1 minute read

Wees Wakker by Upington Mall Kameras Oral Maar Niks Opgevang

Minanca Basson van Upington Skryf:

Julle wees maar paraat. Die vreemdste ding het vandag met my by die mall gebeur Ek het in clicks in gestap en toe kom daar 'n meisie op my afgestap. Ek skat sy is 21 jaar oud. Sy het net 'n kar sleutel in haar hand gehad. Sy vra toe verskoning dat sy my pla maar haar foon is sopas gesteel sy wil graag haar ma van my foon af bel, want haar ma gaan haar kan help om haar foon te trace. In die begin het ek haar geglo en ons het haar ma gebel uit clicks uit.

Advertisement

'n Vrou het met haar gepraat en het gesê die foon is by romans... En toe kfc. Hulle het vir teminste 'n minuut gepraat.Asof hulle tyd probeer koop het. Sy het toe die foon terug gegee en baie vriendelik dankie gesê en baie vinnig verdwyn. Daarna het my foon elke 30 sekondes gelui.

Ek het geantwoord en die "ma" in kennis gestel die meisie is nie meer naby my nie.

Sy het opdringerig gevra ek moet die meisie gaan soek en haar help soek na haar foon want sy sien die foon is nou in Checkers en nie meer in Kfc nie. DITalles binne 3 tot 5 minute.

Ek het gesê ek weet nie waar om te begin soek na die dogter nie, toe antwoord sy ek moet by romans gaan kyk. En toe eweakielik my toe gevra waar werk ek..!?

Ek het gesê ek gaan nie my inligting deel nie en dood gedruk en haar nr geblock.

Ek het ongemaklik gevoel en het geweet iets is nie reg nie en vir Le Roi gebel. Hy het dadelik gekom en die nr ook gebel. Die nr het nie geantwoord nie en toe 2 minute daarna hom terug gebel.

Hy het die vrou in kennis gestel wie hy is en gevra hoe kan hy help.

Die "ma" het baie vriendelik gesê dankie haar meisiekind het reg gekom en dankie gesê vir ons hulp. Sy het soos 'n besorgde ma geklink. En totsiens gesê.

Wat toe vreemde gedrag weer was is die volgende: Die "ma" het hom weer gekontak en vir hom gevra of ek by clicks werk of waar werk ek. En gevra of ons op 'n veilige plek is.

Hy het haar in kennis gestel ons is veilig en dat hy die saak agterdogtig vind.

Hy het haar gevra watse kar ry haar dogter en sy het dadelik haar storie verander en doodgedruk.

Ons het na die mall se sekuriteit

This article is from: