
1 minute read
Balju Slaan Toe op Louis Liebenberg se Kantore In Kempton
from Hadeda News 17 Maart
by Dottry Media
In nog ‘n terugslag vir die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg het die balju en voorlopige likwidateurs Maandag op die kantore van sy maatskappyTariomix in Kempton Park toegeslaan. Netwerk24 verneem dat daar toe beslag gelê op veskeie items, waaronder dokumente, selfone, rekenaars en skootrekenaars. Daar is ook glo ‘n bate inventaris opgestel.
Tariomix, wat deur Liebenberg onder die vaandel van Forever Diamonds & Gold (FDG)bedryf word, is in Februarie voorlopig gelikwideer Twee beleggers wat in Julie enAugustus verlede jaar gesamentlik sowat R770 000 daarin belê het, het die dringende aansoek om likwidasie ingedien. Die aansoek in die hooggeregshof in Mahikeng aangehoor omdatTariomix se adres as Liebenberg se plaas Rietdraai in Lichtenburg, Noordwes, geregistreer is.
Advertisement
Regter Djaje, adjunk-regterpresident van Noordwes, het gelas datTariomix of enige ander belanghebbendes teen 14 September redes aan die hof moet voorlê oor waarom die voorlopige likwidasie nie finaal gemaak word nie.
Ian de Jager van Strydom Rabie Prokureurs in Pretoria, die applikante en die voorlopige likwaditeurs se regsverteenwoordiger in die likwidasie aansoek, het gesê hy weet nie daarvan dat daar ook op diamante beslag gelê is nie. Die balju en die voorpolige likwidateurs is deur polisiebeamptes begestaan. Hulle was ‘net daar om te hulp te verleen en almal se veiligheid te verseker het De Jager gesê -Netwerk24