MIDDELBURG REKORD

Page 15

072 757 0514

30/3/19: TUINPLAAS, LIMPOPO. 1 male and 1 female victim attacked by 5 suspects. Attackers took 2 cellphones and R500.00. 28/3/19: KAMEELDRIFT WEST, GAUTENG. 05:00 2 elderly victims assaulted by unknown amount of suspects. Female victim raped. 2 cellphones stolen. 28/3/19 LAEZONIA, GAUTENG. 5 armed attackers shot elderly female victim in stomach and hand close to Northern Farm. She has already undergone an operation and is in hospital. The same gang attacked a neighbouring victim in Sunrella too. 27/3/19: BON ACCORD, HONINGNESTKRANS, GAUTENG. One female victim assaulted and tied up. Tv and phones stolen. No serious injuries, no arrests. Unknown amount of suspects. 27/3/19: SUNRELLA, GAUTENG. 5 armed Attackers broke lock of front door and assualted male victim. House was ransacked. This was the second attack by the same gang in one night. 27/3/19: PAULPIETERSBURG, KZN. One 77yr old male victim hacked with machete and assaulted by 3 masked attackers. 1 attacker forced his finger into victims eye and strangled him. Suspects fled in victims vehicle after which the burnt it and fled further on foot.24/3/19: Dunbrody, Kirkwood, Eastern Cape. One male (51) stabbed in the back several times. Other family members had no serious injuries. 4 suspects, 3 masked, fled on foot. @SAPoliceService has launched manhunt for the perps. 14/03/2019: TARENTAALRAND, LIMPOPO. 3 armed attackers tied up the workers and ransacked the house. Vehicle taken, suspects fled into the field. Follow-up operation underway. 14/03/2019: DE DOORNS, WESTERN CAPE. 5 attackers forced owner to open the safe and fled with his bakkie and guns, abducting the owner’s son. Bakkie with guns and son inside abandoned near Worcester. Owner injured, son slightly injured. No arrests. 13/03/2019: BARNARDSVLEI, NORTH WEST. Male victim (89) and female victim (57) assaulted with a hammer by three attackers. Bakkie, mobile phones, motorbike, firearms and solarpanels stolen. Victims taken to hospital. No arrests, bakkie with stolen goods recovered. Courtesy: Ian Cameron - Afriforum

To support AfriForum in the fight against farm attacks and farm murders, SMS your name to 45353 and join as a member

15

www.rekordmediafs.co.za

VKB en verskaffers span saam om rekordbedrag vir VL se veiligheid te skenk VKB het ’n rekordbedrag by sy sesde Plaasveiligheid-gholfdag in Clarens ingesamel en aan die VKB VL Veiligheidslessenaar geskenk. Van links is Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), Jakkals le Roux, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by VL, dr Jane Buys, Veiligheidsrisikoanalis van VL, Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, en Koos Janse van Rensburg, Besturende Direkteur van die VKB-groep. Foto: Vrystaat Landbou Die geld wat ingesamel is, is nie uit landbouers vir landbouers nie. Dit is uit die ondersteunende industrie ter wille van landbouers se veiligheid. So sê Koos Janse van Rensburg, Besturende Direkteur van die VKB-groep, oor die rekordbedrag wat op 11 April 2019 vir Vrystaat Landbou (VL) se veiligheid ingesamel het. Volgens hom vat VKB, wat ook sy 100ste bestaansjaar vier, met sy Plaasveiligheid-gholfdag in Clarens “hande met sy verskaffers” om produsente te ondersteun. “Dit is ’n groot voorreg om deel te wees hiervan,” sê Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL. “Maar wat nog groter is, is om die harte van die mense te sien vir veiligheid en georganiseerde landbou. Ons wil altyd daarop voortbou.” Janse van Rensburg en sy span hou die laaste ses jaar die gholfdag waar hy geld vir die VKB VL Veiligheidslessenaar insamel en het ’n allemintinge R755 000 aan VL oorhandig. Dié VKB-bydrae is dus R 145 000 meer as in 2018. Altesaam 39 spanne het aan die gholfdag deelgeneem en meegeding om pryse ter waarde van sowat R90 000. Funksie van lessenaar Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, het die VKB VL Veiligheidslessenaar ’n tweeledige doel. “Eerstens is dit om interne veiligheidstrukture op grondvlak te bemagtig en uit te brei om voorkomend misdaad en veiligheid aan te spreek,” sê sy. Die ander funksie is ekstern om skakeling met alle rolspelers, waarvan die Suid-Afrikaanse Polisiediens die hoofrolspeler is, binne die Landelike Beveiligingstrategie uit te brei. Deur die lessenaar word daar onder meer gehelp om plaasaanvalle te voorkom, dit samel belangrike inligting in om misdaad te bekamp en opleidingsessies word aan VL se lede aangebied. Afhanklik van landbouers “Vrystaat Landbou is baie dankbaar dat ons hierdie goeie verhouding met VKB kan hê,” sê Kriel. Volgens Janse van Rensburg is die gholfdag een wat VKB na aan die hart lê. “Ons voortbestaan is afhanklik van die produsente – ons landbouers in die gebiede wat ons bedien. En uit daardie oogpunt is hul veiligheid vir ons kardinaal belangrik. Sonder hulle het ons nie ’n industrie nie en sonder hulle het ons nie ’n besigheid nie.” Hy het groot verskaffers, Total, Standard Bank, BCX en Nashua uitgesonder. Hulle het ’n reuse bydrae gemaak om ’n groot bedrag aan VL te oorhandig. Oresti Christodoulou, Algemene Handelsbestuurder by Total Suid-Afrika, sê veiligheid is een van Total se belangrikste waardes. “Die veiligheid van landbouers is noodsaaklik om die volhoubaarheid van die bedryf te verseker. Daarom ondersteun ons alle inisiatiewe wat die veiligheid in hierdie land bevorder en ook die veiligheid van landbouers.” Volgens Danie Retief, Streeks-lanboubestuurder in die Vrystaat en Noord-Kaap by Standard Bank, is voedselsekuriteit belangrik vir verbruikers en die Suid-Afrikaanse ekonomie. Daarom moet landbouers voedsel in ’n veilige omgewing kan produseer. “Met dit in gedagte is dit vir Standard Bank van Suid-Afrika belangrik dat produsente in ’n veilige finansiële- en fisiese omgewing hulle bedryf beoefen en wil die bank ’n positiewe bydrae maak. Ons glo dat ’n land wat vir sy landbouers sorg, sorg vir sy toekoms.”

Help die Burre Burger Droogte Hulp fonds om boere te bly help regoor Suid-Afrika... DROOGTE HULP MET BURRE FNB ACCOUNT (cheque) ACCOUNT: 62721858522 BRANCH: 200406 SWIFT: FIRNZAJJ REF: DROOGTE HULP burre@droogtehulp.co.za

Landbousake Landbousake word in al 67 Digitale Rekord koerante gepubliseer. Die perfekte geleentheid om jou volgende veiling in te adverter. Skakel 073 847 2468


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.