5 minute read

Jong teler met blink toekoms

Jong teler

met blink toekoms

Advertisement

Een van die land se voorste Simbratelers is met landbou in sy are gebore, maar dit was nie altyd ‘n gelyk pad vir Eugene Marais om sy droom te bewaarheid nie. Op universiteit het gebeure op sy lewenspad ‘n onverwagse wending geneem en moes hy sy studies en toekomsplanne daarby aanpas. Ons het by hom en Carlen op Oransay buite Elliot gaan kuier om meer oor die Duo Simbratelers en hul stoet uit te vind.

Eugene het op ‘n plaas in Kom ga naby Oos-Londen groot geword. “Ek het toe al met hoen ders geboer en die boerdery het ‘n lewenswyse geword.” Hy matrikuleer in 2000 aan Hoër Landbouskool Marlow en begin sy studies in B.Agric. aan Kovsies. “In my eerste jaar verkoop my pa die plaas en daarmee saam my planne om na my studies plaas toe te gaan. Ek het my graad verander na B.Sc.Agric. omdat ek skielik ‘n ander tipe loopbaan in landbou moes vind.”

In 2005 begin hy sy loopbaan by ‘n tonneltamatieplaas in OosLonden. “Na vyf maande op die plaas waar die leerkurwe hoog was, kom die geleentheid om saadbemarking vir Pannar in die Oos-Kaap te doen. Na ‘n jaar en half verplaas Pannar my Vrystaat toe en werk ek vir vyf jaar vanaf Bloemfontein en later vir ongeveer vier jaar in die die Goudvelde.”

Na bykans tien jaar in die saadbemarkingsbedryf besluit Eugene om by die kunsmis industrie betrokke te raak. “Vitas (nou Timac Agro) het pas na Suid-Afrika uitgebrei en ek was betrokke om hul struktuur van die grond af te kry. Ek is bevorder tot kommersiële bestuurder, maar ek het besef dat ek nie in die korporatiewe wêreld inpas nie en het besluit om ‘n ge leentheid in saadbemarking in die Oos-Kaap te benut. Die sirkel word voltooi. p Eugene balanseer sy tyd tussen die saad- en kuns misbemarkingsbedryf en die

Duo Simbrastoet wat hy na die Oos-Kaap verskuif het.

t Eugene en Carlen het in 2016 hul eerste produksie veiling gehou. Die sesde veiling wat onlangs in Elliot aangebied is, was ‘n groot sukses met R120 000 wat vir die duurste bul betaal is. Al 90 vroulike diere is almal verkoop.

“Ek het in 2005 met die Simbra beesboerdery begin en het dit saamgeneem Vrystaat toe, waar hulle vir ‘n tydperk op twee verskillende huurplase gewei het. In 2010 is die stoetery geregistreer en in 2013 trek hulle saam terug Oos-Kaap toe, waar ek in 2014 my eerste stukkie grond in die Elliot-omgewing gekoop het. In 2019 kon ek nog

Eugene meld dat grond ‘n beperkende faktor in sy teling program is en hy altyd probeer om die kwaliteit van sy vee te verbeter om sodoende die maksimum kapitaalwaarde per bees te verkry. “Hulle sê dit neem ‘n generasie om ‘n gerekende

stoet met ‘n goeie naam te vestig, so ons werk nog daar aan.

“Weens die beperkings wat ons het, boer ons ‘n bietjie anders as ander Simbraboere. Ons teel met ‘n kleiner raam geharde dier omdat ons toestande hier in die Oos-Kaap baie moeilik is. Ons het ‘n strawwe winter en suurveld en omdat ons eksten sief boer, is daar nie bale wat rondstaan of reste op lande nie. Die beeste wei in die veld en kry addisionele lek. Die diere het hulle by die omstandighede aangepas en ons bulle wat na ander dele van die land gaan, floreer in hul nuwe omstandig hede.” Hy sê daar steek baie waarheid in die wes na oos effek van verskuiwing op diere. “Toe ek van Verkeerdevlei in die Vrystaat hierheen getrek het in 2013, was ek amper die stoet kwyt. Dit neem die diere amper ‘n jaar om aan te pas, maar finansieel neem dit aansienlik langer. Die geslag wat op die plaas gebore word, sal altyd beter vaar.”

Eugene moes op ‘n vroeë ouderdom daarmee vrede maak dat hy self verantwoor delik sou wees om grond te besit en die maklike pad nie vir hom beskore was nie. “Nadat ek die eerste stukkie grond in 2014 gekoop het, het ek en Carlen op ‘n rantjie gesit en kyk na die grond en dit was ‘n ongelooflike gevoel. Dit is die eerste keer dat die ‘onsekerheid’ weg was. Ek was nou ‘n boer wat nie van sy grond verjaag kon word nie. Eienaarskap is tog belangrik vir daardie ‘seker heid.’”

Hy en Carlen is beide betrokke by die boerdery. Sy hanteer die administrasie en is betrokke by die bemarking van die stoet. “Ons bespreek dikwels die teling van die stoet en ons opinies verskil soms maar dit skep baie keer ‘n klankbord om met idees rond te speel,” vertel Eugene met ‘n glimlag.

“Carlen se insette gee my ‘n groot voordeel en plaas my in ‘n baie gunstige posisie met

die stoet. Sy kom uit ‘n plaas agtergrond en het op Kovsies ‘n mees ters graad in Geïnte greer de Bemarking en Kommu ni kasie behaal. Sy is daarna terug plaas toe en het vir twee jaar saam met haar pa met vleisbeeste en Dorperskape geboer. Nadat ons getroud is, het sy by Ramsem in Bloemfon tein met embrio’s en kuns matige inseminasie gewerk.”

Eugene is baie opgewonde oor die toekoms en sy eerste doelwit is om voltyds met die stoet te kan boer. ”Die stoet brei voort durend uit en ek kon in 2020 nog grond bykoop. Skaal bly ‘n groot faktor en dit sal die belangrikste oorweging wees om te bepaal wanneer ek die saad- en kunsmisbemarking kan staak.” Duo Simbra het onlangs hul sesde produksie veiling aangebied met ‘n bul wat die hoogste prys van R120 000 behaal het. ‘n Gemid delde prys van R65 625 is vir 20 bulle betaal en al 90 vroulike diere is verkoop. Die kudde is in die bedryf gevestig.

Daar is geen twyfel dat Eugene en Carlen die Duo Simbrastoet tot een van die grootste Simbra stoete in die land sal neem nie. Gesels met Eugene, en sy sag moedigheid en nederigheid is onmiddellik merkbaar. Die dryf krag waarmee hulle alles tot dusver gedoen het, is ‘n bewys dat daar ‘n baie groot toekoms op hulle en hul drie kinders, Lienke, Nina en Reuben wag.

p Die naam Duo Simbra wat

“twee” beteken, het sy oorsprong in die kruising tussen die Simbra en

Brahman met die aanvang van die stoet, asook

Eugene en Carlen wat saamwerk as telers.

This article is from: