3 minute read

Oor die grensdraad

GRENSDRAAD gedagtes en nog meer

Francois Seymore

Advertisement

Die gebeure van die laaste paar weke klink soos ‘n verhaal uit ‘n boek of ‘n film en beslis nie iets wat ek gedink het ek sal in my lewe sien nie. Na China het Europa die middel - punt van die koronavirus ge - word en meeste lande het nou hul grense gesluit. Ten tye van hierdie skrywe het die wêreld wye sterftes op meer as 8 200 gestaan met bykans 210 000 wat positief vir die virus getoets het. Suid-Afrika se infeksies staan op 116 met geen noodlottige geval nie. Volgens kenners het die pandemie nou eers in erns begin!

Benewens die menslike tragedie wat moontlik kan afspeel stort die wêreld se ekonomie byna inmekaar. Die DOW het 20% van sy waarde vir die halwe maand in Maart verloor en die JSE net meer as 25%. Almal vra vir kalm - te maar die paniek oor die virus en die ru-olieprys veroorsaak dat die markte daagliks daal en die toekoms lyk baie onseker. ‘n Opswaai sal daar wees, maar met hoeveel en oor watter tydperk voor nor maliteit weer bereik word? Wie gaan of kan hierdie krisis oor leef?

Toerisme het tot ‘n stilstand ge - kom deur die kansellasies van duisende internasionale en plaaslike vlugte, in- en uitvoere bestaan feitlik nie en die kom - mo diteitspryse kan enige tyd tuimel. Die ru-olieprys het geval na $26.98 per vat en in die mees te lande het die vraag na ru-olie so gedaal dat vrese bestaan dat oorproduksie die prys tot onder $20 kan laat daal. Sport op alle vlakke is tydelik opgeskort en feitlik alle geleent hede word wêreldwyd uitgestel. Die groot vraag is wat gaan van die ekonomie oorbly wan neer Covid-19 nie meer ‘n bedreiging vir die mensdom is nie?

Hier in die Oos-Vrystaat en by OVK maak ons ook gereed om die Covid-19 te beveg maar is ons geseënd, soos ander dele van die land, om bogemid - delde reënval te ontvang wat die potensiaal het om groot oesopbrengste te verseker. ‘n Paar produsente deel hul ge - voel en gesels veral oor die ver - andering in die klimaat en ver - skuiwing van die optimale plant - periode. In Europa word Italië die hardste deur die coronavirus getref en dit het ‘n beduidende effek op hul landbou. Ons kyk na wat daar gebeur en veral hoe die bekende Toskane-vallei geraak word.

Graan SA het onlangs sy jaar - likse kongres gehou en die optimisme vir groter oeste is daar weerspieël. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het sy gevoelens oor die landbou met die graanprodusente gedeel en die toekomstige produksie van sekere graansoorte, onder andere sojabone, is uitgelig.

Horseradish is mass-produced by only three farmers in South Africa and we visited one of them, who farms in the Eastern Free State. Parasitic worm resis - tance due to deworming medi - cine in sheep is a growing pro - blem and requires urgent treat - ment to rectify the situation. We also look at smaller niche mar - kets such as olives and berries, which can pave the way to growth due to increasing market demands.

Dr Mostert van SA Stamboek bespreek seleksie in kleinvee - kudde en ‘n verantwoordelike benadering tot die vernietiging van roofdiere word bespreek. Igna gee soos gewoonlik raad aan die moeders wat ‘n bietjie tyd vir hulself moet af knyp.

Die luggie begin saans al dun - ner word en ons sien uit na die resultate van die oesopbrengste oor ‘n paar maande. Hopelik bring dit verligting vir ons produ - sente se kontantvloei en kan dit weer die plase ‘n kans op oor lewing gee.

As julle soos ek, kinders in ander lande het, kan ons nou net asem ophou en bid vir hulle veiligheid. Geniet die eerste kaggelvure en bly warm saam met jou geliefdes. Tot volgende keer.

This article is from: