Noordkaap 20140205

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 5 Februarie 2014

www.noordkaap.co.za

www.noordkaap.mobi

GRATIS

Good results, but . . . Ruan Bruwer

Bakkie bring ‘kleur in die lewe’ bl. 3

Laat goeie indruk by oud­onnie bl. 6

Foto­ kompetisie kry momentum

bl. 8

EVERY year with the announcement of the matric results, much of the focus falls on those with the most distinctions. There are, however, always those with less distinctions, but whose personal circumstances put the distinctions and results in a different light. Yusuf Chinyengetere achieved “only” four distinctions last year, but came close to 80% in three other subjects. This could have been different had his best friend not drowned (at Riverton) during their final exams. Yusuf is Homevale High’s top academic achiever and his four distinctions are the most. His best subject is Maths in which he achieved 89%. He had to overcome other challenges as well, like walking nearly 3 km to get to school. He obtained 61% in Afrikaans (first additional language) – a subject that was totally strange to him when he started in gr. 11. Originally from Zimbabwe, Yusuf’s mother married a South African (from Kimberley) and they moved here in 2011. By the end of his first year in school he was elected as head boy. He could speak English, but had to learn Afrikaans. He started following 7de Laan on television, hoping that the subtitles would help him master the language. “I can read and follow a conversation in Afrikaans, but speaking it is a bit difficult. My tongue gets stuck.” According to him, the poverty in Galeshewe, where he stays with his mother and stepfather, plays a role in motivating him to become something in life and to give something back to his community. “I would like to become someone others can look up to. My dream is to become an actuary or electrical engineer.” Despite his good matric results, the future doesn’t look bright for

A GOOD marketing tool, but with­ out South African citizenship or money to go and study further, not worth much . . . this youngster because he is a foreigner and both his parents are unemployed. Yusuf has approached the Department of Education, but they don’t have any bursaries left to hand out. “At this stage there is no hope. The fact that I don’t have South African citizenship is also counting against me. I have tried the student fund, the National Youth Development Agency as well as the Zimbabwean Embassy, but they say they cannot help a person with a matric certificate obtained in South Africa. “I know some of my teachers are still trying from their side, but I have given up hope for this year. At this point I’ll try to gain some experience or do volunteer work.” According to Yusuf’s Maths teacher, Clint Gordon, he is prepared to go out of his way for Yusuf. “We hope to help him to go and study further. Since 2006 he has been the first learner of this school to obtain a distinction in Maths,” Gordon said. ) If someone is prepared to help Yusuf with money to go and study or an opportunity to gain work experience he can be contacted on 074-738-6100 or via Gordon on 082-322-7706.

YUSUF CHINYENGETERE who matriculated from the Homevale High School last year with his matric certificate which makes for good read­ ing. He overcame a number of obstacles to achieve it. He was also the school’s head boy in 2013. Photos: Ruan Bruwer


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

SKOKKEND! Dis al hoe die rommelstrooiery in die veld tussen MacDougallstraat en Minerva Gardens beskryf kan word. Die skuldiges het gereken dit is die maklikste en naaste plek om van hul rommel ontslae te raak.

Foto’s: Ruan Bruwer

Baie werk lê voor

DIE nuwe burgemeester van die Sol Plaatje­munisipaliteit, David Molusi, het ’n skitter­ skoon Kimberley beloof kort nadat hy in dié amp ingehuldig is. Hy het gesê alle gemeen­ skappe en inwoners moet verantwoordelikheid daarvoor aanvaar om die omgewing, veral hul sypaadjies, skoon te hou. Wie, behalwe die munisipaliteit, gaan egter vir ’n oop stuk veld in ’n woonbuurt verantwoordelikheid neem?

IEMAND het hierdie bordjie ’n rukkie gelede al opgesit om só sy of haar misnoeë te kenne te gee. Of die Sol Plaatje­munisipali­ teit kennis geneem het, is te betwyfel.

’n PROGRAM gaan volgens Molusi begin word waarin ondernemings en ander private instellings ’n sypaadjie of straat kan “aanneem”. Die ondernemings of instellings sal dan na dié strate omsien. ’n Nuwe beeld van die stad om die verbintenis tot skoonheid en doeltreffendheid van dienslewering te weerspieël, gaan volgens hom geskep word. Daar lê duidelik baie werk voor.

Handboeke reeds uitgedeel André Botha

INVITATION TO BID

Bid No: NC/SOC/001/2014 Supply and Delivery of Food Services to Marcus Mbetha Sindisa Secure Care Centre, Upington, for a period of 36 months

Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 16 (Supply Chain Management), Block J, 257 Barkly Road, Mimosa Complex, Homestead, Kimberley. Bids close at (postal address): The Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Closing date: 7 March 2014 at 11:00 Required by: Department of Social Development, Northern Cape Provincial Government Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9215/9180, fax: 086 225 7666 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • Bidders that submitted bids for NC/SOC/015/2013 will need to submit fresh bids for NC/SOC/001/2014 • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender – (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted at closing date and time (bid document NCP 2 refers) • This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 05 of 2000 and revised Regulations 2011 • A non-refundable deposit of R100.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points out of 10, a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted at bid closing date and time • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Office of the Premier: www//northern-cape.gov.za on Thursday, 20 March 2014.

Northern Cape Provincial Government

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 106152

BYNA 1 miljoen handboeke is reeds voor die begin van die nuwe skooljaar by skole in die provinsie afgelewer, sê Lehuma Ntuane, kommunikasiehoof van die onderwysdepartement. Meer as R92 miljoen is aan dié boeke bestee. Ntuane sê die aflewering van boeke het in Oktober verlede jaar begin. Alle skole het soveel boeke ontvang as waarvoor aansoek gedoen is. Daar word nou vasgestel waar nog ’n tekort is en die uitruiling van handboeke tussen skole word gekoördineer. Dié proses sal tot einde Februa-

rie duur. Hy sê die hantering van handboeke is vir die departement ’n uitdaging. Die lewensduur van ’n handboek is vyf jaar. Dit word egter verkort as die boeke nie oorgetrek en behoorlik opgepas word nie. Ouers, onderwysers en leerlinge word daarom gevra om die boeke oor te trek. Skole word ook gevra om ’n beleid te hê om boeke aan die einde van die jaar terug te kry. Hy sê skole wat probleme met handboeke het, moet hul navrae skriftelik aan die departement rig.

Groep gaan Oos-Kaap besoek DIE Afrikaanse Christenvrouevereniging (ACVV) Kimberley bied van 11 tot 18 Oktober ’n toer na die Oos-Kaap aan. Plekke wat besoek sal word, sluit in die Camdeboo- Nasionale

Park en die Volkswagen-fabriek. Die toer kos R5 100 wat verblyf vir sewe nagte, vervoer, twee etes per dag en toegang insluit. Skakel 053-831-5815 of bel Ria van der Westhuizen by 082-377-8751.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

Bakkie kleur lewe in

Anglisisme van die jaar gekies

Ruan Bruwer AS jy nog nie die bakkie met die hartjies (en nou ook blommetjies) iewers in Kimberley gesien het nie, is jy waarskynlik nie die oplettende soort nie. Carine Beylefeld, die bestuurder van dié Datsun 1400, 1972-model, sê sy is g’n skaam om agter die stuur daarvan gesien te word nie. Haar kinders was wel vroeër jare, toe sy ’n soortgelyke bakkie gery het met blommetjies daarop geplak, skaam om binne-in of agterop gesien te word. “Dis maklik om op te spoor as ek wonder waar in die parkeerterrein ek dit geparkeer het. “Ek hoef nie daarna te soek nie en mense weet dan sommer ook ek is in die omgewing,” verduidelik Beylefeld die voordele van haar kleurige bakkie wat sy sedert 2004 bestuur. Sy het in ’n stadium ’n groter en moderner bakkie gery, maar weer teruggeval op die Datsun. Sy het verlede jaar kort voor Valentynsdag in die gees van liefde pienk hartjies op die bakkie geplak “om kleur aan haar lewe te gee”. “Die bakkie was nie mooi nie. As iets lelik is, wil ek dit graag mooi maak. Ander mense ry met mooi voertuie rond. Ek wou ook ’n mooi voertuig hê,” verduidelik sy die rede vir die besluit. Beylefeld het pas die voertuig verder met wit madeliefie-plakkers verfraai. Die bakkie se radio is gesteel en in hierdie stadium kan die bakkie se een deur nie sluit nie. Sy is nie bang dat hierdie inliigting in die koerant geplass word nie, want volgens haar is daar niks daarin om te steel nie. “Soms is dit mos beter hoe cheaper jou voertuig is.” Volgens Beylefeld kry sy ’n magdom aanbiedinge daarvoor en word sy al moeg daarvoor om te verduidelik die voertuig is nie te koop nie. “As ek by vulstasies kom, sê die petrol-

’n DUITSE groep taalwetenskaplikes het pas die woorduitgang gate (afkomstig van Watergate), wat op ’n skandaal van die een of ander aard dui, as 2013 se Anglisisme van die jaar aangewys. Die Anglisisme van die jaaraanwysing word sedert 2010 jaarliks deur die Aktion Anglizismus des Jahres uit voorstelle van die publiek gekies. Die voorwaarde is die woord of woorddeel moet minstens gedeeltelik uit Engels stam, in daardie jaar in die algemene taalgebruik opgeneem wees en ’n belangrike leemte in die Duitse woordeskat moes gevul het. Die instansie se doelwit is om beter begrip van leenwoorde te bevorder. Die vorige Anglisismes van die jaar was leaken (van die Engelse woord leak, die lek van inligting) in 2010, shitstorm in 2011 en crowdfunding in 2012. Watergate is die naam wat gegee is aan die skandaal wat eindelik in 1974 gelei het tot die einde van pres. Richard Nixon se ampstermyn in die Withuis. Op 17 Junie 1972 het inbrekers meeluisterapparaat in die Watergatehotel in Washington aangebring sodat gesprekke van die Demokratiese Party afgeluister kon word. Die ondersoekwerk van twee verslaggewers van die Washington Post, Bob Woodward en Carl Bernstein, en die ingryping van die FBI het eindelik aan die lig gebring die meeluistering het in opdrag van ’n vertroueling van Nixon gebeur. – Bron: süddeutsche.de; wikipedia

DIE kleurige Carine Beylefeld met ’n ewe kleurige bakkie het dit ’n jaar nadat sy hartjies daarop geplak het, verder met blommetjies versier. Volgens haar hou sy daarvan om kleur aan die lewe te gee. Foto: Ruan Bruwer joggies ‘hier kom die liefde’.” Volgens haar gee haar bakkie se voorkoms vir haar kleur aan die lewe. “Die lewe is soms so kleurloos. Dink net as al die karre soos myne lyk. Ek sal eendag ’n groter kar kry.” Sy klink effens afgehaal as sy sê haar man, Manie, ’n tweedehandse motorhandelaar, voorspel nie meer baie lewensjare vir haar bakkie nie.

‘Die bakkie was nie mooi nie. As iets lelik is, wil ek dit graag mooi maak. Ander mense ry met mooi voertuie rond. Ek wou ook ’n mooi voertuig hê.’

05 - 09 February 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

4590 4690

per pack

per kg

Beef Chuck

Chicken Leg Quarters 2kg

4490 per kg

e R o m e v sa 790

3990

7990

per kg

per kg

Chakalaka Sausage

Lean Beef Burgers 4’S

Bulk Lamb Chops

per pack

1290

Hotdog Rolls 6’s or Hamburger Buns 6’s

per kg

Sweet Potatoe

3190

1390 1590 per pack

per pack

Econo Pears

Yellow Plums

per tray

3for

Large Eggs 30’s

1850 each

Clover Krush 1.5l t "TTPSUFE

shop any W it h so much value, w hy

w here else?

or we’ll BEAT it*

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

32

90

per pack

1390 each

Onions 7kg

20

R

Pineapples

Prices apply to Game Kimberly store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

Polisie se take meer uitdagend DIE polisie het ’n baie moeilike werk. Hy is verantwoordelik daarvoor om die wet toe te pas, misdadigers te vang en die gemeenskap te beskerm. Toenemend word daar ook van hom vereis om met ontevrede, gefrustreerde en oproerige mense – wat keelvol is vir swak dienslewering, die agteruitgang van infrastruktuur en beloftes wat nie nagekom word nie – te onderhandel. Die afgelope ruk se gebeure in Brits en Roodepoort (en Marikana verlede jaar) het gewys die polisie het die vermoë verloor om groot, aggressiewe skares te beheer. Polisielede wat met die media gepraat het, het van gebrekkige opleiding in skarebeheer, onvolSó maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag Sondag

doende beplanning en logistieke gebreke vertel. Hoe kan dit gebeur dat ammunisie uitgereik word wat nie meer gebruik mag word nie? Dat haelgeweerpatrone onwetend pleks van rubberkoeëls gebruik word? Nathi Mthethwa, minister van polisie, en genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het nog niks gedoen wat die indruk wek dat hulle besef hoe ernstig die probleme in die polisie is of dat hulle ’n deurdagte plan het om probleme uit te stryk nie. Ongelukkig word die polisie deur die staat in onhoudbare situasies gesit – soos gewelddadige betogings – terwyl hy nie die ondersteuning en leiding kry wat hy moet nie.

Minimum 17 °C 18 °C 17 °C 16 °C

Maksimum 32 °C 29 °C 27 °C 28 °C

SKETS: Danie Cronjé

Bekom wysheid op regte manier Hannes Noëth VYF JAAR het ons elke oggend daarin vasgekyk. Soos dikwels op die platteland gebeur, het ons al ons klasse in ’n besondere vak by een onderwyser in een klas gehad. Vyf jaar lank, elke dag van die week. So, die verbleikte, ou, geelgroen papier wat lank voor my hoërskooltyd reeds daar gehang het, was later vir my ’n steen des aanstoots. Ek het gewens die meneer wil dit oortik of op ’n ander plek hang, maar nee. Net links van die bank waar ek sit, teen die muur geplak, hang die geelgroen papier. So, ek oordryf nie as ek sê dat ek elke kolletjie op daardie plakkaat by die naam geken het nie. Later in my

lewe sou ek dankbaar wees vir daardie plakkaat met sy aanhaling wat my lewe dag ná dag besoek het. Oor en oor het ek die inhoud gelees en nooit besef dat dit so diep so insink nie. Daarop het gestaan, sonder ’n verwysing na die outeur of die publikasie waaruit dit kom: Daar is drie maniere om wysheid te vind: ) die maklikste, deur nabootsing; ) die bitterste, deur ondervinding; en ) die edelste, deur selfondersoek. Interessant dat daardie aanhaling my nooit gelos het nie. GEBEURTENISSE op 5 Februarie in die geskiedenis: 1887 – Zoeloeland word tot Britse protektoraat verklaar. 1904 – Die destydse Progressiewe Party verkry ’n meerderheid van vyf setels in die Kaaplandse algemene verkiesing. 1965 – Die diefstal van goudstawe ter waarde van sowat R200 000 uit die Kasteel in Kaapstad word ontdek. 1971 – Die Amerikaanse ruimtetuig Apollo 14 land op die maan. 1991 – Irak skort die verkope van brandstof op. 1999 – Oudpres. Nelson Mandela lewer sy laaste belangrike toespraak in die parlement. Geboortes op die dag: 1905 – Herman Charles Bosman, Suid-Afrikaanse skrywer (sterf in 1951). KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) In nog ’n gekwalifiseerde verslag vir die Sol Plaatje-munisipaliteit het die ouditeur-generaal (OG) bevind dat die rekenpligtige amptenaar nie sy oorsigrol genoegsaam vervul het nie. In sy verslag sê die OG daar was nie genoegsame beheer oor finansiële en prestasie-verslaggewing, interne kontrole of nakoming van voorgeskrewe wette nie. ) ’n Man (37) het in die hof op Barkly-Wes verskyn nadat hy na bewering met kinderpornografie in sy besit en ’n minderjarige seun in sy teenwoordigheid betrap is. Die man is by sy huis in Newpark in Kimberley in hegtenis geneem. Die polisie het verskeie stukke pornografiese materiaal, waarin kinders uitgebeeld word, in sy besit gevind. Die saak is tot 7 Februarie uitgestel. ) Die nuwe speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Mangaliso Matika, is sonder sy speakersketting ingehuldig. Dié is in 2011 laas gesien. Die ketting het later op ’n wonderbaarlike wyse

Maak nie saak waarmee ek my besig gehou het ná skool nie, gedurig sou my gedagtes na daardie plakkaat terugspring. Gedurig is die besef daar dat ek altyd aan die leer is, soms deur nabootsing, soms deur ondervinding, soms deur selfondersoek, maar dit hou nooit op nie. Gedurig is ons aan die leer: soms maklik, soms bitter, soms edel. As ’n mens terugkyk op jou lewenspad besef jy alte duidelik hoe jy geleer het. Leer sal ’n mens aanhou leer, die lewe se lewenslesse hou nooit op nie. Die vraag is: Leer jy deur nabootsing, ondervinding of selfondersoek? Leer jy maklik, bitter of edel? Jy het ’n keuse hoe jy jou wysheid bekom.

1935 – Genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse weermag. 1948 – Joggie Jansen, senter wat in tien toetse vir die Springbokke uitgedraf het. Hy sal vir altyd onthou word vir sy manjifieke duikslag op die All Black Wayne Cottrell in 1970. 1948 – Barbara Hershey, Amerikaanse akteur. 1964 – Laura Linney, Amerikaanse akteur. 1969 – Bobby Brown, Amerikaanse popsanger. 1971 – Sara Evans, Amerikaanse sanger. 1988 – Lourens Adriaanse, wat verlede jaar die Griekwas se 63ste Springbok geword het.

skielik sy verskyning gemaak. ) Die sluier oor die nuwe Noord-Kaapse lugdiens, Phakalane Airways, is verder gelig, onder meer dat dit ’n volle R8 500 sal kos om tussen Kimberley en Springbok en terug te vlieg. ’n Retoerkaartjie tussen Kimberley en Upington sal R4 750 kos. Die pryse is ’n spesiale openingsaanbod wat na gelang van behoefte kan wissel. ) Cope het sy kommer oor die Weseinde-tuberkulose-hospitaal uitgespreek nadat berig is dié hospitaal het die laagste punt vir infeksiebeheer in die land in ’n oudit van die nasionale gesondheidsdepartement behaal. Lulu Mxekeza, woordvoerder van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, het in reaksie gesê groot verbeteringe vir die voorkoming en beheer van infeksies is by die Weseinde-tuberkulose-hospitaal aangebring sedert ’n oudit by dié hospitaal gedoen is.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

Onderwyser onthou Kallis Ruan Bruwer SY gebruik dit nou wel nie as haar claim to fame nie, maar sal dit wel so af en toe vir mense noem dat sy vir Jacques Kallis skoolgehou het. Dan is hulle gewoonlik verras. Ofskoon dit net vir een kwartaal was, het dié wêreldklas-krieketspeler wat einde verlede jaar onverwags sy uittrede uit toetskrieket aangekondig het, voor Anné-Mari Kotzé op die skoolbanke in die Kaap gesit. Dis nou ’n rapsie meer as 20 jaar sedert Kotzé, kultuurorganiseerder by die Hoërskool NoordKaap, in die laaste skoolkwartaal van 1993 by die Hoër Seunskool Wynberg afgelos het. Dit was Kallis se matriekjaar. “Die senior Afrikaanse onderwyser het die skool verlaat en ek

IN alle opsigte ’n heer wat orals respek afgedwing het – dís hoe Anné­Mari Kotzé vir Jacques Kallis onthou wie 21 jaar gelede voor haar in die Afrikaanse klas van die Hoër Seunskool Wynberg in Kaap­ stad gesit het.

het vir daardie kwartaal Afrikaans gegee. Net drie matriekseuns het Afrikaans (eerste taal) geneem,” het die oud-onderwyser gesê. En een van hulle was niemand anders nie as Koning Kallis, soos hy genoem word. “Omdat die klas so klein was, het jy die leerlinge op die naam geken. Ek onthou hy was nogal gereeld afwesig weens krieketverpligtinge. “Maar hy het dit nooit as verskoning voorgehou dat sy werk agter is nie. Sy werk was altyd op datum. Sy gedrag was onberispelik en hy het baie belangstelling in die klas getoon. “Ek dink die baie krieket wat hy in wêrelddele gespeel het, het hom maar min kans gegee om Afrikaans te praat.” Kotzé sê in haar onderwysloopbaan is daar sowat vyf kinders wat sy spesifiek sal onthou vir hul menswees en wat ’n blywende indruk gelaat het. “Hy (Kallis) was ongelooflik gemanierd. Hy was in alle opsigte ’n gentlemen. Ek was nie verbaas oor sy sukses nie. “Ek dink nie hy sal my onthou nie, maar as ek ooit die geleentheid kry, sal ek tog vir hom vir hallo sê.” Pogings die vorige twee jaar om Kallis en Kotzé vir ’n foto saam byeen te kry, het misluk deurdat hy nie ’n lid van die Protea-span was wat in 2012 en 2013 hier in ’n eendagwedstryd gespeel het nie. ) Heel ironies deel die twee K’s, Kotzé en Kallis, dieselfde verjaardag – 16 Oktober.

SY alma mater, die Hoër Seunskool Wynberg, het in 2009 sy voorste krieketveld na Jacques Henry “King” Kallis genoem. Foto: Carl Fourie

Nuut by skool VIER nuwe onderwysers noem Adamantia sedert begin 2014 hul nuwe werkgewer. Hulle is van links Lin­Marie Taylor (lewensoriëntering), Frieda van Zyl (wiskunde), Larischa Coetsee (gasvryheidstudie en tegnologie) en Elizma Kruger (Afrikaans en Engels). Foto: Ruan Bruwer

Kaartjies te wen NOORDKAAP gee steeds aan drie lesers die geleentheid om met die vergunning van Ster-Kinekor elk met vier fliekkaartjies beloon te word. Dit is net verstommend hoe min mense weekliks daarvoor op die web gaan inskryf. So asof lesers van hierdie publikasie nie eintlik fliekgangers is nie. Wie sal nou nie drie vriende wil saamvat om verniet te gaan fliek nie? Die fliekgids word weekliks in Noordkaap geplaas. Ongelukkig word die weeklikse gids, wat inligting vir vertonings van Vrydae tot Donderdae insluit, eers op ’n Woensdag deur Ster-Kinekor uitgestuur, wat dus te laat vir publikasie is. Om die fliekgids tot die volgende Woensdag te sien besoek www.noordkaap.co.za of www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staan om een van drie wenners van vier fliekkaartjies te wees besoek www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Die kaartjies geld nie die eerste week van ’n nuwe rolprent se uitreiking nie.

SHOWTIMES FRIDAY 31 JANUARY - THURSDAY 6 FEBRUARY

SHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED

NORTH CAPE MALL CLOUDY WITH A CHANCE OF MEATBALLS 2 - 3D ¸ ˛ ß

NOW SHOWING AT STER-KINEKOR THEATRES

Fri, Sat: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00 Sun: 11:30, 14:00, 16:45, 19:30 Mon,Wed,Thu: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30 Tue: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00 ——————————————————————————————————

FAAN SE TREIN

˛

Fri, Sat: 9:30, 12:00, 14:30, 17:45, 20:15, 22:45 Sun: 9:30, 12:00, 14:30, 17:45, 20:15 Mon,Wed,Thu: 9:30, 12:00, 14:30, 17:45, 20:15 Tue: 9:30, 12:00, 14:30, 17:45, 20:15, 22:45 ——————————————————————————————————

JACK RYAN: SHADOW RECRUIT ˛

Fri, Sat: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30 Sun: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00 Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00 Tue: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30 ——————————————————————————————————

WOLF OF WALL STREET ˛ Daily: 9:05, 12:45, 17:00, 20:45

——————————————————————————————————

FROZEN

˛

ß

Fri, Sat: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15 Sun: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45 Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45 Tue: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15 ——————————————————————————————————

SCHUKS! YOUR COUNTRY NEEDS YOU ˛

Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:30, 22:55 Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:30 Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:30 Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:30, 22:55 MORE WAYS TO BOOK

Follow us

TicketLine

082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.

sterkinekor.com

/sterkinekortheatres

APP

@sktheatres

VRAAG VAN DIE WEEK: Is jy tevrede met die gehalte van die kraanwater in jou huis? Gaan stem by www.noordkaap.co.za (soek “meningspeiling” regs op die voorblad onder die jongste uitgawe) of lewer kommentaar op die Facebook-blad. Verlede week se vraag: Het jy al iets opgetel en dit vir jouself gehou? ) Ja, ek tel gedurig goed op: 0% ) Nee, was nog nooit so gelukkig nie: 50% ) Optelgoed is hou-goed, ek voel nie skuldig nie: 50% Facebook-kommentaar: Ek het al ’n beursie met geld daarin opgetel. Daar was nie kaarte in of ’n aanduiding aan wie dit behoort nie. Wat maak ’n mens in so ’n geval, want as jy dit nie gaan optel nie, gaan die volgende een dalk. Ek het dit opgetel. – Riaan Steyn

Power-outs on the way THE Sol Plaatje Municipality warns residents and businesses, including schools in most parts of Galeshewe, of an electricity interruption scheduled for today from 08:00 until 16:00. The officials of the electricity department will conduct repairs to a high-tension cable fault in the area. “Preparations have been done to ensure the smooth running of the electrical repair work. “We apologise for the inconvenience caused,” said Sello Matsie, communications manager.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

SA se Twitter-topvyf lyk só MET meer as ’n miljoen volgelinge is die komediant Trevor Noah die gewildste Suid-Afrikaner op Twitter. Twitter is ’n wêreldneiging wat die afgelope paar jaar soos ’n veldbrand deur die sosiale media versprei het. Elke dag gebruik al hoe meer mense Twitter en sommige meen dit gaan binne die volgende paar jaar vir Facebook ore aansit. Dit is nie net ’n sosiale netwerk nie, maar ’n wyse waarop mense van oor die wêreld heen op die hoogte bly van die nuutste nuus, asook hul gunsteling-bekendes en vriende se doen en late. Selfs sommige Suid-Afrikaners het deesdae honderdduisende volgelinge. Hier volg die vyf Suid-Afrikaners met die meeste volgelinge op Twitter: ) Trevor Noah. Kenners sê Noah is een van die beste Suid-Afrikaanse komediante van sy tyd en volgens sy webblad het hy al meer DVD’s as enige ander komediant in Afrika verkoop. Hy is ook bekend buite Suid-Afrika en was al op die Jay Leno Show in Amerika. ) Tweede op die lys is Caspar Lee, die 19-jarige tiener wat gereeld video’s op YouTube laai. Meer as ’n miljoen mense wêreldwyd is ingeteken op sy YouTubekanaal waarop hy alledaagse video’s laai met titels soos How to get a British girlfriend. Hy beskryf homself as “die Suid-Afrikaanse tiener wat soms met die

kamera gesels”. Caspar kan ook as ’n komediant beskou word. ) Suid-Afrika se krieketkaptein vir eendagwedstryde, AB de Villiers, is nie net die sportster met die meeste volgelinge op Twitter nie, maar ook die SuidAfrikaner met die derde grootste gevolg op dié sosiale medium. Kenners bestempel hom as die beste veldwerker sedert Jonty Rhodes. De Villiers sê op sy Twitter-blad hy is trots Suid-Afrikaans en hy twiet in sy persoonlike hoedanigheid. ) Die wêreld se geliefde oudpresident Nelson Mandela het geen bekendstelling nodig nie. Sy Twitter-rekening, wat deur die Nelson Mandela-stigting onderhou word, het die vierde grootste gevolg in Suid-Afrika. Hulle twiet van sy bekende sê-goed, motiveer mense daagliks en deel Madiba se visie met die wêreld om te verseker dié ikon sal nooit vergete raak nie. ) Suid-Afrika se eie Victoria’s Secretmodel, Candice Swanepoel, is nommer vyf op die lys met byna 700 000 volgelinge. Sy het al op die voorblaaie van Vogue-tydskrifte oor die wêreld heen gepryk. Die tydskrif Forbes het haar verlede jaar negende op sy lys van modelle met die hoogste inkomste wêreldwyd geplaas. Sy verdien ’n beraamde jaarlikse inkomste van $3,3 miljoen (sowat R35 miljoen).

Cansa relay event held in March THE annual Cansa Relay for Life event will take place at the Big Hole parking area on Saturday, 8 March. It will run from 18:00 until 06:00 the following morning. Old and new teams can register at a cost of R500 and

R300 for school teams. Spectator tickets for this closed event will be available at the Cansa office. For enquiries contact Jeanne on 082-829-7000 or email jeanne.thirion@travelcounsellors.co.za.

Your Community. Your Stories Do you know a ‘So Good’ Hero in your community? Someone who is making a difference to others and your community? YOU COULD WIN: Tell us about this person and the ‘So Good’ difference they’re making. If your story is chosen to be published in your local community newspaper, we’ll send you R500 to spend at your favourite KFC. PLUS: If the person you tell us about is chosen as the ‘So Good’ Hero of the year they could win R5000 to help them continue making their ‘So Good’ difference.

HOW TO ENTER:

Send your stories and pictures to SoGoodNews@yum.com by the 15th of each month. Remember to include your full name, location and contact details.

“I think that we all do heroic things, but hero is not a noun, it’s a verb”. Robert Downey, Jr.

SYNC /12151

Visit www.kfc.co.za/legal for Terms and Conditions.

h! s u r k w e n a t o g e v We’ KFC

KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

Tel

053 832 9607 053 831 2255 053 832 9554

7

YUM Restaurant Support Centre Bryanston: 010 001 7100 www.kfc.co.za


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

Foto’s vir fotokompetisie gesoek DIE foto’s kom nou stuk-stuk vir Noordkaap se fotokompetisie aan. Diegene wat die foto’s ingestuur het, word bedank, asook dat hul foto’s die verlangde grootte was en dat die byskrifte volledig was. Stuur gerus jou plaaslike foto vir Noord-

kaap. Dit kan iets wees wat vreemd, buitengewoon, snaaks, interessant of sommer net mooi is. Onthou, die gehalte van die foto is nie ’n voorvereiste nie. Dit is net van groot belang dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur ook ’n

volledige byskrif (wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is.

Stuur die foto per e-pos na noordkaap@volksblad.com. Elke einde van die maand kies Noordkaap ’n wenfoto met as prys ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall vir die fotograaf.

MET dié foto, geneem met ’n Nokia N8, word opnuut gewys watter goeiegehaltefoto’s selfoonkameras kan neem. Die kiekie is met sonsondergang op ’n plaas in die distrik Brits­ town geneem. Foto: Kobus Nel

DIE vier maande oue Wian de la Hunt was aangenaam verras met die lekker smaak van ’n sjokolade­roomys in sy ouma se motor. Foto: Sanet van Jaarsveld

HIERDIE foto is langs die N12 buite Kimberley geneem. Volgens die fotograaf het die roes­ bruin kleure mooi met die omgewing saamgesmelt. “Dan hierdie kontras met die hakies­ en­lemmetjiesdraad wat met sy andersheid teen die landskap ’n soort storie vertel – ’n storie van lang, uitgestrekte Noord­Kaappaaie waar sulke draad baie keer jou enigste vriend in die ooptes is. Soos die Engelsman sê: ‘Beauty is in the eye of the beholder’,” het John Maree sy foto beskryf. Foto: John Maree

Rylopers waag lewe Charné Kemp DIE onbeskikbaarheid van gereelde openbare vervoer om die stad laat rylopers en werkers op pad huis toe gevaarlike kanse waag. ’n Besorgde motoris, wat nie sy naam wil noem nie, het verlede week ’n foto van rylopers geneem wat in gietende reën om lewe en dood aan ’n vragmotor klou. Die motoris het van die Kalahari Lodge na Barkly-Wes gery. Hy sê hy het honderde kontrakwerkers gesien wat van die psigiatriese hospitaal na hul huise in Galeshewe en Homevale op pad was. Almal het geloop, want daar is nie openbare vervoer nie. “Vier werkers het by die kruising met

die Douglas-pad agter op die vragmotor gespring, maar een het weer afgespring. Ek was in my motor reg agter die vragmotor. “Die vragmotor het teen ’n hoë spoed gery. “Hy het nie by die kruising met die Griekwastad-pad gestop nie. Die vragmotor het teen sowat 90 km/h gery. Die mans was waternat, vol modder en het benoud gelyk.” Die vragmotorbestuurder was moontlik nie bewus van die rylopers nie, of wou hulle ’n les leer, sê die motoris. “Dit was te gevaarlik vir my om die vragmotorbestuurder te probeer waarsku.” Die motoris hoop dit is ’n waarskuwing aan voetgangers en rylopers dat hulle baie gevaarlike kanse waag om sommer op vragmotors te spring.

DIE drie bedremmelde rylopers klou vir hul lewe aan die agterkant van ’n vragmotor.

Foto: Verskaf


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

9

MOTORS

Kyk nuwe Suzuki

DIE nuwe Verso wat verlede jaar in Suid­Afrika bekend gestel is. Oorsee gaan ’n kleiner turbodiesel­weergawe nou die bestaande tweeliter­eenheid vervang. Foto: Quickpic

Toyota verfyn sy Verso-reeks TOYOTA beplan om vanjaar ’n nuwe, klein turbodieselenjin in sy gewilde Verso-bussie te sit. Interessant genoeg is die nuwe 1,6-liter-enjin nie ’n Toyota-skepping nie, maar wel ’n BMW-enjin. Die Japanse groep sê in ’n nuusverklaring gou sy ingenieurs het wel heelwat aan die enjin getorring om dit “na hul smaak” te kry. Van dié aanpassings sluit in ’n tweede vliegwiel om hom met meer momentum te laat draai, nuwe enjinhegpunte vir minder vibrasie (een van veral klein, viersilinderdiesels se swak punte) en nuwe elektronika in die blikbrein wat sy ontbrandingspatrone beheer. Die enjin sal aan ’n sesgang-handratkas (Toyota se eie) gekoppel wees wat ook stop-ry-tegnologie gebruik – ’n eerste vir ’n Verso. (’n Stop-ry-stelsel skakel die enjin vanself af wanneer jy stilhou en vanself weer aan wanneer jy wegtrek; ’n proses wat veronderstel is om brandstof te bespaar en minder uitlaatgas vry te stel.) Die nuwe BMW-diesel vervang die bestaande 2,0-literturbodiesel in die Verso-reeks. Die verandering is onmiddellik in Europa van krag. Hoewel die nuwe diesel net ’n raps minder krag lewer (82 kW/270 Nm teenoor 91 kW/310 Nm), spaar jy veel meer wat uitlaatgas en verbruik betref; veral in

Kewer reg vir speel VOLKSWAGEN het onlangs ’n Kewer op die Detroit-skou uitgestal wat die groep se gewilde Cross-behandeling ontvang het. Ná ’n bietjie rondkrap, is vasgestel dié knaap is veel nader aan die produksielyn as wat sy naamplaatjie as “Beetle Dune-konsepmodel” gesuggereer het. Reeds in Volkswagen se Polo-reeks is daar ’n Cross-model wat danksy ’n paar visuele modifikasies gereed lyk vir speel in die veld. Die duine-Kewer kry meer fisieke aanpassings vir sy veldry-takie wat voorlê. Die voertuig is met ’n goeie vyf sentimeter in sy sokkies gelig. Geen Cross-model in die Vol-stal het nog so ’n behandeling gekry nie.

Europa met sy streng EU-wetgewing word vervaardigers gedwing om kleiner enjins vir dié redes in te span. Toyota sê hy moes moeite doen om die binneruim beskut te hou van die growwer dieselenjin se gedreun. Klankdigtingsmateriaal en nuwe enjinsteunpunte is van die truuks wat ingespan is. Hoewel minder krag nou beskikbaar is, het die slim ouens die blikbrein se verstellings aangepas sodat meer brandstof met ’n ligte druk van die regtervoet na die enjin vloei. Die kragpiek van 270 Nm word in ’n nou toereband van net 1 750 r/min. tot 2 250 r/ min. gelewer. Tog is daar weerskante van die piek steeds genoeg krag dat dit nie voel die enjin raak uitasem nie – byvoorbeeld tot net ná 3 000 r/min. Saam met die nuwe enjin sal die Verso voortaan ook ’n beter inligtingskermpie hê. Die nuwe skerm het vier keer meer beeld-elemente (die kolletjies wat die beeld help vorm) as tevore. Toyota sê dit bied dus ’n skerper, helderder beeld. Saam met die nuwe skermpie sal top-Verso’s ook ’n Bluetooth-funksie hê waardeur jy jou slimfoon koordloos met die radio kan verbind. Dit stel jou in staat om ’n SMS of ’n nommer met ’n stemopdrag te stuur of te bel. Plaaslik is Toyota nog sku om te verklap wanneer en wat alles na Suid-Afrika sal kom.

’n MENS moet mooi kyk om te sien Suzuki se Swift lyk nou anders. Die Swift is plaaslik Suzuki se beste verkoper en is pas opgeknap. Volgens ’n nuusverklaring van Suzuki is die grootste verandering aan die buitekant nuwe LED-dagryligte wat aan die voorkant onder by die kolligte geplaas is. Dit geld net die luukse GLS-model: die GL kry net ’n sierstrook waar die GLS se LED-liggies skitter. Die buffer is ook nuut en daar is nuwe allooivellings vir die GLS en nuwe wieldoppe vir die GL. Volgens die nuusverklaring bly die uitleg binne dieselfde, maar die GLS kry Bluetooth-koppeling en spoedbeheer by. Benewens telefoonoproepe kan musiek van slimfone ook deur die stelsel gespeel word. Die spoedbeheer se beheerskakelaars is op die stuurwiel geplaas. Daarbenewens spog die GL- en die GLS-weergawe met nuwe

DIE nuwe Suzuki Swift.

doekstofbekleedsel, wat beter lyk. Dinge soos kragstuur, lugversorging, ’n ritrekenaar, elektriese ruite en ander gemaksartikels is ’n gegewe in albei modelle. In die GLS verander die lugversorging in ’n klimaatbeheerstelsel en daar is ’n drukknop waarmee die enjin aan- en afgesluit word. Onder die enjinkap is alles nog dieselfde; met ’n 1,4 liter-petrolenjin wat 70 kW en 130 Nm lewer. Die vinnige rakker in die reeks, die Swift Sport, vind ook baat by die toevoeging van Bluetooth en spoedbeheer, terwyl die buitekant onveranderd bly. Die Sport is die Swift-reeks se atleet en hy spog met ’n 1,6 liter-enjin met 100 kW en 160 Nm lewer. Die opgeknapte Swift-reeks se pryse is: 1.4 GL (handrat) – R165 900; 1.4 GLS (handrat) – R186 900; 1.4 GLS (outomaties) – R201 900; en 1.6 Sport (handrat) – R223 900.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

BETREKKINGS SAKE

3600

LENINGS 1445

ADMINISTRATIEF GELEENTHEDE 2415

Medical Distribution Opportunity: Sell medical aid kits. Supply Disprin, Grandpa, Vaseline, Vicks, etc. Myer: 012 547 5767. mberman@ telkomsa.net

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250 1845

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

SOEK, KOOP, VERKOOP

EARN R800 IN YOUR FIRST WEEK GUARANTEED: Data hub needs some workers to fill out forms with or without computer. Easy step-bystep tutorials, own hours. SMS name, postal or email address to 073 374 8703 or datahubb@yahoo.com

AANDAG

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI

3605

ENKELPERSOON: EENSLAAPKAMERWOONSTEL te huur. R2 500 p.m. R1 000 deposito. Water en ligte ingesluit. Geen kansvatters. 076 887 8215.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

Uitblinker in sport gesoek Sportredaksie HOU gerus in gedagte wanneer jy oor die volgende maand van ’n puik sportprestasie te hore kom dat daardie vertoning die presteerder ’n prys in die sak kan bring. Noordkaap en SuperSport is op soek na die Let’s Play-sportster van die maand. Skole, klubs, afrigters of individue kan enige Kimberley-leerling tussen ses en 18 jaar oud benoem vir ’n sportprestasie in enige sportsoort in Februarie gelewer. Leerlinge kan hulself ook benoem of ’n vriend of familielid vra om dit te doen. Noordkaap se sportredaksie sal ook spelers en atlete benoem, maar dit is onmoontlik om van al die puik prestasies te weet. Daarom word die publiek se hulp gevra met die benoeming van ’n waardige wenner. Die Let’s Play-sportster van die maand sal maandeliks ’n wenner aanwys wat ’n geskenkpak van Let’s Play sal ontvang. Teen die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word. Die atleet Amoré Serfontein is einde verlede jaar as die algehele wenner gekroon. Jou benoeming moet die volgende inligting bevat: Die sportster se naam, ouderdom, skool en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) met inligting oor wat die leerling op sportgebied bereik het, asook sy of haar besonderhede. E-pos dit na supersport@zpr.co.za of stuur ’n faks na 086-552-4922. Rig navrae aan Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-430-3027.

THARIEN VAN DER WALT (regs) en Carli Groenewald het voorverlede naweek op die interprovinsiale swemgala heel­ wat medaljes gewen. Tharien (14) het twee goue, twee silwer­ en een brons­ medalje verower. Carli (18) het een goue, een silwer­ en een bronsmedalje gewen. Foto’s: Verskaf

ATLETE van die Hoër­ skool Diamantveld het met sakke vol medaljes (42 om presies te wees) van ’n interskole­atle­ tiekbyeenkoms op Klerksdorp teruggekeer. Vyf van die skool se atle­ te het baie goed gevaar en is as die beste veld­ en/of baanatleet in hul ouderdomsgroep aan­ gewys. Hulle is van links, voor: Ruan Willemse (beste baanatleet vir seuns o.17), Jean­Marie Vermeulen (beste baan­ atleet vir meisie o.16) en Johan Joubert (beste veldatleet vir seuns o.17); agter: Jody Schmidt (beste veldat­ leet vir seuns o.16) en Ar­ no Cloete (beste baanat­ leet vir seuns o.16).

11

Wen heelwat medaljes

WE’RE REGISTERED TO VOTE. ARE YOU?

Skole, klubs, afrigters of individue kan enige Kim­ berley­leerling tussen ses en 18 jaar oud benoem vir ’n sportprestasie in enige sportsoort in Februarie gelewer.

Besoek skool DIE Hoërskool Diamantveld se twee Protea­ krieketspelers wat daar skoolgegaan het, het verlede week op die skool se Stigters­ dag die leerlinge by hul ou skool toege­ spreek. Rudi Steyn (links) en Gerhardus Lie­ benberg het onderskeidelik in 1985 en 1990 gematrikuleer. Liebenberg (41), wat hoof­ seun was, het tussen 1995 en 1998 in vyf toetse en vier eendagwedstryde vir Suid­ Afrika gespeel. Sy stem word deesdae op die kassie gehoor – hy is ’n krieketomroeper vir SuperSport. Steyn (46), ’n voormalige aanvangskolwer, het die Proteas in 1995 in drie toetse en een eendagwedstryd verteen­ woordig. Hy is ook steeds by die spel be­ trokke as afrigter van die Vrystaat se senior span. Hy het verlede week sy krieketbaadjie aan die skool geskenk. Foto: Verskaf

FINAL REGISTRATION 8 - 9 FEBRUARY 8AM - 5PM

0800 11 8000 900271/E


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

Die Diamantstad se koerant

GW op koers Gerdie Karstens DIE Griekwas se voorbereiding vir die Vodacombeker-reeks is goed op dreef nadat die Poubloues Saterdag die Sishen-rugbyklub in Kimberley met 40-7 in ’n oefenwedstryd geklop het. Griekwas se afrigter vir die reeks, Peter Engledow, het dié kragmeting gebruik om aan van sy jonger, minder ervare spelers blootstelling te gee, maar dit was die meer gesoute manne wat die knoop help deurhak het. Die gasheer het rustyd met 14-7 voorgeloop nadat die flanke Marnus Schoeman en Luxolo Koza drieë gedruk en Sishen ook een keer agter die tuisspan

se pale gaan draai het. Engledow het in die tweede helfte ’n paar senior spelers opgestuur wat die groot verskil gemaak het. “Sishen was in die eerste helfte regtig goed en het veral by die afbreekpunte goed meegeding. Dit was vir die spelers goeie oefening vir die komende Gemeenskapsbeker-reeks,” het Engledow gesê. Hy meen sy Vodacombeker-rugbyspan het veral in die eerste 40 minute glad nie sy aanvalle afgerond nie. Die Poubloues het in die tweede helfte sonder Schoeman, die haker Gummy Roux en die slot Jaco Nepgen oor die weg gekom. Schoeman en Roux is al twee van die veld af om snye te laat

toewerk en Nepgen is ná ’n hou teen die kop as voorsorgmaatreel af. “Ons het in die tweede helfte nogal heelparty veranderings gemaak. Toe ons Marnus, Gummy en Jaco verloor het, was dit nogal ontwrigtend, maar die oorblywende spelers het karakter gewys en saamgespeel vir ’n beter tweede 40 minute. “Jonathan Francke het veral op die verdediging uitgestaan,” het Engledow gesê. Meer ervare manne soos die agtsteman, Leon Karemaker, en die slot Boela Serfontein het Sishen in die tweede helfte op verdediging laat bontstaan. Al twee is vir hul inklimspel met drieë beloon.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

WERNER COETSEE, who played his provincial cricket in Kimberley, tried his best to help restrict the Titans from passing the 137 runs his side achieved with the bat. Although Coetsee didn’t fair too badly, the total was simply not enough to defend. Photo: Emile Hendricks

Campaign disappointing

AN undefeated 37-ball 53 from Theunis de Bruyn guided the Titans to an 8-wicket victory over the Knights at the Diamond Oval in Kimberley on Sunday, securing a place in today’s Ram Slam T20 Challenge playoff match. This ended a disappointing campaign for the Knights, winning only three out of their ten matches. The Titans, sitting fourth on the table before play began, needed to win while hoping that the third-placed Warriors suffered defeat in their game against the Cape Cobras. The Pakistani spinner Saeed Ajmal took 3/24 helping to restrict the Knights to 137/7 after Captain Henry Davids sent them in to bat.

An undefeated 32 from Dean Elgar went some way to ensuring respectability for the home side’s total after an opening stand of 73 by Rilee Rossouw (43) and Reeza Hendricks (36). But the target always looked to be an attainable one on a good pitch, and the trio of De Bruyn, Heino Kuhn (30) and Davids (42) were clinical as their side cruised home with 15 deliveries to spare. The Titans will now square off against the Sunfoil Dolphins in their do-or-die playoff encounter at the Sahara Stadium Kingsmead after the Warriors had crashed to a six-wicket defeat in Cape Town. The hosts had begun steadily earlier as Hendricks

and Rossouw looked to set a solid platform for their side to launch from. However, with just 35 runs coming from the powerplay, the Titans skipper, Davids, would have been content. The pressure continued to be applied and Rossouw flicked a docile delivery from David Wiese (3-0-9-1) in the 12th over to end the 73-run stand. A double-strike from Ajmal in the 17th over then appeared to destroy what little momentum the Knights had. Elgar was able to stand tall amidst the continuous tumbling of wickets at the other end, but the Knights’ batting efforts were aptly summed up by two frantic run-outs in the final over. ) Source: Supersport.com

Results of outing at Hartswater Golf Club known Dave Wilson ON Saturday the fourth outing was played at the Hartswater Golf Club. Jan Kempdorp’s Anton Boyce carded a gross 71 to win the day. Stiaan Hugo of the Kimberley Golf Club (KGC) was second on 72 with Pieter Helm (Douglas) third on 74 and Tinus Venter (KGC) fourth on 75. The best net went to Pieter Helm on 69 on a count out from Faan Rheeder (KGC), with Albie van Zyl

(Hartswater) third on 70. At the KGC 18 senior women from the Free State and Northern Cape competed in the annual individual challenge. The Free State’s Brigitte Melch prevailed over the Northern Cape’s Sandy Roux. In Saturday’s KGC competition Mellins i Style sponsored the Rhodes medal. Buck Venter won the February 2014 Rhodes silver mug. In Friday’s Flamingo Casino Meat and Slots Niner 19 points was the top score

returned by three players – Francois Schwartz first, Gideon van Zyl second and Luchmen Poonawassy third in the ensuing count out. Nico Ross took the Thursday Diamond Niner on 20 points. OJ Maimane and Kat Swanepoel were second and third, each on 19 points. This week the Leons House of Liquor IPS is on offer today. The 2014 Spur Junior Challenge commences tomorrow. This will be followed by the Diamond Niner.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.