Carletonville Herald 28 January 2016

Page 25

28 Januarie 2016

25

Carletonville Herald

Fochies wys hul staal tydens Ysterman Die jaarlikse Fochie Ysterman-kompetisie is vanjaar op Dinsdag 19 Januarie deur Hoërskool Fochville aangebied. Om as die skool se ysterman of ystervrou gekroon te word, moet die deelnemers ’n hardloopskof deur Fochville se strate, ’n swem-been by die plaaslike swembad en dan ook ’n hindernisbaan voltooi. Vanjaar het Barend van Wyk met die louere weggestap as die Fochie senior Ysterman van 2016, Ilanika Schalekamp het die senior meisies-afdeling gewen. In die junior-afdeling is Stefan van der Merwe en Chane Marais as die wenners aangewys. Volgens die hoof, mev. Ronel Lampbrecht, is die skool se Ysterman-kompetisie die ideale geleentheid vir die ernstige atlete om teen mekaar deel te neem om te sien wie regtig Fochies se ysterman is, maar dit gee ook ’n geleentheid aan die res van die skool om die atlete te ondersteun en gees te bou vir die harde sportseisoen wat deur die Ysterman-kompetisie ’n Groep van die Fochies se VLR meisies in hulle "ondersteuningsvoertuig". ingewy word. Lampbrecht het bygevoeg dat die deelname vanjaar baie goed was en dat dié kompetisie ‘n aanduidings is dat vanjaar weer ’n besondere sportjaar vir die “Blou Golf” gaan wees en dat die gees van die skool gesond is. Barend van Wyk was die wenner van die kompetisie vir senior seuns, terwyl Keogan Fourie en Alfie Kahts onderskeidelik tweede en derde was. Francois van Eeden en Rodger Jantjies was vierde en vyfde. In die senior-meisiesafdeling was Ilanika Schalekamp eerste, Kriszanne Pieterse tweede, Danielle van Zyl derde, Luane van Zyl vierde en Tessa Engelbrecht vyfde. Stefan van der Merwe het die junior-seunsafdeling gewen. Ntlebi Fezile was tweede, Stefan Coetzee derde, James Randall vierde en Albert Schutte vyfde. Chane Marais was die eerste junior meisie oor die wenstreep. Ashley Marais was tweede, Cindy Badenhorst derde, Zandri Swart vierde en Fran- Die matriekgroep het seker gemaak dat daar ’n goeie ’n Groot getal seuns het aan Fochies se Ysterman-kompetisie gees heers by die Ysterman-kompetisie. deelgeneem. celle Cato vyfde.

Hoërskool Fochville se atletiekseisoen begin op hoë noot Hoërskool Fochville se huissport is op Donderdag 21 Januarie op die skool se atletiekvelde gehou om die skool se atletiekspan van 2016 te finaliseer. Volgens mnr. Bobby McLeod, die skool se sportorganiseerder, het die

atlete soos gewoonlik goeie prestasies behaal en het verskeie huissport rekords in die slag gebly. Hy glo dat die “Blou Golf” weer vanjaar die Interskole kan wen en dat daar van die skool se atlete is wat in

provinsiale spanne opgeneem sal word. Die atlete neem op Vrydag 29 Januarie aan ’n byeenkoms by Hoërskool Bekker deel en die Hoërskool 5-hoekige byeenkoms sal op Vrydag 5 Februa-

’n Atleet in aksie in die seuns o.19 driesprong.

Jonathan Coetzee wat met ’n monster gooi van bykans 47 meter die skyfwerp-rekord verpletter het in die seuns o.15 diskus-afdeling.

Kriszanne Pieterse in aksie tydens die meisies o/17 100m-item.

Stiaan Odendaal tydens die seuns o.19 hoogspring item.

’n Atleet in aksie tydens die seuns o.17 100m hekkies.

rie op die velde van Hoërskool Fochville aangebied word. Die interskole is vanjaar op 12 Februarie en word deur Hoërskool Westonaria by Hoërskool Fochville aangebied.

Marco Matthee tydens die seuns o.15 spiesgooi.

Marchelle Engelbrecht in aksie in die seuns o.16 diskus. Sidney Vertue in aksie tydens die 100m seuns o/17 waar hy die rekord gebreek het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Carletonville Herald 28 January 2016 by MooiVaal Media - Issuu