2 minute read

NOORD KAAP TUINE

Beesvleis Bredie

1 kg heel skywe beeskook van jou keuse (dikrib, brisket, chuck ens.)

Advertisement

2 groot uie, opgekap

2 groot aartappels –geskil en in kwart gesny

3 wortels, geskraap en opgekap in hap grootte

2 koppies gevriesde groenboontjies

2 eetlepels botter ½ teelepel tiemie swartpeper na smaak sout na smaak

1 eetlpele bruinasyn

3 teelepels bisto poeier aangemaak met bietjie koue water kookwater

Sit jou vleisstukke in ‘n medium kastrol, gooi net genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek. Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig met deksel op tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai, braai dan albei kante lekker bruin Plaas uie bo op , sprinkel met tiemie, gooi klein bietjie kookwater bo oor , plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker saam tot bruin en geurig

Gooi genoeg kookwater op om alles weer te bedek, prut stadig vir halfuur, plaas aartappels, wortels en groenboontjies bo op en gooi net genoeg kookwater op om als te bedek, geur met sout en peper na smaak. Wanneer aartappels sag is, voeg aangemaakte bisto by, roer liggies deur, prut stadig vir 10 minute. Bedien met rys of stampmielies selfs lekker krummelpap. Bron: Facebook / Ek Is AfrikaansResepte vir Elkeen

To raise funds for the construction of our 551.95m fence surrounding our Multipurpose Centre we are hosting a Valentines Gala on the 14th of Feb. 2023

Date:

14 February 2023, 7pm - 10pm

Venue: Koda

Multipurpose Centre, 198 Leeukop Street, Rosedale, Upington

Price: R200 per ticket/ person

Theme: Black Tie: Red & Black

AE Switch het op Donderdag 2 Februarie sy e-beursiestelsel aanTariomix en Zircon Diamonds and Gold gestaak kragtens klousules 6 en 14 van sy kontrak wat spesifiek daarop fokus datAE Switch “nie kriminele aktiwiteite op sy platform kan toelaat nie.”

In ’n verklaring hetTiaan Lombard, uitvoerende hoof van AE Switch, gesê: “Louis Liebenberg het reeds honderde miljoene rande uit die platform gehaal oor die laaste tyd, en soos in sy eie woorde, het hy slegs ’n paar miljoen by ons gelos.”

Daar is volgensAE Switch “nie naastenby genoeg geld in enige van Liebenberg se rekeninge om enigsins die geld wat hy aan sy beleggers skuld te betaal nie. Hierdie bedrag loop etlike honderde miljoene.” “Ons interne ondersoeke toon baie duidelik aan dat Koos se geld gevat is om Piet te betaal, en het nou ’n punt bereik waar sy “beleggers” net nie meer genoeg belê om die ontsaglike hoop geld wat nodig is om uit te betaal te regverdig nie. Daar is ’n baie duidelike rede hoekom Liebenberg daarop aandring dat sy ‘beleggers’belê voordat hy geld uit kan betaal,” verduidelik Lombard.

“AE Switch se kantore en sosiale media is die laaste weke erg aangeval omdat die publiek onder die indruk is dat die besluite om betalings te maak deurAE Switch gemaak word. Dit is en was nog nooit die geval nie. Ons is slegs ’n derdepartydiensverskaffer

“Enige van die lede wat geld in ons platform betaal het en nie in Liebenberg se ‘skema’nie, se fondse is absoluut veilig. Ons is tans besig met ’n oudit om toe te sien dat fondse terugbetaal word aan diegene wat nie belê het nie, maar geld op die platform het. Ongelukkig sal diegene wat natuurlik by die skema gebaat het nie op hierdie stadium enige fondse kan onttrek nie en salAE Switch hierdie rekeninge met die Valke bespreek,” voeg Lombard by

082 493 4267 / 054 332 1183 hein@heinduvenhage.co.za

Die publiek is baie welkom om die Valke te kontak by 053 836 7037 vir verdere inligting. Elke lid van die ‘skema’sal ook ’n SMS ontvang vanafAE Switch met die nodige kontakbesonderhede van die Valke. - Afrinuus

This article is from: