7 minute read

Sitrus is die nuwe hoë-opbrengsgunsteling

Next Article
Wolmarkverslag

Wolmarkverslag

Sitrus

is die nuwe hoë-opbrengsgunsteling

Advertisement

Jaco Wilken en sy pa, Louis en broer, Louis Jnr het sedert 2012 saam op Juriesbaken naby Hofmeyr op 900 hektaar besproeiingsgrond met aartappels en ander ge wasse geboer. Louis wou egter altyd ‘n produk produseer wat uitgevoer word om hulle teen die rand te verskans. Sitrus vang hulle oog en hulle vind die plaas Fairview, buite SomersetOos met waterregte uit die Boschberg-kanaalsisteem. Die plaas het reeds ‘n suurlemoen boord en is besonder geskik vir die vestiging van verskeie sitrus soorte en kultivars.

In 2019 trek Jaco na Fairview toe om die sitrusboerdery te ontwikkel. “Die klimaat, reënval en die grond is goed, wat verskeie opsies moontlik maak. Jy moet sorg dat jy nie oral dieselfde sitrus plant nie, want dan oes jy jou dood in drie weke. Jou sitrusboorde moet so beplan word dat jy vanaf Maart tot September kan oes en so doende vrugte op ‘n konstante basis kan uitvoer.

“Die meeste produsente begin in Maart met sagte skillers soos ‘n Clementine of ‘n Novanartjie, dan gaan dit oor na die suurle moene, wat drie oeste per seisoen lewer en jou so ‘n bietjie meer tyd gee. Dan oes jy iets soos ‘n Witkransnawel in die middel van die winter, gevolg deur Valencialemoene en dan eindig jy af met laat mandaryne waar die winste redelik hoog is,” verduidelik Jaco.

Vyf en dertig hektaar is reeds onder suurlemoenbome ge plant wat Jaco nie onder skadunet gaan toemaak nie. “Die Witkransnawels sal ons beslis toemaak sowel as die Cara Cara rooinawel, wat ‘n rooi lemoen is. Daar is geweldig baie variëteite en nadat ek redelik navorsing gedoen het en rondgery het, het ek eerder gesien wat ek nie moet doen nie as wat ek moet doen! Daar om gaan ons liewer by die ou bekende kultivars bly wat ‘n hoë opbrengs gee.

“Die sitruspryse gaan op ‘n stadium onder druk kom en gaan vir seker nie altyd so hoog bly nie. Ek het egter met die aart appels geleer dat opbrengs altyd prys wen. As jy met tonne boer, kan jy volhoubaar boer en jou kostestruktuur bestuur. ’n Nuwe opwindende vrug wat Jaco nou op 3,7 hektaar ge plant het, is kiwivrugte. Sitrus word geoes en verpak vanaf Maart tot September en ons pak kers en uitvoerders in Fort Beaufort is op soek na iets wat die pakhuis besig kan hou in die tydperk wanneer sitrus stil staan. Die kiwivrug is ideaal, aangesien jy al vroeg in Feb ruarie kan begin oes. Hy groei soos ‘n wingerd met lote en jy kan na twee en half jaar jou eerste oes afhaal. Jy moet die plante toemaak met nette en dan is daar ‘n hele stelsel van drade en kabels om die lote te laat rank.”

Sitrus het in die laaste tyd opgang gemaak weens die toenemende vraag na Vitamien C wat deur die Covid-pandemie veroorsaak word. Tussen Cradock en Cookhouse word duisende sitrusboompies geplant terwyl Amerika in die proses is om van sy hawens te open om Suid-Afrika se sitrus ‘n groter mark te bied. Is hierdie ‘n langdurende tendens van groot winste of klim mense nou slegs op ‘n trein na die volgende stasie?

p Jaco Wilken is in proses om

‘n 3,7 hektaar kiwiboord te vestig. Die onderstokke word in die winter met die

“Golden Kiwi” kultivar geënt.

met die “Golden Kiwi” geënt word. Dié kultivar is goud of geel aan die binnekant en baie soet. Daar is groot uitvoer po tensiaal na Europa terwyl NieuSeeland die grootste uitvoer produsent van die vrug in die wêreld is.

“In ons land is daar twee soorte “Golden Kiwi”. Die een is van Italië en word die “Soreli” ge noem (wat ons gaan plant) en die “Skelton” wat van Nieu-See land afkomstig is. Daar is nou ‘n “Kiwifruit Growers Association” in 2020 gestig. Ons begin letterlik met ‘n nuwe industrie en dit is ‘n voorreg om deel daarvan te wees.”

Die hoofmark sal Europa wees, en aangesien Nieu-Seeland meer suid as SA is, gee dit ons ‘n ses weke gaping vanaf middel Februarie tot April om vars kiwi’s aan die markte daar te lewer. Nieu-Seeland lewer bykans 30% van die wêreld se kiwi’s onder die handelsmerk “Zespri”. Volgens Jaco word die handelsmerk so goed beskerm dat dit feitlik onmoontlik is om van die kultivars in die hande te kry.

“SA is maklik 20 jaar agter NieuSeeland wat kiwi-produksie be tref. Ons moet nog baie kli maatstudies, snoeitegnieke en opleiding doen om die bedryf optimaal kompeterend te kry. Bestuiwing is baie belangrik en word met bye, per hand en me ganies gedoen. Die bestui wing bepaal alles van die vrug, soos vorm en smaak.”

Jaco ontwikkel die 3,7 hektaar kiwiboorde teen ‘n koste van bykans R3 miljoen. “Dit is ‘n groot oppervlakte om mee te begin en daar is geweldig baie arbeid nodig in die oprigting en kon struksie van die boord. Daarna moet rankers aan die nodige drade geheg word om die kor rekte groei te verseker. Hierdie rankers moet elke seisoen ge snoei en gebind word.

“Ons sien definitief ons be trokkenheid in die sitrus- en kiwi bedryf as ‘n langtermyn beleg -

q Die kiwi-ontwikkeling is nog in die beginstadium en nette sal volgende oor die palekonstruksie gespan word. Daarna volg ‘n web van kabels en drade om die kiwi te help rank. Die verspreidingsdamme is in die agtergrond. ging. Ek het nou nog nie die R1 miljoen per hektaar op brengs beleef nie so ek weet nie hoe dit voel nie! Ek is seker dit moet ‘n lekker ervaring wees. Dit is maar die ou som van water teen op brengs en met sit rus kan ons R60 ‘n kubiek maak teenoor R3 met mielies of koring. Ek kan my plaas se winsgewendheid 20 keer ver dub bel met sitrus en kiwi’s.”

Jaco sê die sitruspryse is heel wat laer as vorige jare. Die boere wat egter nog steeds goeie winste realiseer, is die produ sente wat kwaliteitsitrus produ seer en hoë tonne per hektaar oes, waarvan 95-100% Klas 1 uit voerkwaliteit is.

“My planne vir die toekoms is om die boorde op die plaas te vestig en die plaas in produksie te kry.

u Die rankers van die kiwi plant word gemanu pileer om ‘n “plafon” te vorm waar die vrugte groei. Die wat reg op groei, vorm die vol gende seisoen se “plafon”

q Die 9250 nuutgeplante

Witkransnawel lemoen bome kan in die agter grond gesien word. Die suurlemoene is op 35 hektaar geplant.

Ek het nou bykans 9300 Witkransnawel lemoene geplant wat ons op die stadium 105 hektaar sitrus gee. Ek wil nog 200 hektaar in die volgen de twee jaar plant met so 25–30% suurlemoene, 25% nawels, 20% Valencias en 30% sagte sitrus of mandaryne.”

Volgens Jaco lewer die OosKaap besondere suurlemoene, nawels en laat mandaryne. Die vooruitsig is dat die Cook houseomgewing binne die volgende vyf jaar 1 500 hektaar onder sitrus gaan hê. Suid-Afrika is ‘n klein wêreldverskaffer en daar is ruimte vir uitbreiding. “As ons net aan werkskepping dink, dan is daar nie genoeg mense in Cookhouse en Somer set-Oos om al die werk te doen nie. Dit skep groot geleenthede vir die plaaslike bevolking.” Sitrus word met die hand geoes. “Daar is lande waar met ma s jiene geoes word, maar dit is hoofsaaklik vir versapping. Ons mark is tafelprodukte en dit is net die mensehand wat dit kan oes met die minste skade,” ver duidelik Jaco.

Hy het nog steeds lande onder mielies en koring. “Dit hou die kontantvloei aan die gang. Ons reënval hier is tussen 640mm–800mm per jaar en daarom hoef ek die mielies met die helf te soveel water te besproei as in Hofmeyr. “ Nog ‘n voordeel van Fairview teenoor Juries baken is dat daar geen pomp gebruik word om die be sproeiing te doen nie. Al die stelsels word vanuit die ver spreidingsdam met selfdruk be dryf. “Daar is dus geen elek trisiteit nodig om my besproeiing te doen nie, en dit spaar enor me bedrae geld.

In Hofmeyr moes ons na al die spilpunte pomp en as daar beurtkrag was en die gewasse was droog, dan het jy skade gely. Hier draai ek net ‘n kraan oop en die spilpunt begin loop!”

Benewens sitrus en kiwi, plant Jaco ysterpampoene en gaan ook met avokado en “dragon fruit” eksperimenteer. Die plaas is vol potensiaal.

Dit is duidelik dat hy nie oor haastige besluite neem nie en die risiko gepaardgaande met boerdery so goed moontlik be perk. Wie weet, eendag sien ons nog ‘n unieke Fairview-han delsmerk op Europese mark te.

This article is from: