4 minute read

Hoe om jou kinders aan die lees te kry?

Wenke van Welbekende Gepubliseerde Skrywer - Annerle Barnard

lewer en ‘n long. Wanneer hulle dus ‘n nuwe item benodig, sê ek soms hulle sal self daarvoor moet betaal, want geld groei nie op my rug nie. Hulle het nie geld nie? Hulle kan geld verdien. Hoe? Deur ‘n aantal bladsye (ouderdomsverwant) te lees.

Advertisement

Voorbeeld: die seuns wou onlangs ‘n nuwe sokkerbal hê. Dit was R150. Hulle het met my kom onderhandel (kinders leer blitsvinnig!) en het gevra of ek vir hulle ‘n sokkerbal sal koop as hulle elkeen 50 bladsye in hulle onderskeie boeke lees.

hulle vir seker nie lees nie.)

Die Wet van Barnard & Barnard Indien daar ‘n fliek oor ‘n boek gemaak is, moet die seuns éérs die boek lees voordat hulle die fliek mag kyk. So het my tiener al ‘n paar keer vir my (en maats) verduidelik hoekom die fliek baie swakker as die boek is.

“Ek hét actually ‘n lewe en daarom hóéf ek nie te lees nie!”

Lees tussen die lyne: Jongste reken sy ma het nié ‘n lewe nie. Is alle tweede kinders so hardkoppig en aspris-moeilik?

Ek het nie die antwoord op alles nie, maar na ‘n vreeslike gesukkel, lees my kinders uiteindelik. Siende dat ouers gereeld my advies vra:

Beperk elektronika/skermtyd:

Solank as wat kinders vrylik en heeldag lank toegang tot elektronika het, gaan hulle nié lees nie. Ons kinders het normaalweg 30 minute skermtyd per dag (TV/selfoon /elektroniese speletjies, ens.)

Is daar boeke in jou huis?

Sorg dat daar baie boeke in jou huis is. Indien jy nie tans boeke kan bekostig nie, sluit aan by ‘n biblioteek, of koop tweedehands indien daar glad nie ‘n biblioteek in jou dorp is nie.

Lees vir jou kinders stories wanneer hulle nog klein is. Ek het altyd saans vir my kinders stories gelees wanneer dit tyd was om te gaan slaap. Hulle was gevolglik mal oor stories, maar was bloot te lui om self te lees. Dit was makliker om mý te smeek om te lees. Daar bestaan nie iets soos ‘te vroeg’nie – babas sal ook by stories baat, selfs al verstaan hulle nog nie.

Hou moed: indien jy nie saans slaaptydstories vir jou kinders gelees het nie, beteken dit nié dat die stryd verlore is nie. (Jy het wel ‘n voorsprong indien jy saans vir jou kinders stories lees.)

Practise what you preach

Kinders doen dikwels wat hulle sien.

Indien die ouers lees, is dit die voorbeeld wat die kinders sien.

Indien jy selfs net die koerant lees, baan dit reeds die weg.

Indien jy nie self ‘n leser is nie, beteken dit nie noodwendig dat jou kinders nooit lesers sal wees nie.

Dis egter onbetwyfelbaar ‘n groot voordeel indien jou kinders jou ook met leesstof sien.

Van watter tipe flieks hou jou kinders?

As jou kinders graag skop, skiet en doodslaan kyk, is dit waarskynlik die genre boeke wat hulle sal prikkel. Dieselfde met romanse, komedie, drama, ens.

Wat is jou kind se belangstelling/passie? Gebruik dit in onderhandelings.

Beide my seuns is sportmal. Hulle toerusting en toernooie kos ons ‘n

Ek beloon graag. Die seuns het my baie opgewonde vertel van Avengers Endgame wat ongeveer ‘n jaar gelede nuut vrygestel was by Ster Kinekor/Nu-Metro.Toe sê ek dat ek nie vir ‘n fliek (en springmielies en koeldrank en Smarties en en en) begroot het nie, maar ek ‘n plan sal maak indien hulle elkeen ‘n boek klaar lees. (Wees realisties: mens gee nie vir ‘n onwillige 14-jarige leser Shakespeare se versamelde werke nie). Die uiteinde? Op hulle aandrang het ek toe saam met hulle gaan fliek en dit was heerlik! Jy’s nie elke naweek lus vir ‘n ‘playdate’en die vreeslike heen en weer ry nie? Ek ook nie, maar vir iemand wat lees, is ek bereid om die wiele te laat rol. Die gevolg: Onder normale omstandighede het ons baie dikwels ‘n toeloop van maats wat naweke hier kom oorslaap.

Hoe dit begin het?

My jongste seun (wat actually ‘n lewe het!) het my twee jaar gelede R100 geskuld en kon dit nie terugbetaal nie. Ek het toe onderneem om sy skuld af te skryf indien hy lees (R1 per bladsy.)Teen bladsy 80 was hy verslaaf aan die boek en het daarna die res van die reeks gelees sonder enige verdere onderhandelings. Kinders moet net ver genoeg lees om te besef dat die boek regtig puik is, dan is die probleem opgelos. (Hulle moet natuurlik ook nie 24/7 toegang tot elektronika hê nie, want dan sal

Uit die mond van 'n eks-nie-leser wat haar genre gevind het “I was never interested in reading any books.At the age of 16, I was more into my sport than anything else.To relax/unwind, I would enjoy a good crime/action movie or series during free time.

This was until I was (at the age of 20) introduced to Karin Slaughter by my stepmother (Annerle Barnard) –to be more specific the WillTrent series. She kind of knew at the time that I enjoyed a good CSI series and thought that crime fiction books would be a great start.

To be honest, I didn’t think the books would interest me but I tried it anyway. She taught me to always try something before I decide that I wouldn’t like it.

Now I’m addicted to Karin Slaughter’s books and can’t wait for a new one to arrive in the bookstores.” – Zandrie Grosskopff

Daar is regtig baie opwindende jeugliteratuur in beideAfrikaans en Engels beskikbaar

VRYWARING: Ek is heeltemal daarvan bewus dat daar kinders met leer- en leesprobleme is. Daarmee kan ek ongelukkig nie help nie. Spreek eerder ‘n kenner op hierdie gebied indien jy hulp benodig. Die wenke bo is wenke wat algemeen bekend is en dit wat vir my kinders werk, gaan nie noodwendig vir alle kinders werk nie. Dit is dus nié die Wet van Mede en Perse nie. Ouers moet self bepaal wat vir hulle kinders werk.

This article is from: