in die 83ste minuut tussen die pale deur geskop het op Vodacom Park in Bloemfontein. Hiermee het hy die Cheetahs gehelp om met 26-24 te wen. En dié einste Cheetah-span het verlede week teruggekeer ná hul beste toer nóg in Australië en Nieu-Seeland. Die tuisspan was daarom beslis aan die brand. Die Stormers, aan die ander kant, het hul wonde gelek ná ’n ondergemiddelde verto-

Verder vertel Burton ning teen die Crusaders en dat hulle van die staanwas desperaat vir dié wen. spoor af geweet het dat Burton is ’n boorling Saterdag se wedstryd van Paarl-Oos en het op nehard gaan wees. gejarige ouderdom begin “Ons het geweet dat rugby speel. die punteverskil nie Hierna het hy vir die meer as drie sou wees Pukke en Luiperde gespeel nie. En dit was geweldig in Potchefstroom en toe hard. vanaf 2007 tot 2009 vir die “Dalk het ek die wenBlou Bulle. punte aangeteken, maar Hy het ook ’n draai by die hele span het daartoe die Lions in Gauteng gebygedra. Die voorspemaak en in 2012 uitgedraf lers het besonder hard in die blou en wit van die Stormers. Burton Francis voltooi hier sy skepdoel gewerk.” Verder wil Burton nog Maar vanjaar is hy pure in die 67ste minuut. voor die einde van sy Cheetah vir die Vrystaat FOTO: EMILE HENDRIKS/MEDIA24 loopbaan in die groenen Bloemfontein is sy nuen-goud op die rugbyveld uitdraf. we tuiste. “Dit is maar alle rugbyspelers se droom en “Nee wat, mense spot oor Bloemfontein, ek werk baie hard daaraan om hierdie ideaal maar dis eintlik ’n baie lekker dorp.”

te behaal.” Al woon Burton nou op Bloemfontein het hy steeds ’n vaste meisie in die Paarl, Athena Alexander. “Dit is maar moeilik, so ’n langafstand verhouding, maar ons bly baie na aan mekaar. Nou tydens die Super 15-reeks is dit veral druk, want ons oefen geweldig hard en daar is nie veel aftyd nie.” Burton se grootste ondersteuners woon steeds in die Paarl. “My ouers, Anthony en Luzette, en broer Bevon, is my grootste ondersteuners. Vir wie ek ook al speel, vir daardie span skree hulle.” Volgende naweek meet die Cheetahs kragte met die Blou Bulle. “Ek is oortuig dat baie Stormers-ondersteuners óns dan gaan ondersteun.” * Burton Francis, a Paarlite, broke the Stormers’ hearts on Saturday when he scored the winning points for the Cheetahs in the dying minutes in the Super 15 clash in Bloemfontein.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.