9 minute read

NUUS

Next Article
KAMPBOFFIN

KAMPBOFFIN

Jy kan nie verkoop wat jy nie kan wys nie.

ARNOLD PROSCH

Advertisement

K ANS VAN JOU LEWE, koop ’n woonwa-handelaarskap

Dis nie aldag dat ’n mens die geleentheid kry om ’n gevestigde woonwa-onderneming te koop nie.

CARA-CAMP Caravan & Outdoor Centre op Somerset-Wes is een van die groter handelaars in die land en Arnold Prosch die afgelope 21 jaar die eienaar. Nou het hy besluit om die tuig neer te lê, maar om terselfdertyd iemand anders die kans te gee om met dié suksesvolle besigheid voort te boer.

CARA-CAMP is ’n onafhanklike handelaar en ’n geakkrediteerde verskaffer van talle bekende handelsname. Dit sluit in Okto, Nayela, Stealth en Bush Lapa, maar óók die ingevoerde Swift vanuit Engeland. Woonwa-kopers kry dus ’n eerstehandse ervaring op die vertoonvloer, want CARA-CAMP het te alle tye nuwe voorraad sodat jy die spreekwoordelike appels met appels kan vergelyk. Dis ook waar Arnold potensiële nuwe woonwa-eienaars verstaan, want “jy kan nie verkoop wat jy nie kan wys nie”.

Die wêreld het saam met die Covid-19-pandemie verander, maar die kampeerbedryf en buitelewemark ervaar ’n ongekende oplewing. Waar beter kan jy jou tyd spandeer as saam met jou mense in die natuur? Dit spoel natuurlik oor na die woonwamark want ’n goeie driekwart van CARA-CAMP se verkope leun na woonwaens vir grondpad en die bos.

CARA-CAMP se werkswinkel is 100% gerat om om te sien na al die nodige dienste en herstelwerk van die handelsname op die vloer. Om die waarheid te sê, die werkswinkel spog met vyfster-toekennings danksy kundiges wat nie terugstaan vir uitdagings nie.

Tweedehandse woonwaens vorm ook ’n beduidende deel van die onderneming. Dit sluit byvoorbeeld inruilings in, maar ook private eienaars wat ’n woonwa wil verkoop.

Die LeisureWorld-winkel is die derde been van die besigheid. Dit wat jy nodig het om jou kamptyd geriefliker te maak, is hier op die winkelrak: van kampstoele en ligte regdeur tot slaapsakke en ys-vrieskaste waarmee jy geholpe kan raak.

Woonwaens is ook nie net alles besigheid nie, en oor die jare heen het ’n hegte band tussen die grootste woonwahandelaar in die land, Loftus Caravan City in Randburg, en CARA-CAMP ontwikkel. Só word die land se twee grootste pole bedien waaruit kampgesinne die meeste kan put.

WAT IS IN EN UIT? Die koop sluit CARA-CAMP as geheel in – personeelposte ingesluit – maar nie die perseel nie.

Roosterlik, man!

Meerdoelige kampgoed is altyd welkom, want dit beteken jy kan ligter reis. Carma Quip se splinternuwe Braaivoorskoot is omtrent ’n verkleurmannetjie.

Dit is ’n voorskoot, maar ook bêreplek vir jou toeknyprooster, en dan het hy boonop twee kante: die een kant het ’n PVC-laag en die ander ’n poliësterstof met ’n kamoefleerpatroon op. Albei kante is in der waarheid twee lae met ’n opening aan die onderkant. Jou rooster – van tot 400 x 500 mm groot – pas mooi hierin en die gesukkel met ’n rooster wat jou kampgoed vuilsmeer, is iets van die verlede.

Omdat die poliëster sy eie PVC-laag het, pas die rooster dus tussen hierdie twee plastieklae in sonder dat die olierigheid deursyfer of aan iets anders afsmeer. As jy dus klaar is met jou voorskoot, vou jy dit dubbel en die lus om jou nek word die roostersak se handvatsel.

Omdat dit van PVC is, werk die voorskoot net so goed as jy byvoorbeeld vis skoonmaak of ’n grondseiltjie nodig het wanneer jy die woonwa se pap band moet omruil. Prys R495 (aflewering uitgesluit). Kontak 021 976 3924 of 082 3456 878 info@carmaquip.co.za carmaquip.co.za

Mobi skuif Malmesbury toe

Mobi Lodge, met sy hoofkantoor en fabriek op Middelburg, het skaars twee jaar gelede ’n vertoonlokaal en dienssentrum in Kaapstad geopen. Die tak staan as Cape Mobi Adventure bekend.

Die hele sentrum skuif nou Malmesbury toe. Die nuwe perseel én vertoonlokaal is groter, verduidelik Reghardt Jansen Van Vuuren, mede-eienaar. “Ons is net 50 km van Kaapstad af, maar steeds naby ons klante op plekke soos Citrusdal, Riebeek-Wes, die Paarl en Worcester.” Adres Industrie-singel, Malmesbury. GPS S33.471421 E18.715053 Kontak 082 322 8325 mobilodge.com >

Die Truma is hier

As jy in die mark is vir ’n dakgemonteerde lugreëlaar, het die toebehore-invoerder Parasol nou nóg ’n keuse. Die Duits-vervaardigde Truma is reeds beskikbaar in lande soos Engeland, Italië en Swede – regdeur tot China en Amerika – en kom ook Suid-Afrika toe.

Die eenheid is bedoel vir voertuie soos ryhuise of woonwaens met ’n vaste dak, en afhangend van die spesifieke model weeg dit 27,5-33 kg. Die drie modelle, Aventa Comfort (8 200BTU), Aventa Compact (5 800BTU) en Aventa Compact Plus (7 500BTU) werk al drie met 230V-krag. Die Comfort verhit en koel af teen onderskeidelik 1 700W en 2400W, terwyl die ander twee net afkoel teen 1 700W en 2200W. Afhangend van die model staan die buite-eenheid 248265 mm hoër as die dak, met die binnepaneel van al drie wat net 46 mm uitstaan.

Parasol doen installasies, maar jy kan ook net die eenheid bestel en dit self laat installeer. Prys Compact R46 587, Compact Plus R51 154 en Comfort R54 872. Kontak parasolsa.co.za

PAS JOU LEATHERMAN OP

Leatherman Tools se waarborg van 25 jaar is ongekend. Lees hier wat dit alles insluit.

As jy ’n stuk gereedskap van Leatherman Tools koop, weet jy dat jy dekades lank op jou toerusting sal kan staatmaak. Dit beteken egter nie dat jy jou Leatherman roekeloos kan behandel en die maatskappy vir die herstelkoste verantwoordelik mag hou nie.

In die verlede het Leatherman onderdele vervang en toerusting gediens ongeag of die skade deur die waarborg gedek is of nie. Dit het ongelukkig tot die wanindruk gelei dat alle skade aan ’n Leatherman deur die waarborg gedek word.

Slegs defekte in materiaal en vakmanskap is geldige eise. Alle ander breekskade –onvoorsiene of gevolgskade – word nie deur waarborg gedek nie.

Ongelukkig beteken dit nie dat Leatherman ’n stukkende stuk gereedskap outomaties sal vervang nie, veral omdat Suid-Afrikaners nogal rof is met hulle Leathermans.

Leathermans word gebou om te hou, maar as die gereedskap breek weens ’n defek in die materiaal of vakmanskap, word jou Leatherman deur ’n waarborg van 25 jaar ondersteun.

WAT BEHELS DIE 25-JAARWAARBORG?

¡ Die waarborg dek slegs gereedskap wat vir persoonlike gebruik gekoop word.

Dit dek nie grootmaat-aankope of gereedskap wat op veilings, doeane-uitverkopings of vlooimarkte gekoop word met die doel om die gereedskap te herstel en te herverkoop nie. ¡ Die waarborg dek slegs die oorspronklike of primêre eienaar en dek nie misbruik, modifikasie, diefstal, verdwyning of enige ander onredelike gebruik van die stuk gereedskap nie. ¡ Die waarborg dek nie bykomstighede soos skedes, hulse, kleurlae, afwerking, die skoonmaak en slyp, of roes in nie.

Leatherman Tools is nie verantwoordelik vir stomp lemme, vuil gereedskap, brandskade of sweisskade aan die gereedskap nie. ¡ Leatherman is nie aanspreeklik vir toevallige of gevolgskade nie. ¡ Hierdie waarborg dek slegs produkte wat by ’n gemagtigde handelaar gekoop is, en ’n koopbewys kan gevra word. ¡ Kies ’n versekerde en naspeurbare afleweringsdiens wanneer jy jou gereedskap instuur. Leatherman Tools kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir produkte wat per pos gestuur word nie.

Gaan na die waarborgafdeling op www. leatherman.co.za vir meer inligting.

VLYMSKERP EN SILWERSKOON

Van tyd tot tyd stuur eienaars hulle Leathermans na ons om die lemme te slyp, die gereedskap te diens of dit ’n goeie skoonmaaksessie te gee. Leatherman lewer hierdie diens met liefde teen ’n minimale koste. Die maatskappy doen ook sy bes om gereedskap te herstel tot ’n “werkende toestand”, en nie noodwendig tot “nuut” of “soos nuut” nie.

Die volgende dienste word gelewer by die dienssentrum in Kaapstad:

¡ Standaarddiens Leatherman sorg dat jou stuk gereedskap in die bes moontlike toestand is deur die onderdele afsonderlik skoon te maak, te olie en te slyp. Eienaars word egter aangemoedig om die instandhoudingswenke tuis te volg sodat hulle nooit sonder hulle Leathermans hoef te wees nie. ¡ Herstelwerk Stukkende gereedskap word herstel en net die koste van die onderdele word van jou verhaal indien die skade nie deur defektiewe materiaal of vakmanskap veroorsaak is nie. As onderdele nie beskikbaar is nie omdat daardie Leatherman nie meer gemaak word nie, sal die maatskappy vir jou volgens sy eie diskresie afslag aanbied op ’n vergelykbare model.

Wees verseker as ’n Leatherman breek, die maatskappy dit sal herstel.

www.leatherman.co.za

Chery Tiggo staan op

Die Chinese motormaatskappy Chery begin met ’n hernude aanslag op Suid-Afrikaanse harte met die oulike Tiggo 4 Pro. Dit is Chery se eerste produk ná ’n afwesigheid van drie jaar.

“Die Tiggo 4 Pro gaan een van die gevorderdste kompakte sportnutse wees, maar met een van die mees mededingende pryse in sy klas,” sê Tony Liu, uitvoerende adjunkhoofbestuurder van Chery Suid-Afrika. “Boonop is Suid-Afrika die eerste land ter wêreld wat die regterstuurmodel kry.”

Motorjoernaliste het einde Oktober die kans gekry om die Tiggo 4 Pro by die Gerotech-toetsbaan in Gauteng te ry onder beperkte toestande, maar Chery het geswyg oor die prys.

Die standaardmodel is beskikbaar met ’n 1,5 ℓ-petrolenjin en ’n vyfspoedhand- of CVT-tipe outomatiese ratkas. Kraglewering is 85 kW en die wringkrag 141 Nm. ’n Turboaangejaagde weergawe is ook beskikbaar met ’n sesspoed-hand- of CVT-ratkas – sy syfers is onderskeidelik 108 kW en 210 Nm. Ondanks die “4” in die naam is die Tiggo 4 Pro nie vierwielaangedrewe nie. Kontak chery.co.za

Grenadier is om die draai

In Augustus 2020 het ons geskryf oor die INEOS Grenadier 4x4 wat die geestelike plaasvervanger vir die vorige Land Rover Defender gaan wees – dít teenoor die amptelike nuwe Land Rover Defender wat ’n sekere mate van onenigheid onder Landie-entoesiaste veroorsaak.

INEOS het in September aangekondig die Grenadier is beslis op pad na Suid-Afrika, en Tim Abbott gaan die sweep klap in Afrika suid van die Sahara. Die maatskappy het ’n vennootskap aangegaan met die SMH-groep in Gauteng en die SMG-groep in Kaapstad en Durban om vertoonsale en werkwinkels vir die Grenadier namens INEOS te bestuur. INEOS het ook hande gevat met Bosch, wat diensstasies reg oor Afrika bedryf. Dié werkwinkels is gewillig om die Grenadier te diens en herstel, en onderdele behoort binne 24 uur by enige Bosch-diensstasie ter wêreld afgelewer te word. INEOS hoop dat die meeste van sy klante uiteindelik nooit verder as 50km van ’n naaste dienssentrum sal wees nie.

Diegene wat al lankal lippe aflek vir die Grenadier, het reeds op 30 September 2021 hulle bestelling geplaas, en laatslapers wat nog wik en weeg, kon van 14 Oktober af belangstelling toon op INEOS se webwerf.

Toetsritte vir die Suid-Afrikaanse media begin eersdaags, en die eerste aflewerings aan Suid-Afrikaanse klante begin in Julie 2022.

Pryse vir die Grenadier was teen druktyd nog nie finaal nie, maar Tim reken dit behoort rondom R1 400 000 te wees. Dis ’n prys wat heelparty Landie-eienaars nie kan bekostig nie, maar dis ook betreklik laag as ’n mens in ag neem dis ’n eiesoortige ryding van ’n private maatskappy wat die ontwikkelingskoste moet vereffen.

En ja, Tim het aan ons bevestig dat ’n bakkieweergawe beslis oorweeg word, maar eers nadat die stasiewa sy voete gevind het.

INEOS is ’n internasionale petrochemiese maatskappy met sy hoofkantoor in Brittanje, en die Grenad word in ’n voormalige Mercedes-Benzaanleg in Hambach, Duitsland, gebou. Kontak ineos.com

Tim Abbott

This article is from: