
1 minute read
MY WIELE
from W122021
by nustobaydo
GROOT KANONNE. Jannie gee nie om om stadig te sleep wanneer hy byvoorbeeld agter ’n vragmotor beland nie, maar as dit by verbysteek kom, dan wil hy nie sukkel nie. ’n Sleepvoertuig met ordentlike krag is net die antwoord.
Hoe lyk jóú wiele?
Advertisement
Stuur ’n e-pos na rysleep@weg.co.za en vertel ons van jou ry- en sleepding. kies tussen vier bakkies. Behalwe vir die Amarok was daar ook ’n Toyota Hilux, ’n Ford Ranger 3.2 en die Mercedes-Benz X350d. Van almal het die Amarok se binneruim effens afgesteek, maar hy het my hart gesteel met sy verrigting.
Dis die V6-model en standaard lewer die enjin 190 kW krag en 580 Nm wringkrag. Ek het wel besluit om die enjin se kraglewering op te stoot. Ek het die Amarok na ’n kundige geneem wat die sagteware aangepas het. Ons praat dus nie van ’n chip nie, maar van sogenaamde mapping. Dit het die Amarok se kraglewering ’n behoorlike sprong gegee. Nou sit ek met onderskeidelik 230 kW en 720 Nm. Kyk, ’n sleepvoertuig móét krag hê. Ek gee nie om om agter iets stadigs te sit en sleep nie, maar as jy moet verby, dan moet jy verby. Die stelsel gee net ekstra woema en pas nie die lug- of brandstofvloei aan nie. En steeds lyk die brandstofsyfers glad nie sleg nie, want die Amarok gee my ’n heel skaflike 12,7-14 ℓ/100 km.
Deesdae sleep ek ’n nuwe Swift Coastline Deluxe wat, net soos die Exclusive en die Elegance, ’n dubbelas het. Sy brutovoertuigmassa is 1 800 kg.
Ek sê nie die Amarok is die beste sleepvoertuig wat daar is nie, maar die Duitse tegnologie saam met sy hantering is wat vir my saak maak.
As jy my vra waarna ek volgende opgradeer, is dit die Mercedes-Benz G-klas: die Geländewagen. Ek kan een of twee van hulle in die hande kry, maar hulle is nie die regte kleur nie; dit moet ’n witte wees.
Intussen hou ons ook nie op kamp nie, want ek en my vrou, Loraine, probeer elke twee maande wegkom. Ons was laaste in die Laeveld en is nou op pad na die Karoo- nasionale park.