
2 minute read
Skrywersblok
van Welbekende Gepubliseerde Skrywer - Annerle Barnard
gaan wees (al is dit dan nou na-ure of vroegoggend).
Advertisement
Stap 2: vermy die Internet en jou selfoon.
Stap 3: Kry die storie op papier: jou woorde hoef nié perfek te wees nie. Kry net die storie op papier, selfs al reken jy dis pateties. Jy kan swart op wit redigeer. Met ‘n leë bladsy kan jy niks doen nie.
As stap 3 jou bly ontwyk: gaan stap ‘n ent.
motivering, byvoorbeeld die behoefte om die storie te vertel.
Ongelukkig, ja, maar moenie moed verloor nie: daar ís raad.
Wat beteken dit?
Dis wanneer ‘n mens nie weet wat om te skryf en hoe om met jou huidige skryfstuk voort te gaan nie.
Wat is die oorsaak daarvan?
Erge self-kritiek (perfeksionisme).
‘n Vrees om met ander skrywers vergelyk te word (perfeksionisme).
‘nTekort aan eksterne motivering, byvoorbeeld om deur ander geprys te word.
‘nTekort aan innerlike
Hoe ons dit normaalweg probeer oorkom?
Deur te tob en uit te stel. Ja, wanneer jy twee ure per karakterkaart spandeer, dit in Grieks en Hebreeus vertaal en die rand van jou kaart met Egiptiese hiërogliewe versier, is jy besig om uit te stel, of jy dit nou wil weet of nie. Kan jy skrywersblok oorkom? Baie beslis.

Hoe?
Stap 1: plak boude op stoel. Sonder grappies: vestig ‘n skryfroetine. Die meeste mense werk van 9:00 tot 17:00. Vasgestelde ure. Roetine is belangrik. Besluit wat jou amptelike skryfure
Broei op jou storie terwyl jy stap, kook, rose snoei, kinders skool toe ry. Doen ook sommer net dinge wat niks met skryf te doen het nie. Skryf iets heeltemal anders om jou kreatiwiteit te stimuleer. Wat? Soek na ‘creative writing prompts’op die Internet. Daar is hordes. Praat met ‘n vertroueling oor jou idee en hoor wat hy/sy te sê het. Soms kry ‘n mens die antwoord op jou probleem terwyl jy daaroor praat. Iets wat my altyd help is om die kern van die probleem met ‘n kenner te bespreek. Soms haak ‘n mens vas bloot net omdat jy nie genoeg kennis/inligting het nie. In een manuskrip moes my karakter ‘n wapen gebruik waarvan ek geen kennis dra nie. Ek was later moedeloos gestoei en een van my beste pelle, Google, het niks bruikbaar opgelewer nie.Toe bel ek ‘n kenner. Voila!
Terug by jou eie storie: moenie by die begin begin nie. Kyk of dit werk indien jou storie nié chronologies verloop nie.
Verander die perspektief. Werk aan jou karakters (beslis ‘n wenner!)
Kyk weer na jou navorsing (dit werk altyd vir my!)
Beplan jou storie in meer besonderhede. Jy is ‘n ‘pantser’en nie ‘n ‘plotter’nie? Moenie bekommer nie. Ek is ook ‘n ‘pantser.’Daar’s steeds raad: Kyk of dit help as jy ‘n nuwe karakter by jou storie betrek (dalk een wat konflik veroorsaak), of ‘n nuwe probleem vir die karakters gooi.
Die belangrikste is dat jy jouself nie daaroor kasty nie. Hierdie is iets wat die meeste skrywers soms beleef. Per slot van rekening is more nog ‘n dag.

Indien jy ‘n aspirantskrywer is en nog nooit ‘n skryfskool/slypskool bygewoon het nie, oorweeg dit in erns. (Daar is selfs aanlynslypskole waarna jy kan kyk.) Dit behoort jou probleem op te los en antwoorde op jou vrae te verskaf.
As jy regtig nie nog ‘n dag kan wag nie en die skrywersblok is ‘n probleem wat jou reeds geruime tyd kniehalter, onthou dat dit bietjie soos Wiskunde is. Dit lyk dalk na Grieks, maar daar móét ‘n antwoord wees.
Lekker skryf!!!