Matriek 2015
Agt A’s
Agt uit agt vir Liezl Jannie du Plessis
Liezl Coetzer (18), slimkop meisiekind van Hoërskool Overvaal in Vereeniging, het in al agt haar vakke onderskeidings behaal. Dit is Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap, ekonomie en fisiese wetenskap. Liezl gaan vanjaar bedryfsingenieurswese aan Tukkies studeer. Sy kom uit ‘n familie waar haar pa ook ‘n bedryfsingenieur is en haar suster studeer ook tans in die rigting. Liezl sê aanhou en uithou is een van die grootste faktore wat bydra tot sukses. Liezl sit egter nie heeldag net agter die boeke nie. Sy het eerste span hokkie gespeel en gedien in die leerlingraad. “Tyd vir verhoudings was daar egter nie,” sê Liezl.
Liezl Coetzer (18)
Sewe A’s A positive mentality always wins Moleboheng Chaha
VEREENIGING. - Hoërskool Drie Riviere student Wanda Steyn (18) obtained 7A’s. “Setting goals and studying every day is important. I worked really hard to get good grades in the last year of high school.” Steyn says she is grateful to her family and teachers for all the support they gave her as it encouraged her to do more. “Believing in yourself and knowing that you can do it is also important. A positive mentality is a winning mentality,” Steyn adds. Steyn’s love for Accounting and numbers has led her to pursue a qualification in Chartered Accounting at the NorthWest University Vaal Triangle Campus.
Vaalweekblad, 27 Januarie 29 Januarie 2016
15
Daar’s baie syfers in slim Retha se toekoms
Retha FItchat
VANDERBIJLPARK. - Met haar passie vir debat, redenaars, koor, drama, toneel en klavier is dit geen wonder nie dat Retha van Wyk, oudleerling van Hoërskool Driehoek, gedurende haar skooljare herhaaldelik as Kultuurdogter van die Jaar aangewys is. Boonop was sy ook Driehoek se hoofmeisie in 2015, wat ondanks haar vol program daarin kon slaag om haar skoolloopbaan met skitterende uitslae af te sluit. Retha het onderskeidings in al agt haar vakke behaal: Afrikaans huistaal, Engels, lewensoriëntering, wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, besigheidstudies en ekonomie. “Ek het vrae uit die leerwerk opgestel en my kennis gekontroleer deur te kyk of ek dit kon beantwoord. Met wiskunde, rekeningkunde en fisiese wetenskappe het ek egter vraestelle uitgewerk,” sê sy. Hoewel sy baie hard gewerk het en goeie uitslae verwag het, het die agt A’s op haar rapport as ‘n aangename verrassing gekom, sê Retha. Sy is die oudste dogter van Hannes en Suretha van Wyk. Pa Hannes is ‘n meganiese ingenieur wat as ʼn projekbestuurder by Arcelor Mittal werk, en ma Suretha is ‘n geoktrooieerde rekenmeester en tans senior dosent by die NWU se Vaaldriehoekkampus. Retha se jonger suster, Liza, is vanjaar in graad 10. Rekeningkunde was nog altyd Retha se gunstelingvak en sy het haar vanjaar aan die NWU (Potchefstroom) ingeskryf om in haar ma se voetspore te volg en ‘n geoktrooieerde
Retha van Wyk van Hoërskool Driehoek spog met agt sterretjies agter haar naam. Sy wil haar graag as geoktrooieerde rekenmeester aan die NWU in Potchefstroom bekwaam. Foto: Retha Fitchat
rekenmeester te word. “Ek is opgewonde om ‘n nuwe hoofstuk van my lewe te begin, nuwe mense te ontmoet en te studeer waarin ek belangstel,” sê sy. In haar vrye tyd hou sy daarvan om te teken, te lees en legkaarte te bou.
Seevakansie na sewe A’s Hoërskool Drie Riviere student Wanda Steyn (18) obtained 7A’s in her 2015 matric results.
Doelwitte is sleutel tot sukses Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – As jy nalaat om te beplan, beplan jy om agtergelaat te word. Dit is in ‘n neutedop Carla Pieters van die Hoërskool Transvalia se uitkyk op die lewe. Sy het sewe onderskeidings (wiskunde, Afrikaans, Engels, fisiese wetenskap, lewensoriëntering en dramatiese kunste) tydens die matriekeksamen behaal. “Ek het geweet waarvoor ek werk en hoe hard ek moet leer om dit te bereik. Ek het van gedetailleerde opsommings en sketse gebruik gemaak as ek studeer,” sê sy. Sy gaan vanjaar medies studeer aan Tukkies en kan skaars wag om al die nuwe mense te ontmoet. Die beeldskone blondine se profetiese woorde oor wat die toekoms inhou: Watch this space, verklik ‘n lewenslus en ‘n onblusbare ambisie. Sy spog ook nie net met meer grysstof tussen haar ore as meeste sterflinge nie, sy is ‘n leier met ‘n liefde vir musiek en kultuur. ‘n Aanwins vir enige universiteit.
Beeldskone Carla Pieters het sewe onderskeidings losgeskryf.
Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Hoe bederf mens jouself wanneer jy sewe onderskeidings in jou matriekjaar behaal? ‘n Seevakansie by Plettenbergbaai en Mosambiek was volgens Lisa Fouché, ‘n leerling aan Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark, die gepaste wyse om haar uitslae te vier. Met onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap en besigheidstudies is so ‘n bederf geregverdig. Sy gaan anderkant die Jukskeirivier haar studentelewe by Tukkies voorsit, waar sy B.Sc. of medies gaan studeer. Die appel val nie ver van die boom nie, aangesien haar pa ‘n tandarts is. Benewens haar ingesteldheid om akademies te presteer, is sy ook ‘n kranige ballerina en perderuiter. Sy is ook ‘n kranige hokkiespeler en was lid van die skool se revue en kunstefeeste. Sy het ook in die VLR gedien. “Ek gaan die mense mis van wie se paaie ek nou skei, maar ek sien uit om nuwe mense te ontmoet en nuwe plekke te besoek,” sê die slimkop.
Slimkop Lisa Fouché van Hoërskool Transvalia het sewe onderskeidings behaal.